Gisteraand het ek na die bioscoop toe gegaan (twee kere in twee dae!) om Anonyma: Eine Frau in Berlin te sien, ‘n Duitse rolprent oor die oorlog en die Sowjete beheer van Berlin in 1945. Dis nie ‘n gelukkige, mooi verhaal nie en dit blyk brutaal te gewees het maar dis goed en ek is bly dat ek gaan kyk het.
Soos Oorlogswinter, kon ek die sin ‘n bietjie volg maar het meestal die onderskrifte gelees. Toe ek hulle lees, herken ek dan die woorde en kon ‘n bietjie uitmaak en onthou ek woorde en uitdrukkinge wat ek vergeet het. Eintlik op ‘n paar kere toe ek die Engelse onderskritfe lees, probeer ek om na Duits te vertaal. Soms regs, soms verkeerd maar ek onthou hoeveel ek van Duits en vreemde tale hou. Soms ook lees ek die onderslfite en probeer om na Afrikaans te vertaal, maar natuurlik was dit makliker toe ek Oorlogswinter kyk.
Ongelukkig vanjaar het ek besluit om nie Duits te aanhou leer nie want ek het gedink ek sou baie besig met CIMA gewees het. Nou blyk ek vryer te wees as ek verwag het en kon ook die Duitse klasse gedoen het. My fout. Miskien moet ek probeer in my eie tyd om te leer maar daar’s altyd ander tale wat ek wil leer en ek kan nooit besluit en fokus nie.
Toe het ek ‘n vriend uit Vlaandere en haar twee kinders gaan ontmoet. Die oudste kind het vergeet dat ek ‘n bietjie Nederlands ken so het ek haar verbaas toe ek Afrikaans begin praat het. Dis snaaks om gesproke Nederlands/Vlaams te hoor, die aksent en uitspraak is mos baie anders.