Nadat ek terug van Gran Canaria gekom het, koop ek ‘n vliegkaartjie na Nice in suid-Frankryk. Ek het hieroor begin skryf maar ek besef dis nie so interessant soos ek sou verwag nie – ek het hierdie gesien, ek hierdie geëet, ek het hierdie mense ontmoet ensovoorts.
Wat ek geleer het, is dat ek verkies om op ‘n goedkoop, lo-fi vakansie te gaan. Ek gee nie om oor lekker hotels en restaurants nie so dit volg dat ek daarvan hou om op my eie te gaan reis. In die hostel was ek heeltemal anoniem, nog ‘n ander reisiger op ‘n goedkoop reis. Die personele vra niks oor jou nie, hulle is meer besig met die jonges wat toers met hul splinternuwe vriende wil boek.
Eintlik was ek beïndruk met die jonges veral dié uit Australië of Amerika wat vir ‘n paar week gaan reis. Hulle lyk onbevrees en so pret om nuwe ervarings te geniet en nuwe makkers onder hul medereisigers te maak. Ek wens ek het hulle gehoud gestalte het toe ek as jong gaan reis het.
Ek was die mees gelukkig toe ek saans op my eie op die strand met ‘n blikkie gesit het, deur die stege vol bars en restaurants gedwaal het of toe ek uit die trein se venster uit kyk. Hoe mooi lyk die kus en hoe helder skyn die blou see. Ek verstaan hoekom soveel mense wil in hierdie area aftree. Ek wil terug gaan en ontspan ver van almal wat ek ken.
Wat pret was, was om per trein aan verskillende lande toe te gaan. Ek wou Monaco sien en toe die volgende dag vat ek die trein na Ventimiglia in Italië toe vir middagete. Ek dink hoe die inwoners voel as toeriste soos ek kom na hul stede toe en swerf die paaie en neem kiekies van hul huise, hul gewoonbuurt. Ons praat nie hul taal nie en sukkel in die restaurants om te bestel. Is hulle trots om in so pragtige dorpies to woon, waarheen buitelanders kom om te verwonder en om te droom om hier te bly.
Soveel Suid-Afrikaners kom na Londen en gaan op die naweek na Europa en ek weet nou net hoe maklik dit is, as jy die geld het en alles wil reël, om weg te gaan ontdek. Ek besluit nou om geld te spaar sodat ek later in die jaar weg kan gaan. Miskien volgende keer gaan ek ‘n paar op die treine deur die lande reis. Ek is nie ontdekker of reisiger nie maar ek wil nou meer van Europa sien. Dit raak nie saak as ek nie saam mense nuwe mense gesels nie, daar is soveel meer op my eie te siene.
Ek moet seker ‘n toeristgids koop met die basiese uitdrukkings en woorde in die inheemnse taal sodat ek ‘n bietjie kan kommunikeer. Niemand blyk Afrikaans te praat nie, die hele besoek het vir my bevestig.