Elke jaar gaan ek Brussel toe vir ‘n paar dae met maatjies om ‘n paar konserts by te woon en hierdie jaar moes ek tot September-maand wag voor ek uit gaan. Hierdie keer is my verblyf baie minder stresvol as op vorige kere.
Brussel is my gunstelinge stad oorsee. Ek reis óf deur Brussel óf so ver as Brussel en elke keer wanneer ek uit die Eurostar afklim voel ek dat nou my vakansie begin het. In Brittanje is Brussel dikwels ‘n sinoniem vir iets baie vervelig maar vir my dis ‘n stad wat op die kruispad van internasionale spoorweë lê vol reisgiers, toeriste en nuuskierige mense. Ek dink oor Brussel nes hoe ek Parys in die 1960s verbeel, stede wat die Jackal in The Day of the Jackal besoek het. Ek beskou beide stede deur my eie sepia getinte persepsies van ‘n verlede wat ek nie ervaar het nie.
Ek stap op die paaie en jy ek oor tale uit soveel lande. Ek het vooraf gedink dat die stad amper heeltemal Franstalige is, maar in die sentrum hoor ek ook veel Nederlands. Ek drink koffie met ‘n Vlaamse vriend wat vir my sê sy beide amptelike tale elke dag by die werk moet praat. Hoe jaloers is ek op só ‘n baan.
Waar sit ek? Le Coq op August Ortsstraat
Soos die kiekie aandui is die kroeë en biers ‘n groot aantreklikheid. Ek sê nooit vir kollegas by die werk wat ek in Brussel maak nie en hulle sê elke keer, net soos meeste mense, hoe lekker die Belgiese bier en mossels is. Die waarheid is dat gewoonlik ek net algemene bier drink as ek met Vlaamse vriende sit en suip. Persoonlik wil ek nie bier met hoë alkoholinhoud drink nie en veral nooit mossels eet nie.
Die Kruiwa; Gilde van die “Vettewariërs” in die Groot Markplein van Brussel
Ek voel nou meer bereid om ‘n bietjie Frans te praat (wel ek het die Duolingo kursus geoden so ek hoop ek ken nou iets!) as ek ‘n koppie tee of bier bestel. Ek weet dat my Afrikaans bedoel nie dat Nederlandssprekers my kan verstaan nie maar miskien is ek ‘n bietjie fout om aan te neem dat al die ander mense Franstalig is. Op ander kere raak dit nie saak watter vreemde taal ek praat nie want hulle net Engels met my praat. Só is die lewe van die Engelsspreker in die buiteland.
Brussel se stadshuis wat ‘n bietjie soos Mordor lyk!
Een rede hoekom Brussel voel soos só internasionale stad is dat elke keer ontmoet ek weer vriende uit soveel verskillende lande verskillende tale praat. Ek reis weer op die einde van die maand deur Brussel op pad na Luxemburg en ewe ‘n kort besoek is baie lekker. Die verskil van hierdie keer is dat ek my kiekies veel beter geïnstagram het.