Tag Archives: Afrikaans

Buite die hoofstad

Ek het oorspronklik ‘n lang skrifte geskryf oor die onlangse geval tydens die rugby tussen Suid-Afrika en Engeland en hoe, skielik, almal nou trots op Afrikaans is toe net een jaar gelede was veel mense kwaad oor glo ‘n Afrikaans toets vir reisigers met ‘n Ierse lugmaatskappy. Maar ek besef dat die meeste mense nie meer omgee nie en minder mense stel belang in nuanse of konsekwentheid.

Ek het ‘n paar dae se verlof geneem en het uit Londen getrek na Newcastle en Nottingham om by ‘n paar konserte te woon. Ek raak altyd baie senuweeagtig voordat ek weg gaan, veral oorsee, maar ek geniet altyd om andere plekke heen te gaan. Hierdie keer was dit ook goed om as passasier in ‘n motor te sit want ek kan g’n motor ry nie. Dis ‘n lang reis na Newcastle, wat aan die noorde van Engeland geleë is, en wat ek nie vroeër besoek het nie. Ek kyk uit die venster uit na die platteland van Engeland wat ek skaars ken nie, vol heuwels en dorpies en stede met vreemde bsnd en snelweë. My vriend wat die motor bestuur, ken ek nie baie goed nie maar dis snaaks hoe ons die hele weg sit en gesels oor musiek, bands, reis en grappies.

Tynebrug in Newcastle

Tynebrug in Newcastle

Newcastle is soos ‘n anomalie in in Engeland. Die stad en die area is baie trots op hulle eie aparte identiteit, aksent, dialekt of varient van die taal ensovoorts. Nes Liverpool en Londen, staan dit aparte as die res van Engeland. Niemand dra ‘n jas selfs as dit koud is, en dit was. Die Tynerivier loop regdeur die stad, wat veel brûe oorspan en dié staan bekend regoor die hele wêreld as trotse simbole van die stad. Die groot sokkerstadion doem oor alles in die stad en jy sien dit van ‘n groot afstand weg as jy aankom. As ons rond die sentrum dwaal, herinner dit my na stede en dorpies in Skotland of Noord-Ierland, wat vol indrukwekkende sandsteen geboue uit vorige eeue en straatname uit die verlede is. Dis waar wat mense sê; dis ‘n cool stad. En ja, daar staan nog ‘n kasteel soos die naam voorstel.

Die kasteel in Newcastle

Die kasteel in Newcastle

Vergeet ek soms dat daar ‘n lewe buite die hoofstad is? Ek weet nie. Wat ek bedoel is, is dat mense en lewe anders is. Sommige stede floreer, seker in die sentrum, en daar’s mense met goeie werk wat veel geld as ek verdien, en weens die laër koste, bereik hulle ‘n hoë kwaliteit van lewe met vakansies en groter huise en motors. Okei, jy het ‘n motor nodig weens die gebrek aan die openbare vervoer. Daar is ook verskillende mode; die klere lyk anders. Miskien meer deftig of stylvol, wat na my mening lyk hulle asof hul status wil toon, maar dis ook ‘n bietjie meer formeel sonder die veel laatste invloede.

Hierdie laat my dink terug na een keer toe ek met die Eurostar gery het en ek het ‘n paar biers in die restaurantwa gaan koop. Ek wou in óf Nederlands óf Frans bestel maar sodra dis my beurt, praat die vrou in Engels. Ek het gevra hoekom en of sy iets anders oor mense uit hierdie eilande gemerk het. Ja, miskien ons klere en mode toon dat ons Britte is. Ons trek miskien aan net anders, maar in die oë van buitelanders bestaan daar geen verskil tussen ons eilanders nie.

Januarie lei nou na Februarie

Saterdag het ek en ‘n Suid-Afrikaanse vriend na ‘n paar kroeë aan die Teems gegaan, wat altyd ‘n mooi manier is om die middag deur te bring. In ‘n stad vol geskeidenis en toeriste, is die kroeë een van die mees beroemde aantreklikhede van die stad.

Nou is die weer koud, maar nie so koud nie, maar die groter probleem is die inflasie. Natuurlik kos bier of kos altyd veel geld, maar nou word die prys veel hoër nes alles anders wat jy koop. Maar die kroeë staan nie leeg nie. Mense wil by mekaar kom in klompie vriende en of in pare en wil gesels. Drink ons minder, suip ons meer? Miskien ja, en ons het almal ons eie idees oor hoe ons kan goedkoop drink.

Ek skryf al jare lank ‘n lys van al die kroeë wat ek beoske het, so sluit dit in my gunstelinge kroeë waarheen ek vriende moet saambring. Dit laat my verder oor die hele stad dwaal om by voorstede, dorpies en strate te kuier waarheen ek gewoonlik geen rede het om te gaan nie. Daar’s iets mooi om met die trein of moltrein binne die stad te ry sonder ‘n ware doel behalwe ‘n paar biertjies met vriende te suip en om ‘n nuwe gebied te verken. Ongelukkig vind ek amper geen Suid-Afrikaanse kroeë meer nie, en dié wat bly is miskien Suid-Afrikaans-agtig in plek van iets egts maar dis beter as niks.

Hoe kom ons reg met die inperking?

Ek onthou nie wanneer die inperking begin het nie, maar dit voel asof ons al weke lank by die huis moes bly. Ek is gelukkig want ek gaan nog steeds na die kantoor want ek is glo ‘n noodsaaklike werker; my werk al meer as twee maande lank betref aan die regering se pogings om koronaviruspandemie in te sluit maar ek wil klaar maak dat ek seker nie ‘n wekenskaplike of medici is nie!

Ek loop werk toe verby die paleis

Ek loop werk toe verby Buckingham-paleis

Ek moet op die moltrein en trein ry om kantoor toe te kom en alles is baie stil. Daar is amper geen ander reisigers nie maar aan die ander kant is daar baie hawelose mense wat vir kleingeld bedel. Hierdie mense ly baie aan die feit dat die stad heeltemal stil is.

As ek by die huis bly persoonlik voel ek kalm en gelukkig. Ek speel met my katte en sit en luister na potgooie of kyk video’s op YouTube, veral oor tale. Ek kyk nou bake selde die televisie en ek skaars drink alkohol. Ander mense skryf aan mekaar wat nie al lank tyd praat nite. Ek skakel familielede en begin ek gesels op Skype of Zoom en sovoorts. Hierdie is heeltemal anders as gewoonlik. Ek vermy om video-oproepe te maak want dis nie hoe ek lewe nie tensy vir om ‘n les op italki.com te maak. Ek het ook ‘n e-pos van ‘n Afrikaans outjie in Londen ontvang so sal ons ‘n plan maak om te gesels.

Reeds hierdie week het ek drie gesprekke op Skype – een in Afrikaans en twee in Esperanto – met mense wat in ander lande en ander vastelande bly. Ja, ek hou baie daarvan. Die tegnologie kan ‘n groot verskil maak so dis net ‘n kwessie oor ‘n mens se eie gesindheid en gedrag. Ek wil nou meer hiervan maak. Ek lees die avonture van Kuifie in Afrikaans wat baie pret is. Ek besit alle boeke behalwe die eerste twee, wat nie weer uitgegee is nie en van die temas lyk nou oudmodies, so al wat ek kan sê is dat hulle maklik is te lese en die verhale is genietbaar.

Ek voel dat hierdie stiller lewe – miskien net tydelik – is baie mooi. Naby my huis is die paaie leeg en mense sit af en toe buite die voordeur om te rook of om ‘n koffie te drink maar amper almal vrywillig luister na die raad om twee meter se afstand van mekaar te hou.

Aan die ander kant, ken ek baie mense wat tans nie mag werk en geld verdien nie en wat nie die huis verlaat nie. Vir hulle is hierdie pandemie ‘n groot risiko. As ek oor die toekoms kwel, dan weet ek nie hoe hulle die onsekerheid hanteer nie. Die toekoms sal nie soos die verlede kyk nie. Die nou ons beurt om te beslis wat sal plaasvind en hoe ons alles anders wil maak. Vir nou waardeer ek die geleentheid om te peins en leer dinge wat my interesseer.

‘n Ander les op italki

Vandag neem ek ‘n ander les in Afrikaans op italki.com nadat ek ‘n boodskap op hierdie blog ontvang van ‘n poliglot in België. Die baie selde dat mense ‘n opmerking skryf want niemand nou skryf opmerkings nie (ek klink soos die Unabomber as ek kla oor die impak van moderne tegnologie op mense! Ja, ek kyk ook daardie programme op Netflix) en dit gee vir my ‘n bietjie meer motivering om te studeer.

Ek het geskryf dat ek op twee ander kere lesse op italki geboek het maar toe raak ek besig met ander dinge en ek reël geen meer lesse nie; ek ly aan ‘n gebrek aan fokus. Ek het die les baie geniet, veral want ek kry so min geleentheid om te praat. Alhoewel ek al lank tyd die taal studeer, maak ek nog steeds foute wat ek wou ek aan die begin reg gekry het, maar aangesien ek geen doelwit het om te leer nie – byvoorbeeld skryf ek geen eksamens en het geen werk vereiste nie – bly die taal nog ‘n stokperdjie. Dis altyd veel moeiliker om ‘n poging to maak as dit nie nodig is nie, maar ek voel baie gelukkig dat ek weer ‘n gesprek in Afrikaans kon hou.

In ander nuus, het ek uiteindelik die Linguaphone Afrikaans Course op eBay gekoop. In die 1990s was hierdie kursus dié wat jy wou koop. Ongelukkig destyds moes jy omtrent £230 betaal en onthou dat torrents aanlyn was nie beskikbaar nie; aand die ander kant het ek nooit torrents aanlyn gevind nie, dus toe ek item op verkoop vind, koop ek dit onmiddellik. Die enigste probleem is dat het geen kassetspeler nie so moet ek een koop voordat ek kan luister en nou moet ek een koop. Wie gebruik kassette deesdae?

Lesse oor tale

Duocon
Onlangs het ek Duolingo se Duocon London bygewoon, wat ‘n dag vol presentasies en sosialisering was.

Duocon London 2019

Duocon London 2019

So wat het ek geleer? Wel eers, ek het so veel oor die maatskappy en sy taalkursus prosesse uitgevind; oor die kursus struktuur, oor hoe om ‘n kursus te skep, oor hul toekomste planne ensovoorts. Ja, ek was baie beïndruk daarmee en ek het baie geniet om die presentasies te luister veral dié van Luis von Ahn, die stigter van die maatskappy, en van David J Peterson, wie die tale in Game of Thrones geskep het.

Daar was ook veel inligting oor programmering waaroor ek niks weet nie, maar dit laat my verstaan dat kursusse ‘n proses het wat deur baie intelligente mense geskryf word. Dis seker die tipe maatskappy waarby ek wil werk maar ongelukkig besit ek nie die vermoens en vaardighede dat hulle nodig het nie! En natuurlik het ek terugvoer gegee dat ons – of miskien net ek – ‘n Afrikaans kursus wil hê, maar noudat ek verstaan hoe hulle kursusse skep (die proses, die IT ensovoorts), verwag ek dat ons vir ‘n lang tyd sal moet wag. Ander kursse word nou ontwikkel vir tale wat ek leer studeer.

Praat Frans in Brussel
‘n Paar dae later het ek na Brussel toe gery, wat my tweede besoek hierdie jaar was. Ja, dis ook vir die gewone redes, om ‘n rock konsert in Ancienne Belgique by te woon en om saam met my maatjies te jol. Soos altyd wil ek nie soos ‘n tipiese reisiger wees nie – en veral nie soos ‘n tipiese Engelstalige reisiger wees nie! In cafés en bars wil ek Frans praat – okei ek praat ‘n bietjie Nederlands ook – en ek ervaar dieselfde probleem; ek weet wat ek wil sê, maar ek is nie bereid vir hul antwoorde nie.

Le Coq, Brussel

Le Coq, Brussel

Ek voel soos ‘n domme toeris wat nie met die plaaslike mense maklik kan praat nie. Miskein vra hulle waar sit ek of wil melk saam met my tee hê maar ek het nie die tweede sin in die taagids gelees nie! ‘n Vriend sê, baie vriendelik, dat miskien glo hulle dat ek die taal goed ken en sal verstaan; dis moontlik hulle dink só maar ek glo nie. Wie weet?

European Day of Languages
Op retoer vier ons – as jy vier – die European Day of Languages en soos in 2018 het ek na Open House (wat die Teach Yourself reeks uitgee) vir ‘n aand vol gratis lesse en die geleentheid om met ander leerders en leraars te gesels, insluitend ‘n vriend wat die nuwe boek geskryf het oor die aanleer van Esperanto.

European Day of Languages

European Day of Languages

Ek gesels met die Frans leraar wat my herinner dat op die een kant jy taal oorsee wil oefen en aan die ander kant vergeet jy hoe besig hulle in cafés of restaurante is en het geen tyd om met jou te gesels nie. Soms moet jy aanvaar dat nie almal wil vir jou gratis lesse gee nie. Die Frans leraar het ook gesê dat ek Frans goed ken wat goeie nuus is en wat ek glo.

Afrikaans groep
Ons het nou in Londen ‘n Afrikaans Speakers Club op Meetup. Dis fantastiese nuus nè? Wel begin ek twyfel of dit as sulks is. Niemand skryf, niemand stel idees voor, niemand beantwoord my boodskap op die geselsblad nie en ek wag nou tot die bestuurders terug skryf. Ek is ‘n bietjie teleurgestel dat mense ‘n groep skep en sluit daaraan maar dan bly hulle stil. Ja ek weet, almal is baie besig. Dis ‘n jammerte dat niemand iets wil maak nie. Soos die Frans leraar gesê het, moenie dink dat die sprekers van vreemde tale wil vir jou gratis lesse gee nie. Dis die rol net vir Engels sprekers te doene.

Korrigeerings sal volg as nodig.

Soms kry ek geleenthede om Afrikaans te praat

Dis nog ‘n ander einde van ‘n maand en ek het min te berig. Feitlk het ek ‘n bietjie Afrikaans by ‘n braai gepraat toe ek is gesê dat ek soos ‘n Nederlander klink weens my aksent. Ek weet dis waar, maar na my mening is ‘n Nederfrankiese taal aksente g’n probleem. Een rede hoekeom ek só dink – behalwe dat ek in die waarheid weet ek só klink – is dat ek onlangs ‘n klompie video’s op YouTube kyk en ek hoor ‘n vlogger wat met die invloed van die moedertaal aksent praat wat my laat verstaan hoekom mense só sê. Ons almal wil só vlot of outentiek soos moontlik kan praat, maar een ding meer belangrik as aksent is verstaanbaarheid en as mense jou kan volg (en ek verstaan goed die blogger) dan gaan jy in die regte rigting en die aksent sal kom. As mense lag oor jou aksent, ignoreer hulle.

‘n Paar dae later staan ek buite ‘n kroeg en gesels ek met twee outjies wat daar staan. Dis ‘n gewone ervaring dat as ek Afrikaans met mense begin praat – wat ek weet Afrikaans praat want ek hoor hulle Afrikaans praat – beantwoord hulle ontmiddelik in Engels. Dis ‘n skaamte maar ek vermoed dat hulle voel hulle moet nie in Afrikaans beantwoord in die buiteland nie. Ek moet hard werk om te wys dat, ja ek ken hul moedertaal en ek wou graag gesels.

Ek soek ook altyd op Twitter oor Afrikaans en veel ander onderwerpe – soos my voetbal klub en ander belange. Ek moet sê dat ek baie bekommerd raak wanneer ek sien hoe Afrikaans en verwante onderwerpe word dikwels deur sekere mense gebruik om ‘n tipe identiteite politiek te bevorder veral in die buiteland. Hierdie is beslis nie my politiek nie. Ek hou van die taal, en alle tale, en ek glo dat tale buitendiens kultuur of politiek kan bestaan; ek praat Engels en miljoene mense praat Engels sonder verwysing na Shakespeare of Dickens of Buckingham-paleis. Ek het nooit op skool geniet om Shakespeare en Dickens te moes studeer.

Vir ons wat al lank tyd ‘n belang in die taal hou, pla dit om te sien dat sommige mense terug na die verlede wil kyk. Dit maak dit moeiliker om die taal as net een van veel kommunikasietale in Suid-Afrika en in die wêreld te bevorder. Ek moet altyd oppas wanneer ek nuwe mense op Twitter begin volg tensy hul wêreld perspektief, na my mening, veel af is.

Onlangse boek aankope

Hier is twee boeke wat ek onlangs aanlyn gekoop het. Ek versamel soveel Afrikaans boeke en goede soos ek kan vind en dis iets baie interessants in hierdie ou boeke. Destyds was hiedie tipe boeke nodig vir sommige mense maar daardie verlede is nou ver verby.

Die weg waarmee mense ‘n taal leer het verander. Destyds boeke gee lang verklarings en verduidelikings vol tekniese inligting en taalwette van die begin af. Mense moes meer gemotiveerd as ek gewees het indien hulle bereid was om die lank – en soms droeë – lesse te leer. Was hulle bang om te taal met mense te begin praat voordat hulle ‘n amper uitsonderlike kennis het? Dis hoe ek ‘n bietjie voel. Ja dis anders en makliker as jy in die taal land bly maar hulle moes baie studeer, daai glo Engelssprekende manne en vroue met families en bane wat in die 1960s en 1970s in die land gekom het. Ek vermoed veel was mense uit destydse Rhodesië of uit Brittanje (vol drome oor – vir slegs hulle as blankes – ‘n beter lyfstyl kon ervaar. Hoekom het Britse immigrante hierdie beslissing regverdig terwyl sanksies op die land gestaan het weens die regering se ras beleid?) so ek weet nie of hulle werklik ‘n nuwe taal wou leer nie. Is die rol van hierdie tipe boeke nou deur apps verskaf, wat mense af laai en selde oop maak nie? Ek lees hierdie hoofstukke en die Engels klink oudmodies na my mening. As die oorspronklike lesers waarskynlik die boeke ná ‘n paar minute neergesit het, verstaan ek hoekom.

En nou dekades later word hierdie boeke vir amper niks verkoop aan belangstellendes in die buiteland. Ek besit nou honderde boeke óf in óf oor Afrikaans wat ek sukkel om te lees so wil ek word soos dié wat die taal slegs ‘n bietjie aangeleer het of soos dié wat ‘n lewende kennis geniet het?

Die tweede boek het historiese waarde.

Afrikaans for Immigrants

Afrikaans vir Immigrante

Afrikaans Its Origins and Development

Afrikaans se Oorsprong en Ontwikkeling

‘n Paar historiese goed

‘n Paar maande verlede het ek ‘n Afrikaanse skarefinansieringsveldtog onderhou en gevolglik het die skeppers al sy backers op ‘n WhatsApp groep sit sodat mense onder mekaar kan gesels. Ek is al maande lank ‘n lid maar ek skryf nie en verkies om te sit. Ek vermoed ek is ‘n bietjie vreemd en ek voel amper bang nou om te sê dat ek lees en leer ‘n bietjie oor hulle. Ja, dit lyk ‘n bietjie vreemd.

Vandag het iemand foto’s van ‘n klein ou boks gedeel en gevra of dit eg is. Ek erken die boks want ek het ook dieselfde wat my ouma vir my gegee het. Ek het nou veel ou dinge uit die koloniale tydperk wat ek van Suid-Afrika af gebring het wat voorheen aan my voorouers behoort het. Hul historiese aspek interesseer my maar die verhale en ervarings van die voorouers is net hulle s’n en nie myne nie. Ek voel min persoonlike verbinding nie behalwe dat ons ‘n afstande familie verwantskap saam deel.

So onder is ‘n paar foto’s en ek moet besluit of ek gaan beantwoord om te bevestig dat dit eg is.

Nuwejaar 1945

‘n Geskenk aan soldate in 1945

Nuwejaar 1945

“Met die beste wense van die Suid-Afrikaanse Fonds vir Geriewe en Geskenke”

Nuwejaar 1900

‘n Boks sjokolade van die Koningin-Keiserin

So hoe goed ken ek Afrikaans?

Verlede week vind ek ‘n skakel aan ‘n webblad waar jy ‘n CEFR kan skryf en ek het die Nederlandse toets geskryf het. Soos ek reeds gedink het, bereik ek B1 – Independent User: Threshold or Intermediate, wat bedoel:

“You can understand essential points when they relate to familiar subjects such as work, school, leisure activities, etc., spoken in clear and standard language. You can manage in most situations which arise while travelling in a region where this language is spoken. You are able to take part in a conversation in simple and coherent language on subjects which are familiar or of personal interest. You are able to describe an event, an experience, a dream, an aim or an expectation. You can express your opinion and briefly explain your goals or your ideas.”

Hierdie is die vlak wat ek dog ek bereik het. Ná ek die Nederlandse kursus op Duolingo voltooi het, weet ek hoeveel ek sukkel as ek Nederlands praat en lees. Die spelling (soveel z’s, ij’s en sch’s), die vreemde woorde, die verskillende aspekte van die grammatika, die uitspraak ensovoorts maak alles moeiliker vir my as ek sou verwag het. As ek wil verbeter weet ek nou meer oor dié waarop ek my fokus moet sit.

Op die ander kant hierdie laat my peins oor goed ek Afrikaans ken. ‘n Mens kan nie die CEFR toets in Afrikaans skryf, want Afrikaans is nie ‘n taal van die Europese Unie nie, maar ek glo ek praat ten minste so goed soos die ekwivalent van B2 – Vantage or Upper Intermediate. Seker beskryf ek dit op my CV maar die ware rede dat ek die taal insluit is want ek weet amper niemand só ‘n eis op hul CV in Brittanje maak nie. In my tipe werk gee Afrikaans vir my geen voordele nie en ek vind nou geen Suid-Afrikaners by die werk nie.

Ek wil beslis weet hoe goed ek Afrikaans praat. Ek weet ek sukkel met gesproke Afrikaans en as ek na liedjies luister het ek amper geen idee nie. As ek met vriende praat moet ek op warm en raak gewoonte aan hulle maar dan praat ek sonder moeilikhede.

Een diens wat ek kan gebruik is italki.com en ek doen ‘n bietjie navorsing oor mense wat Afrikaans klasse gee. Ek soek nie ‘n mens wat my die taal kan leer nie, maar iemand wat my hulp met ‘n paar sekere aspekte wat ek weet ek moet verbeter – iemand wat vir my kan sê hoe goed praat ek die taal. Ek het aantal aspekte geïdentifiseer waar ek is swak. Die uitdaging nou is om uit te werk wat ek moet dien om op die ekwivalente C1 – Proficient User: Effective Operational Proficiency or Advanced kan kom.

In dieselfde toets vir Frans was my uitslag ook B1 wat goed is. Ek voel gemaklik daarmee maar nes enige taal, moet ek oefen so veel soos moontlik.

Kan ek Frans goed praat?

Ek skryf ‘n paar maande gelede oor my pogings om Frans te leer en nou het ek die kursus voltooi.

Frans op Duolingo

‘n Ander kursus wat ek voltooi het

Seker help dit my dat ek Frans op skool moes leer en dus onthou ek veel. Ek vlieg deur die lesse en dan begin ek om alles te herhaal. Voor ek begin het was ek ‘n bietjie skepties hieroor, ek het nie geglo dat ‘n rekenaarspeletjie so goed kan werk nie. Ek speel nie rekenaarspeletjies (okei ek speel some nog steeds Chuckie Egg wat ek meer as vyf-en-dertig jare verlede as laatie begin speel het) maar nou dat ek ander aalynse leerbronne gebruik het, is ek ‘n sterk onderhouer van Doulingo.

My fokus is op Frans en Esperanto noudat ek die kursusse voltooi het en ek wil tot die volgede vlak kom bo vlak 14 waarop ek tans sit. Terselfdertyd leer ek ‘n bietjie Duits en ook Nederlands. Duits want ‘n ander vriend leer en ek het die taal al twee jare in nagskool geleer voordat ek opgehou het. Ek ken reeds genoeg sodat ek voorder vinnig. En Nederlands want ek dink, ek ken genoeg Afrikaans so laat my sien hoe moeilik en anders hy is. Die antwoord is dat die twee tale in die waarheid verskillende tale is. Ek maak foute in Nederlands want sekere woorde en beslis die spelling anders is. Soms maak ek domme foute want ek lees die vraag verkeerd of ek skryf Afrikaans so ek moet op elke taal fokus.

Die enigste probleem wat ek tans ervaar is dat ek min Afrikaans leer. Ek sukkel nou ‘n bietjie om te onthou want ek nie geneog tyd vind om Afrikaans te leer nie. Op die ander kant sien ek hoe sommige woorde in verskillende tale dieselfde is en ek leer die etimologie. Hoe help my hierdie kennis? Ek voel soms asof ek net ‘n regte antwoord moet gee as ek feitlik nuwe stukkies inligting leer. Die herhaaling laat my die woorde en talwette onthou maar sal ek ‘n gespek kan hou?

Oefening en idees

Op die naweek besoek ek vriend wat ek nou baie selde sien want sy het nou jong kinders (wat Afrikaans kan praat) en dis ook ver om te ry, maar ek is altyd gelukkig dat ek gaan. Dis ook ‘n skaars geleentheid om Afrikaans met ander mense te gesels en alhoewel hulle Afrikaanssprekend is en dus praat beter Afrikaans as ek, ek hou daarvan om saam met Afrikaanssprekers uit te hang en te luister. Ons staan en braai in ‘n Londense tuin, ‘n klompie mense met blikkies bier wat Afrikaans praat.

Ek weet dat hoe min ek praat hoe min ek maklik kan praat. Ek het nodig oefening. Een ding wat ek nou doen, is om DVDs met die Nederlandse onderskrifte te kyk. Weinig DVDs bied Afrikaanse onderskrifte aan, daaroom moet ‘n man improviseer. Wat ek besef is dat ek goed kan lees en verstaan. Die woordeskat is natuurlik ‘n bietjie anders en die vertaling tussen Engels, Nederlands en Afrikaans is nie altyd presies nie, maar mense së hierdie ook oor vertalings tussen net twee tale. Ek skryf neer nuwe woorde wat ek later moet leer. Hierdie is beslis een voordeel van Afrikaans wat ‘n verwante taal hê as ‘n naslaangids. Ek skryf hieroor want dis een van die mees nuttige stukkies raad wat ek weet. Okei dis baie spesifiek aan Afriaans maar ek kan maar gee die raad wat ek het.

Ek lees nog steeds veel van die blogs van die poligot gemeenskap wat advies uit gee. Ek lees die e-posse en ek erken beslis veel goeie idees, maar terselfdertyd merk ek hoe die klem lê meer op boeke en kurusse wat hulle verkoop en minder op hul ervaring en vooruitgang. Ek lees dat mense tale leer, maar ek wil lees oor hoe en wat hulle leer. Ek wil lees hoe goed hulle hierdie nuwe tale keb. Dit blyk te wees dat slegs Esperantosprekers blogs gebruik sodat hulle kan oefen en versprei die taal ver.

Die gebrek aan ‘n sentrale internet forum vir Afrikaans is ‘n nadeel, wat leerders oor die hele wêreld lok. Die gebrek aan leerders is ook ‘n swakpunt. Hoe ons nodig het ‘n Duolingo kursus.

Die Ander Kant

Ek kyk vandag Die Ander Kant deur Mercy Kannemeyer nadat ek daaroor gelees het toe ek in die bibliotheek was.

Ek het dit baie geniet en nie net want ek goed alles kan verstaan nie. Die huidige taal debaat is buite my kennis, maar as belangstellende weet ek hoe belangrik dit is dat jong mense in hul eie taal – enige taal – op skool geleer word en dat daar univesrsiteite bestaan waar die onderrigtaal hulle s’n is. Ek is ‘n Engelssprekende outjie in ‘n Engelstalige land so hierdie kwessie betref nie direk my situasie nie.

Een ding wat ek oor die video hou is hoe dit maak duidelik dat Afrikaans ‘n taal van miljoene mense is wat aa veel verskillende groepe behoort. Ek kyk op YouTube byvoorbeeld en vind deesdae veel meer Afrikaanse video’s as in die verlede wat my hoopvol vir die toekoms van die taal laat voel deur te sien dat geneog mense nuwe kuns vir hul taal gemeenskap wil maak. Daardie is ‘n groot motiveering vir my as ek my aandag terug na Afrikaans draai.

Hier kom die nuwe jaar

Ek sit en skryf nou met ‘n kop vol idees vir 2017 en al wat ek met hierdie blog wil maak. Ek geniet nou weer om te skryf en ek voel ek verbeter ‘n bietjie meer elke keer, maar dit blyk dat ek meer kan doen om hierdie blog te bevorder. Ek kla elke keer oor hoe moeilik dit is om ander leerders en belangstellendes te vind. Vyftien jare gelede was Suid-Afrikaners in Londen volop maar nou die aantal gedaal het.

Ek sien hoe suksesvol die ander bloggers is om mense te bereik. Dis waar dat ek nóg goede verkoop nóg dra advertensies nie so verskyn ek nêrens op Google as jy na “learn Afrikaans” soek. Ek gee nie lesse en wil nie só doen nie. Op die ander kant weet ek dat mense leer en ek sien hoeveel mense wil hê dat Duolingo ‘n Afrikaanse incubator sal vrylaat (hulle bly stil op die onderwerp as gevra, en almal voorstel Nederlands in sy plek). Ek vermoed daar is ander mense wat besig aan te leer is.

Ek vra ‘n paar vriende vir voorstellings oor watter tipe veranderings dat ek sou maak. Tans sonder terugvoer en besoekers voel ek nie dat ‘n verskil maak om die taal te laat versprei of om ander leerders en sprekers te vind nie. So kom ‘n nuwe jaar moet ek besluit wat ek wil maak. En ek begin deur meer dikwels te skryf.

Toe besluit ek om ‘n ander taal te probeer leer

Wat’s nuut?

Ek skryf onlangs oor NetNuus, wat my huidige gunstelinge App is en wat my Afrikaans elke dag help leer en lees. Miskien is hy ‘n bietjie soos Instagram want ek is bang ek gaan vinnig verveld daarmee. Wie weet?

Ek het onlangs besluit om Duolingo op my foon en tablet te installeer. Ek onthou nie hoekom ek so besluit het nie, miskien het ek iets gelees of was ek verveld en wou net ‘n nuwe app installeer. Ek lees die polyglots, of veeltalige mense, se blogs en lees hulle ervarings en luister na hul podoogie. Hoekom wil ek nie ‘n bietjie soos hulle word nie?

Mense praat in baie positiewe woorde oor Duolingo en ja, ek stem saam. Ek weet jy moet van Dag Een af praat, skryf, lees en oefen sodat jy vinnig verbeter. Gewoonlik is ek ‘n bietjie suspiseus oor hierdie tipe nuwe teknologie. Toe ek Afrikaans begin leer het was daar amper niks en ek het net gemaak alles wat ek kon maak. Ek het Wikipedia en ensiklopidies gelees en na Nederland verwys as ek onseker was. Destyds was die internet nie jong nie maar min mense kon dit by die huis gebruik. Mense was nog suspiseus oor om goede aanlyn te koop. Ek speel nie rekenaar speletjies nie en is baie Web 1.0 ek glo. Miskien glo ek jy moet ‘n bietjie ly sodat jy wys net hoe baie ernstig jy is.

Ek leer weer ‘n bietjie Sweeds leer sodat ek saam met my Sweedse bende kan gesels maar tans is my fokus op Esperanto. Ja dieselfde kunsmatige taal wat mense se opinies skei. Ek lees hy is maklik om te leer – veral in die opinie van die legendariese Benny Lewis. Een dag wanneer ek my Afrikaanse wetenskapfiksie roman skryf gaan ek ‘n bietjie Esperanto daarin gebruik. Ek het reeds ‘n plan sonder idees daarvoor.

Seker is die uitslae alreeds indrukwekkend maar ek weet daar bestaan ‘n verskil tussen om die oefeninge te voltooi en om te kan praat. Hoe meer ek studeer hoe meer ek leer en hoe meer ek wil leer. Ek begin in die taal dink en om maklike sinne te maak. Ek hou gespreke met myself, altyd ‘n goeie tekniek want jy begin dink oor hoe jy sekere idees mag sê. Op die moltrien as ek die koerant lees, begin my brein oor ander onderwerpe dink – hoe kan ek hierdie sin in ander tale sê?

So wat wil ek bereik en hoe sal ek sukses beskryf? As ek begin praat so goed soos ek nou Afrikaans praat, sal ek dan gelukkig wees. Okei ek vermoed ek gaan beter kan praat want die taal is makliker en die uitspraak nie so anders nie, dus leer ek vinniger. As ek mense vind wat ook praat, sal dit een aanduidiging van sukses wees. As ek mag sê ek praat nou twee ander tale tot ‘n goeie vlak praat sal ek suksesvol voel. Dan sal ek weer na Sweeds draai en ek het reeds veel Sweedse maatjies.

Ek lees aanlyn dat veel verskillende mense ‘n Afrikaans Duolingo wil hê en ek dink dit word ontwikkel maar soos altyd met hierdie taal is daar probleme. Dis ‘n teleurstelling maar geen verassing dat sommige mense heeltemal teen die voorstelling staan nie.

Op daardie punt bo, soos ek op so veel kere in die verlede geskryf het, my pogings om na ander Afrikaans sprekers te soek, laat my voel asof ek trek my tande uit. Waar vind jy mense wat belangstel? Die aanlynse koerant is lyfstyl tydskrif vir mense in die buiteland vol gesindikeerde nuus uit die tuisland en kommentare oor resepte. Die Meetup groepe is óf stil óf vol mense wat braaibuddies wil vind. Gumtree is ewe stiller. Groepe vir die aanleer van vreemde tale bevat presies niemand wat belang stel nie. Londen het ‘n groot gebrek aan Afrikaans sprekers. Ek vind hulle nêrens wanneer ek soek nie.

Jammer ook daar’s geen foto’s in hierdie pos nie.

Net nuus

My huidide gunsteligine app is NetNuus wat ‘n vriend onlangs vir my gesê het.

NetNuus

NetNuus, gratis Afrikaanse nuustakkies

Ek sukkel met apps soos Duolingo want ek gee te vinnig op en ek hou nie daarvan om met ‘n app te leer, maar hierdie een laat my Afrikaans lees en verbeter deur nuwe woordeskat te lees. Daar is, na my mening, baie min goeie Afrikaanse apps wat beskikbaar is en die koerante het nou ‘n betaalmuur. Vat ‘n kiekie, lees en werk die betekenis uit as moeilik, herhaal die nuwe woorde in verskillende sinne om reg to onthou.