Voetbal, die ware sport

Gister het ek die Arsenal wedstryd teen Derby gaan sien. Dit lyk asof ek nou die hele tyd kan gaan – dit was die tweede keer hierdie week en ek gaan ook weer terug om Dinsdagaand. Ja, ek moet in die hemel sit en die kaartjie was meer as ‘n bietjie duur maar om die span so fantasties te sien speel as hulle Derby donner was briljant. Mense het vroeër gesê het dat ons hierdie jaar sal gaan sukkel en die seisoen is maar twee maande oud – wel tans sit ons bo-op die Premiership en dis genoeg vir die bewonderaars.

Daar’s ‘n paar foto’s onder.

Die rugby en die Amerikaanse Office

Net soos miljoene mense het ek vrydagaand die rubgy gekyk. Persoonlik gee ek nie om oor rugby nie, ek was altyd ‘m voetbal ou maar ek probeer altyd om wedstryde tusse hierdie twee lande te sien. Ek het ‘n paar jare gelede besluit om Engeland te ondersteun omdat ek nie Suid-Afrikaner is nie (ek is Brits) en toe ek jonger was moes ek altyd die familie in Suid-Afrika uitstaan wat ons oor krikiet en rugby spot. Dit was so vreemd hulle het nooit voetbal genoem nie (okei ek kan verstaan, ek het betaal om Bafana Bafana te sien speel…) en eintlik dit raak nie saak nie aangesien ek ‘n bewonderaar van die Nederlands voetbal elftal is. Engeland was afskuwelik en die Bokke was so veel beter en het die oorwining heeltemal verdien. Engeland was slegter as verskriklik, ek kan niks meer sê nie.

Ek hoop nou die Bokke sal die beker gaan wen maar ‘n mens kan nooit sy span verander nie. As hulle wen dan is ek bly, maar terselfdertyd bly ek atlyd ‘n tipe teleurgestelde Engeland rugby bewonderaar (totdat ek binne ‘n paar dae heeltemal oor die Rugby Wêreldbeker vergeet). En ek sal sê ek sien baie daarna uit om na die Namibië teen Georgië wedstryd te kyk.

In ander nuus het ek The Office: An American Workplace seisoen 3 op amazon.com gekoop en hierdie week het dit aangekom. Ons het die hele naweek dit gekyk en dis so snaaks – eintlik verkies ek dit bo die oorspronklike Englse een. Jy moet dit sien of my DVDs leen. Ek kan net hoop dat een dag sal hulle ‘n Afrikaanse weergawe wil maak. Dié ek wil sien.

Julle held is terug van Reading af

Ek insamel bier koppies en verdien bier geld!

Ek is terug van Reading af wat baie pret was. Ek probeer om elke jaar te gaan, gewoonlik op die hele naweek. Hierdie keer het ons ‘n hotel bespreek en ek moet sê ek was so bly dat ons nie kampeer het nie! Om elke oggend in ‘n bed wakker te word en om in jou eie kamer te ontspan is beslis die geld werd. My vrou K kon nie kom nie omdat sy onlangs ‘n operasie op haar kakebeen gehad het en is nie heeltemal gesond nie. In haar plaas het Arren uit Leeds gekom en twee ander vriende was ook daar.

Die weer was so fantasties – geen reën, vloed or modder nie, net warm sonskyn elke dag. Ons was net dertig minute daar voordat ons ‘n Afrikaner uit Pretoria ontmoet het en het lekker Afrikaans gesels. Ek het ook ander Suid-Afrikaners gehoor – hulle is so stille mense 🙂 Ek het geslaag om my sonbril en weermag hoed te verloor en dan altwee in die donkerheid en die dronkenskap weer te vind so ek was baie bly. Ons het ook uitgevind dat as jy bier koppies insamel en terug gee dan ontvang jy 10p, dus het ons besluit om geld te maak en tussen ons het meer as £70 verdien wat al ons bier gekoop toe ons geen bands wou gaan sien nie!

En die musiek? Enter Shikari was die beste, Jimmy Eat World, We Are Scientists, Jamie T, Funeral For A Friend was goed, Nine Inch Nails and Arcade Fire was net so vervelig. Ek het nie Red Hot Chili Peppers gesien nie (ek hou nie van hulle nie) maar mense sê dit was nie goed nie. Angels And Airwaves het almal gepla omdat hulle te dikwels gekla-kla en gepraat-praat het dus het almal hulle met bottels begin gooi!

Donderdagaand het ek my oom J en sy vrou L en hulle kinders M en K ontmoet. Hulle’s Johannesburgers en was net ‘n kort tyd in VK. Dit was fantasties om hulle weer te sien en oor die hele familie en almal se nuus te gesels. M wil op Stellenbosch studeer nadat hy skool voltooi so moet hy Afrikaans oefen en ons het onder mekaar ‘n bietjie Afrikaans gepraat. Ek weet nie of hulle ooit Afrikaans tuis praat nie maar as jy by my is dan moet jy! My vrou en ek wil volgende jaar Suid-Afrika toe op vakansie gaan en ons het ‘n bietjie gepraat oor planne en plekke wat ek wil besoek. Dis ook ‘n geleentheid om ouma weer te sien.

Dag agt se gedagtes

Een van die grotste verskille tussen my nuwe werk en die ou werk is dat in hierdie afdeling net ses van ons staatsamptenaars is en die ander twee honderd vyftig is nie. Hulle is kontrakteurs en mense uit die privaat sektor. Hulle weet nie so goed die staatsdiens nie en as gevolg verstaan nie soms hoekom ons dinge in sekere maniers moet doen nie. My rol (en dis goed om doel in lewe te hê!) is om ‘n brug tussen die twee stamme te maak, om ons kern staatsdiense werk te verduidelik en om seker te maak dat ons altyd staatsdiense standarde toepas. Dit sal ‘n geleerdhied geleentheid wees en hopelik kan ek van hulle leer.

Die ander verskil is aangesien hulle nie-staatsamptenaars is, het hulle net altyd in dieselfde plek in die department gewerk. Die meerderheid het nie in ander afdelings of op verskillende besigheid gewerk nie dus is hulle altyd ‘n bietjie apart van die department wat beteken het ek niemand vroeër in werk ontmoet nie. Gewoonlik ken jy mense in baie verskillende werk omdat julle het jare gelede saamgewerk of julle diselfde mense ken. Maar hier is anders. Niemand in die ander geboue ken hulle nie en hulle, ek vermoed, ken niemand ook. Vandag het ‘n nuwe mens ontmoet so nou ken amper nege hele mense! Net om nou die ander twee honderd en viertig te ontmoet.

Meer gedagtes

Ek begin wonder nou wat ek in hierdie nuwe werk sal doen. Dis baie stil en ek ken niemand (en in baie maniers dit pas my goed) maar ek raak ‘n bietjie verveld. Die hele plek is so anders as al die ander dele van werk en daar’s so min mense wat ek vroeër deur werk ontmoet het.

Miskien is ek net baie moeg omdat ek hierdie jaar net agt dae vakansie geneem het (en het in hierdie jaar ‘n ander 49 dae om te neem!) maar ek dink af en toe of ek die regte beslissing gemaak het. Ek weet ek het nie, maar ek voel heeltemal verlore.

In ander nuus wil ek al my pos na ‘n nuwe blogspot addres oordra, hoe maak ek dit?

Gedagtes oor werk

Ek is nou een hele week in die nuwe werk en dit lyk asof dit okei sal wees. Net soos elke nuwe werk het ek geen idee wat ek eintlik moet doen nie! Ek dink ‘n mense kry twee week se “vakansie” wanneer jy begin werk – niemand verwag dat jy sal weet wat jy moet doen nie so jy moet net stil bly en vriendlik wees en alles sal goed gaan.

Daar’s twee Afrikaanssprkenders wat op die ingang werk en ek glo daar’s ‘n paar anders in die gebou – ek het minstens een ander gehoor – so ek moet nou hulle vind en hoop dat hulle my buitelander se entoesiastiesheid vir die taal nie vreemd sal dink nie!

So.. wat is nuut?

So ‘n lang tyd en so min nuus. Net soos ek.

Maandag begin ek my nuwe werk. Ek werk nog by die department maar in ‘n nuwe afdeling en gebou – ek sal foto’s uit my venster uit oplaai omdat dit uitsig fanstasties is – en hierdie keer het hulle my gevra om by die span aan te sluit. Die geld is goed – my beste ooit betaal verhoging. Ek weet dis net tydelik en hulle moet die pos adverteer (en hopelik sal ek dit kry tensy ek dom is) maar ek is baie bly.

So ja, alles begin om maandag. Hopelik sal ek nie fokop nie!

Terug van Belgïe af

Ek het beplan om ‘n kort potgooi oor my reis Belgïe toe op te neem maar soos ek gedink het, het ek niks gedoen nie! In sy plek sal ek julle ‘n bietjie vertel.

Die Eurostar (die “Groot Moltrein”) is fantasties. Van die centrum van Londen af tot die centrum van Brussel af binne drie ure, alhoewel dit sneller in Frankryk en Belgïe as in Engeland is omdat ‘n deel van die spoorweg nie so goed is nie. Brussel is ‘n mooi stad (die enigste Franstalige stad waarvan ek hou) maar ons het nie lang tyd daarby gebly nie voordat ons die trein Zottegem toe gekry het. Die Vlaamse platteland is baie pragtig en daar’s klein dorpies en gehugte daardeur en toe die son geskyn het, het ek gevoel dat ek op ‘n ware, oorsee vakansie was. Ek kan ‘n bietjie Nederlands/die Vlaamse dialekte verstaan maar ek weet wel dat daar groot verskille tussen die tale is. Beslis is dit makliker om te lees as om te praat maar nadat ‘n paar biers was ek meer as bly om slegte Afrikaans te probeer praat. Miskien het mense my begryp, maar ek was dugesuip so ek tywfel dit!

Die musiekfees homself was baie pret veral as The Sisters Of Mercy het gespeel en wat my gunstelige band is. Vriende uit VK, Duitsland, Belgïe en ander lande – die gewone bende – het gekom en ons het lekker gejol en gedrink. Eintlik is om vriende weer te gaan sien en om ander lande te besoek die hoofde rede om te kom, maar die musiek is nog baie belangrik. Dis so ‘n lekker voeling om by ‘n fees oorsee by te woon veral want jy besoek baie klein dorpies wat jy nooit vroeër gehoor het nie en jy sien ‘n ander aspek van die land, die plekke wat toerisboeke nie daaroor geskryf nie en reisigers weet nie.

In lande soos Belgïe, en veral die Vlaamse deel, kan meeste besoekers nie die amptelike taal/tale praat nie maar die inwoners kan gewoonlik Engels praat en jy besef hoe vreemd dit is dat die bekwaamheid om ‘n ander taal onder mense uit die Anglofoon te praat word nie belangrik gedink nie, daar’s geen werd daarin nie. Ek het Nederlands in aandklas studeer en weet ‘n bietjie Afrikaans maar ek hang van my Vlaamse vriende af as ek hulp nodig het aangesien, soos ek bo geskryf het, Afrikaans en Nederlands is anders. Op die een kant is die probleem die feit dat in Europa is daar soveel verskillende tale dat dit moeilik is om te besluit watter taal te leer, maar op die ander kant die feit dat Engels tans die lingua franca is, dus wil buitelanders eerder Engels met jou praat as om te hê dat jy hulle taal probeer praat. Al dat jy kan doen is probeer. Net soos Suid-Afrika en Afrikaans ek glo.

Die sondag het ons terug gekom omdat ek Metallica by Wembley moes gaan sien. Ek rock \m/

Planne om ‘n potgooi te maak

Volgende naweek gaan ek Belgïe toe om by Rock Zottegem, ‘n musiekfees, by te woon. Ek gaan meeste sommer Europaanse musiekfeeste toe en Belgïe, wel eintlik net Vlaandere, is my gunstelige land op die hoofland. Hierdie keer beplan ek om ‘n kort potgooi of video potgooi in Afrikaans te maak oor my ervaaring, die reis met Eurostar, my Vlaamse vriende ens.

Ek het ‘n goeie kamera wat beide foto’s en videos kan maak so al dat ek nou moet doen is om ‘n mikrofoon vir my iPod te koop en om uit te vind hoe alles werk en of ek iets op my rekenaar moet installeer. As jy enige inligting om te deel dan sal ek dit baie waardeer.

Geen nuus op die werk

Wel daar’s niks nuut oor werk om te berig nie so ek dink ek moet net wag tot iets gebeur. As dit gebeur dan kan ek vir julle ‘n bietjie meer vertel en verduidelik. Ek verwag niks so hopelik in elke geval sal ek nie teleurgestel wees nie. Hou duime vir my!

Dis al my nuus vir nou. Totsiens.

Fietsry en werk

Vandag het Kathryn (my vrou) en ek gaan fietsry. Kathryn ry fiets elke dag werk toe (die retoer reis is omtrent 20km) maar ek doen nie, dus is sy veel beter as ek – okei dis nie moeilik om fiets te ry nie, wat ek bedoel is is sy nou fikser as ek. Die weer is baie lekker en ons het na ‘n groot park toe gegaan – ons het van al die geboue, motors, mense en geraas ontsnap om ‘n verskillende wêreld te ervaar! Elke keer wat ek gaan fietsry sê ek hoeveel ek dit geniet het en op meer keer moet doen maar soos jy nou miskien weet, ek praat die praat meer dikwels as ek loop die loop! (Laat my weet of die vertaling na Afrikaans werk.) Nou doen ek fietsry, klimsport, televisie kyk, kroeg toe gaan en ek is ‘n baie besig kêrel.

In ander nuus iemand by die werk het probeer om my te kopsnel (headhunt in Engels – miskien (moet) jy sê kopjag. Weer, laat my weet)! Ja, baie vreemd, maar terselfdertyd baie waar. Dis meer geld, op ‘n hoë graad, in ‘n ander gebou (met ‘n uistig oor die Teems-rivier en die middestad) maar dis net tydelik (maar daar’s ‘n goeie kans dat dit permanent sal word) dus ‘n bietjie onseker. Ek dink ek sal dom wees as ek dit nie doen nie. As dit nie uitwerk nie sal die department my gewillingheid om hulle te help, waardeer. My baas is nie te bly nie want ons is tans baie besig, maar daar’s nooit ‘n goeie tyd om te verlaat nie. Môre moet ek besluit. Die stem binne my kop sê neem die geld en klim die vetterig paal!