‘n Paar weke het die Skotse regering die white paper vir die volkstemming vir onafhanklikheid gepubliseer, wat in 2014 gaan plaasvind. Ek was in die besonders beïndruk dat die regering ‘n uitgawe vir Kindle vrygelaat het sodat ek dit kon aflaai.
Scotland’s Future
My Suid-Afrikaanse pa was soldaat in ‘n Skotse regiment in die Britse weermag en ons het dikwels in noord Skotland gebly. Ons het onsself al lank tyd nie as Skotte beskou nie, ons identiteit was ‘n Britse identiteit, nie net ‘n Engelse identiteit nie. Ek erken dit is dalk sinoniem met ‘n groter Engeland. Minder mense uit Noord-Ierland, Skotland of Wallis beskou hulleself as Britte, ek dink dit is ‘n Engelse ding.
Ek lees die dokument en as ek in Skotland sou bly, sou ek miskien ja vir onafhanklikheid stem. Die bond tussen die mense sou oorbly, ons kulturele konneksies is baie sterk dat, net soos die Republiek van Ierland, onafhanklikheid min verskil op ‘n dagelikse basis sou maak nie. Die beloof en visioen vir ‘n nuwe land is baie aantreklik. Die land blyk vol geloof en hoop te wees, om aparte van ‘n oorheersing Engelse regering wat die huidige beleid van finasiële strengheid aanhou implementeer wat nie kan besluit of dit ‘n lid van die Europese Unie wil bly nie. (Ek wil hê dat ons ‘n lid bly.)
Ek lees ook die beleid oor burgerskap en sekere gesinlede sou kwalifiseer so miskien mag ek ook deur hulle eis. Hoekom sou ek dit wil neem? Dis seker iets anders om te hê aangesien dat ek nie Suid-Afrikaanse burgerskap kan eis nie – my pa het syne opgegee en die regering maak dit baie moeilik om terug te eis. Maar ek is nie Suid-Afrikaner nie, ek het nooit myself so beskou nie. Skotland is anders, dis die eerste plek in hierdie land waar ek gebly het en dwarsdeur my jeugd het ons gesin terug gaan.
Ek dink die saak is oor identiteit en hoe ons onsself beskou. Ek sê eerder dat ek Brit is, maar in die waarheid is ek Engels. My aksent, gedagtes en opinies en alles anders is Engels. Op die ander kant wil ek ‘n groter en inklusiewe identiteit en burgerskap van die hele land hê, wat die vier verskillende lande insluit.
Die volkstemming lei tot ‘n vraag oor hoe ons onsself beskryf. Ek mag nie stem nie maar die beslissing van albei uitslag sal ons almal tref. Dit sou ‘n geleentheid vir die vier deeltes van hierdie land kan wees om te verseker waarin ons glo, wat ons wil bereik en word. ‘n Ja stem sal alles verander in soveel maniers wat ons nie kan verwag nie, veral oor hoe ander mense en lande sal ons beskou.
Ek twyfel dat veel mense in Londen en Engeland begin dink het oor die waarskynlikheid dat Skotland vir onafhanklikheid sou verkies. Persoonlik glo ek daar is nou ‘n egte kans hulle sal geredelik die aanbod met beide hande vat.