En toe vind ons onsself in 2012

Dis geen verrassing dat ons onlangs die nuwe jaar gevier het nie, dit kom net een keer elke jaar op dieselfde datum!

Hierdie jaar kom die Olimpiese Spele na Londen toe en ek kry verlede week ‘n kaartjie vir die vroue voetbal eindewedstryd by Wembley so het ek nou vier kaartjies en ek gaan probeer om meer te kry as moontlik. Ook hoop ek om die rekeningkunde kursus te voltooi sodat ek a) gekwalifiseerd gaan word en b) nie meer in my eie en vrye tyd moet studeer nie! Ek beplan ook ‘n paar klein vakansies oorsee (en oor die see) en nuwe lande om vir die eerste keer te besoek en dan daar’s gigs, voetbal, nuwe vriende om te maak, nuwe geleenthede om te ervaar.

Ja, ek is optimisties en opgewonde.

Nederland

Verlede naweek het ek Nederland toe gevlieg om – soos elke keer ek oorsee gaan – na ‘n gig toe te gaan. Hierdie keer het ek Groningen toe gegaan wat lê aan die noord en nie ver van beide die see af en die grens met Duitsland af nie. Eh ja, dit was dieselfde band soos altyd. Hierdie jaar was ek drie kere in België, drie kere in Nederland en ook in Frankryk, Ierland en Luxemburg gewees, ek vergeet hoe dikwels ek gaan reis.

Eers het ek Schiphol toe gevlieg. Ek het het vroeg van Londen af verlaat want ek wou na Het Scheepvaartmuseum toe in Amsterdam gaan. Elke keer toe in vroeër in Amsterderam was, was die museum toe. Ek het net een uur om alles te sien gehad so moet alles baie vinnig sien maar ek het die geniet. Ongelukkig was daar baie min oor die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie wat my groot belang is, maar daar is ‘n replika van die VOC skip Amsterdam, wat die tipe skip is wat na die Kaap toe met ons voorouers gevaart het.

Toe het ek dit trein deur Amersfoort na Groningen toe gevat. Die ry was baie mooi en jy sien beslis net hoe plat die land is, net veel velde en dorpies. In Amersfoort het ek Zwarte Piet op die perron gesien, wat seker anders is. Dis nie die tipe ding wat nou aanvaarbaar in Brittanje of Suid-Afrika is nie, glo ek.

Groningen was baie lekker. Veel tjommies het ook uit België, Duitsland, Nederland, Spanje en Brittanje gekom so ons het lekker uitgehang en gepaartie. Die gig was goed maar nou is die nie die hoofde rede om te gaan nie; dis om almal weer te sien, dis redelik nou net ‘n reis klub vir ons. Dis snaaks om te dink dat ek bereid was om so ver vir net een nag te ry maar die was dit heeltemal moeite werd.

Sondag was ek weer Amsterdam toe en het ‘n vriend ontmoet, wat die vorige aand saam met ons in Groningen gewees was en wat in Amsterdam bly en sy het vir my ‘n bietjie van die stad gewys. Dit was goed om met ‘n Nederlander uit te hang en om oor Nederlands en ander onderwerpe te praat, wat my interesseer maar ek vind dat my kennis van Nederlands en Afrikaans nie baie nuttig is nie. Niemand verstaan my as ek praat nie so is dit makliker om te sê dat ek ‘n domme toeris is en dan praat ek Engels met hulle. En ja ek kan hulle verstaan, maar hulle weet nie.

Dis nie moeilik om van Londen af na Amsterdam toe te vlieg nie so moet ek dit meer dikwels doen. Ek wil die Afsluitdyk en die polders in Flevoland (en ek ken ‘n paar Nederlanders wat daar bly) sien so as ek iemand vind wat ‘n motor van bestuur sal ek gaan.

Het Scheepvaartmuseum, Amsterdam

Prins Hendrik

Prins Hendrik

Die replika van die VOC skip Amsterdam

Die replika van die VOC skip Amsterdam

Die VOC vlag op die Amsterdam

Die VOC vlag op die Amsterdam

Die skip Amsterdam

Die skip Amsterdam

'n Skildery

'n Skildery

Montelbaanstoren, Amsterdam

Montelbaanstoren, Amsterdam

Hersiening

Komende week skryf ek weer CIMA eksamens. Hulle kom twee kere elke jaar in Mei en November. Hierdie maand het ek vir my hele vrye tyd hersien.

Oorspronklik het ek by die huis probeer studeer maar ek het stadig besef dat ek te maklik afgetrokke word en toe gaan ek tee maak of op die rekenaar speel en toe altyd kom die katte om op die tafel te sit so bereik ek niks.

Nou gaan ek BPP toe in die stad waar ek my klasse neem. Gewoonlik gaan ek ‘n paar aande na werk en dan ook vir ‘n paar ure Saterdag en Sondag. Ek begin die ander studente leer ken of seker erken – wel ons vergeet almal se name en is te Engels om te vra – en ons praat oor die moeilikhede met die kursusse. Nou is almal baie besig en studeer die hele dag. Vandag en gister was ek 8.30vm by BPP om ‘n sitplek te kry en het nie tot na 7nm verlaat nie, kan jy dit glo! Almal sit nou in stilte en skryf oefen eksamens en vrae, dis baie motiviseering om met almal anders te studeer. Ek dink niemand het genoeg dissipline nie want ons moet in ‘n kamer sit om seker te maak dat ons die werk doen. Natuurlik het almal iPhones en HTCs so speel ons daarop maar dis veel beter as om in die biblioteek of by die huis te studeer.

Gaan ek slaag? Ek weet nie maar ek dink almal is op die oomblik vol twyfel. Ons kan net wag tot ons die vrae sien voor ons begin wanhoop!

‘n Stad met veel tale

Koerante

Vir elke taal 'n koerant

Vandag loop ek by Charing Cross stasie en buite is al die gratis vreemde talige koerante wat beskikbaar in Londen is. Dit sluit Russies, Italiaans, Bengaals, Litaus, Portugees, Spaans, Roemeens, Frans, Arabies en Pools in en ek weet daar’s veel meer maar ek is onseker watter ander tale. Daar was ook ‘n Duitse koerant maar ek vergeet nou die naam. As daar genoeg mense is, is daar gewoonlik ‘n koerant maar ongelukkig het die Afrikaanse koerant Die Stem ‘n paar jare gelede gevou so lees ons nou ‘n half-blad elke week in The South African.

Gisteraand gesels ek met vriende oor die “wêreld stede”. Na ons mening is daar tans net twee, New York en Londen. Wat ons bedoel is, kan jy in hierdie stede mense vind wat uit elke land in die wêreld kom. Ek werk nou in Elephant and Castle en dis die sentrum van die Colombiaanse gemeenskap in Londen. Daar’s ‘n restaurant, deli en klein winkel en dis vol mense uit al die Suid-Amerikaanse lande en jy hoor veel mense wat Spaans praat. Daar’s ook ‘n Poolse restaurant – dis smaaklik – en kos winkels uit Wes-Afrika lande en die Karibiese eilande en naby is daar ‘n Boliviaanse restaurant. Soos jy sou dink eet ek nou soos ‘n konig as ek by die werk is!

So bly ek nou al 12 jare lank in Londen en ek moet nuwe tale begin leer sodat ek elke geleentheid kan neem om hulle hier te praat. Nou moet ek net besluit wat ek wil leer.

Arwantië 2953

Ek het julle vroeër aangemoedig om Eben se boek Arwentië 2953 te gaan koop, wel nou kan julle.

Dis nou beskikbaar om as eboek af te laai, gaan Smashwords toe om jou kopie te kry. Jy kan dit in veel verskillende formats kry en nou wag ek vir die Amazon Kindle Touch op verkoop in Engeland te word dan gaan ek een koop. Maar vir nou lees ek op die Kindle app op my iPhone.

Arwantië 2953 by Eben van Renen - die beeste Afrikaanse roman van hierdie jaar

Gaan koop hierdie boek!

Na my vroeër skrywe het ek met Eben geskype en ons het oor wetenskapfiksie gepraat. Hy sê vir my oor Afrifiksie wat Afrikaanse wetenskapfiksie uitgee en wat die enigste kampvegter (is dit die regte woord in hierdie konteks?) daarvoor blyk te wees. Daar was ook ‘n onlangse berig, in Rapport oor hulle nasionale kompetisie so lyk dit ‘n groeiende tipe fiksie met veel skrywers en deelnemers.

Eben het ook vir my oor sy boek gesê, Arwantië 2953 wat binnekort gepubliseer sal word. Ons het ‘n paar jare gelede ‘n bietjie gesels oor sy pogings om Afrikaanse wetenskapfiksie te skryf so dis fantasties dat uiteindelik sy boek, sy idees uitgegee sal word. Ek is baie beïndruk. Ek sien baie daarna uit om te lees en ek moet hom weer vra om ‘n kopie aan my te stuur. As nodig moet ek pleit! As die eboek opsie uitgegee word sal ek dan ‘n goeie rede hê om ‘n Amazon Kindle te koop want ek wou graag een kry.

Daar’s meer inligting op die Afrifiksie webblad oor sy idees wat julle makliker as ek sal kan lees.

Arwantië 2953

Nou moet ek my Afrikaanse boek begin skryf, gooi my julle idees vir die onderwerp asseblief!

Afrikaanse wetenskapfiksie

Gister het ek na die British Library toe gegaan want ek wou die Out of This World: Science Fiction but not as you know it vertoning sien. Terloops was dit die derde keer dat ek gegaan het, maar op hierdie keer gaan ek om Lauren Beukes te hoor praat oor haar boek Zoo City en oor wetenskapsfiksie.

Sy het iets baie interessant gesê dat “JM Coetzee’s Waiting For The Barbarians is taken from science fiction”. Dis presies wat ek gedink het toe ek dit gelees het en toe het ek haar oor Afrikaanse wetenskapfiksie gevra en of sy ‘n paar skrywers kan aanbeveel. Sy sê as ek ‘n boodskap aan haar stuur sal sy vir my ‘n paar name gee en sy stem saam dat Afrikaans ‘n goeie taal vir wetenskapfiksie is.

Dit herinner my aan ‘n pos wat ek in 2008 begin skryf het maar het nooit voltooi of uitgegee nie. Ek weet nie hoekom ek het nie destyds uitgegee nie maar nou voel ek meer seker dat ek op die regte pad was.

—–

Ek lees Eben se onlangse pos oor Afrikaanse wetenskapfiksie [ongelukkig is dit nou nie beskikbaar aanlyn nie] en hy vra:

“Wonder of dit net nog ‘n bewys is dat die idee van ‘n Afrikaanse of Afrikaner toekoms vir meeste mense te belaglik is?”

Dis seker ‘n interessante vraag en sy gedagtes is natuurlik anders as myne. Ek het nie voorheen gedink oor ‘n moontlike konneksie tussen Afrikaanse wetenskapfiksie en die toekoms van Afrikaans of Afrikaners nie. Op die ander kant herinner dit my aan ‘n artikel wat ek jare gelede gelees het wat vra, “Sal Afrikaans net in die monde van Kleurlinge en buitelanders bly praat?”.

Soos Eben sê is daar baie min Afrikaanse wetenskapfiksie skrywers of boeke. Daar’s ‘n paar Fritz Deelman en ook Interster en miskien ‘n paar anders maar dis moeilik om hulle te vind, wat ek op my onlangse kuier in in Suid-Afrika ervaar het. Eintlik was ek nie beïndruk met die hoeveelheid Afrikaanse goede wat op verkoop was nie maar miskien wys dit dat elke jaar word baie min nuwe goede uitgegee. As nie in Suid-Afrika nie, dan waaruit?

Ek dink Afrikaans is te plaaslik om te hê dat buitelanders boeke sal skryf. Wat ek bedoel is, is daar veel skrywers wat Engels of Spaans of Frans as tweede- or derdetaal ens praat en in daardie tale skryf. Maar dit lyk my dat Afrikaanse boeke ‘n Suid-Afrikaanse ervaring vertel. So wonder ek, kan Afrikaanse wetenskapfiksie die leser na ‘n letterlike en letterkundige verskillende wêreld neem?

Kyk na die geskiedenis van Afrikaans en jy besef dat in ‘n paar manier is die storie oor die taal en die sprekenders – Afrikaners, Kleuerlinge groepe, bannelinge, ontdekkers, skelms – ‘n bietjie soos ‘n wetenskapfiksie verhaal; ‘n nuwe wêreld, geskei van die ou land en om hulle nuwe land, identiteit en bydra te maak, die stryd teen ongeluk. Die manier waarin hulle eie taal begin verander het en toe hulle begin besef dat hulle hulself verander het, net soos baie ander nedersetter gemenskappe in nuwe wêrelds klink soos ongelooflike fiksie. Maar wat was die nuwe idee vir die mense? Hoe het dit hulle aparte van ander mense afgeskei? Hoekom en hoe het hulle afgewyk? Het hulle anders begin dink?

Ek het met Christine gepraat en ons het gedink om wetenskapfiksie te begin skryf. Ja ek weet ons sal nie, maar dis ‘n goeie idee. Ek wonder dat miskien wetenskapfiksie die skrywer en leser die geleentheid sal gee om die taal na nuwe idees te lei. Ons het ‘n bietjie oor hierdie onderwerp op Johan se ou potgooi gepraat [ek twyfel of dit nog beskikbaar is maar miskien het ek dit afgelaai so sal sien of ek dit aanlyn kan sit] so miskien weet julle ‘n bietjie oor my gedagtes.

[Geskryf oorspronklik in 2008.]

My entoestiasme vir Afrikaans kom terug

Vrydagaand en gisteraand was ek in die kroeg met ‘n paar Afrikaanse vriende en ek sê hoe onlangs praat ek baie min Afrikaans. Ek vind nou baie min geleenthede en ek begin weer my lus vir die taal verloor. Dis niks nuuts nie, net elke paar maande praat ek so min Afrikaans dat ek daaroor begin vergeet dus was dit baie lekker om met mense Afrikaans weer te praat.

Een weg hoe ek Afrikaans lees, is op Twitter. Vroeër kon ek nie Twitter verstaan nie, dit het geen sin gemaak nie maar nou het ek ‘n iPhone en so kan ek orals lees. Ek volg veel Suid-Afrikaanse en Afrikaanse Twitter feeds, soos Beeld, Nuus 24, bands, musikante, politici, joernaliste ens. Dis ‘n lekker weg om ‘n oog op Afrikaans en Suid-Afrika te hou en om ook nuwe woorde te leer.

Gister toe ek op die train Winchester toe was het ek hierdie berig gelees, In ‘n klas van sy eie:

In die Paarl staan die Taalmonument van beton en graniet. In ’n klaskamer met lendelam stoele êrens in Soweto is daar nóg ’n monument vir Afrikaans – een van vlees en bloed. En sy naam, skryf DANIËLLA DU PLOOY, is Victor Khambule. CORNEL VAN HEERDEN het die foto van sy weeklikse taalles geneem.

“Ons gesels uitbundig; ons drink boeretroos; almal hier deel die liefde vir die taal.”

Lees meer…

Dit herinner my ‘n bietjie aan die Afrikaanse Taaltoer en was so interessant om te leer oor mense se pogings on die taal te leer en te aanhou praat. Dit wys die aspek wat vir my die belangrikste is, dat Afrikaans ‘n lewende taal van miljoene is, een van die elk amptelike tale in die land. Ek voel nou meer positief en entoesiasties om die taal te leer want ek sien hoe mense in die land wil dit leer want hulle hou daarvan en wil in Afrikaans kan kommunikeer. As hulle dit wil doen, wil ek dit ook doen. Ek is dankbaar aan hulle entoesiastieheid en op die oomblik het ek nodig iets om my te inspireer.

Oh ja, jy kan my op @alexanderord volg.

Kaartjies vir die Olimpiese Spele

‘n Paar weke gelede het ek aansoek vir kaartjies vir die Olimpiese Spele gedoen en het vanoggend het ek uitgevind watter kaartjies het gekry het.

Ek wil BMX, tafeltennis, voetbal en hokkie sien maar het slegs kaartjies vir vroue voetbal (een wedstryd by Wembley) en manne en vroue hokkie (twee wedstryds op elke kaartjie by die Olimpiese dorpie) wat, na my mening, baie cool is. In die komende weke en maande sal meer kaartjies op verkoop word so sal ek meer probeer kry.

Veel mense het niks of baie min gekry want hulle het ‘n lotery gebruik om te kies wie gaan kaartjies kry. Ek verstaan hoekom mense teleurgestel is want hulle was unsuksesvol maar op die ander kant wil soveel mense nou daaroor kla en kerm. Dit raak nie saak nie, ek is baie opgewonde.

Van Coke Kartel, weer

Gisteraand het ek weer Van Coke Kartel by Shepherd’s Bush Empire gaan kyk, die derde keer in tien dae. Ja, ek lyk niks ander te doen as om die hele tyd hulle te gaan kyk nie, maar hulle speel baie selde in Londen so jy kan verstaan hoekom. Hulle het met Springbok Nude Girls gespeel maar na Van Coke Kartel gespeel het, het ons net gesels en gedrink en so het baie min van Springbok Nude Girls gesien so kan ek nie sê of ek van hulle hou nie. ‘n Baie pret aand en om met vriende uit te hang.

Soos gewoonlik onder is een van my nuwe video’s op my youtube blad.

Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel

Vrydagaand het Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel in Londen gespeel, wat baie cool was!

Voor die gig het ons gepraat oor hoe min advertensie daar was vir die gig. Daar was artikels in die Suid-Afrikaanse koerante maar ons het niks meer gesien nie. Dit was beslis ‘n groot jammer want ek dink hulle kon baie maklik veel meer kaartjies verkoop het – ek het vir sewe vriende oor die gig vertel en hulle almal het kaartjies gekry so was dit lekker om met tjommies uit te hang.

Soos ek vroeër geskryf het, het ek Van Coke Kartel Woensdag gesien maar hierdie keer was dit gewone gig en nie akoesties nie so was hierdie gig anders en vol energie. Hulle speel komende naweek weer met Springbok Nude Girls en ek het reeds ‘n kaartjie gekry.

Ek het Fokokfpolisiekar op twee kere in 2006 in Londen sien speel en ken hulle albums beter as Van Coke Kartel s’n so was ek baie opgewonde om hulle weer te sien. Die gig was fantasties maar dit was net ‘n jammer dat hulle nie meer diwkels speel nie. Ek het gedink om Amsterdam toe te gaan vir Saterdag se gig maar toe besef ek dit net te duur sou wees en ek is nie seker of ek die regte beslissing gemaak het nie. Na die gig het Francois ook my kopie van Biografie Van ‘n Bende: Die Storie Van Fokofpolisiekar geteken wat baie cool van hom was en hulle almal lyk baie gawe mense.

Op een manier is hulle ‘n bietjie ongelukkig dant hulle sing in Afrikaans sing so kry hulle nie die aandag of die herkenning wat hulle verdien nie veral buite Suid-Afrika. Ek weet Van Coke Kartel speel met groot internasionale bands maar na my mening is die twee bands soveel beter as veel ander, meer suksesvolle Amerikaanse of Britse of Engelstalige bands wat ons almal hoor. Soos ek gesê het, was daar baie min bevordering vir die gigs en ek dink die promoters het net op die Suid-Afrikaanse gemeenskap gefokus, wat nog die Suid-Afrikaanse koerante in Londen lees. My Suid-Afrikaanse vriende het niks oor die gig gesien nie dus moes ek vir hulle vertel en ek glo daar is veel mense wat sou wou gekom het (is só ‘n konstruksie moontlik in Afrikaans?) as hulle geweet het. Mense hier ken vir Die Antwoord (ek is nie fan nie) maar hulle het nie die impak hier gemaak as wat mense verwag het nie en ek dink hierdie bands kan meer suksesvol word.

Ek het ‘n paar video’s op Youtube afgelaai so kyk na my bladsy youtube.com/lex3000.

Van Coke Kartel

Jammer dat alles so stil gewees was, het ek hierdie maand baie hersiening gedoen vir my eksamens wat baie moeilik was so vermoed ek ek het gedruip. Ek kan September hulle weer skryf as noodsaaklik.

Gisteraand het ek Aardvark toe gegaan om Van Coke Kartel te sien, hulle het ‘n klein akoestiese gig gespeel. Hulle en Fokofpolisiekar speel môreaand in Clapham en ja, ek het ‘n kaartjie gekry.

Die gig was baie pret en ek het ook ‘n bietjie met Francois gepraat wat baie cool was. Ek het onlangs nie veel Afrikaans gepraat nie so was dit goed om dit weer te oefen.

Onder is ‘n video, hulle het ‘n cover van Fokofpolisiekar se “Ek Skyn (Helig)” gespeel.

Fotografie en protes in ‘n deel van Londen wat ek selde besoek

Gister het ek na die Victoria and Albert Museum toe gegaan om Figures & Fictions: Contemporary South African Photography te sien, wat ‘n nuwe tentoonstelling van moderne Suid-Afrikaanse fotografie is. Dit was okei, nie sleg nie, en daar was ‘n paar fotograafs en foto’s waarvan ek baie gehou het maar ek moet sê dat I don’t really get photography dus was ek eintlik ‘n bietjie teleurgestel maar miskien is die boek beter. Daar was nie genoeg foto’s nie so het dit gesukkel om ‘n indruk te wek. As ek foto’s neem, beoog en skiet ek en daar’s geen kundigheid of sofistikasie in my metod nie. Daar’s ‘n resensie in The Guardian en miskien sal julle meer daarvan hou as ek.

Op pad museum toe het ek ‘n Boris Bike fiets gery wat baie lekker was want die son skyn en die weer was baie mooi. Belgravia en Chelsea is dele van Londen wat ek ken goed nie. Dis nie my Londen nie en ek besoek selde. My oom het ‘n huis in daai area en as sy familie in Londen is gaan ek hulle sien maar dis slegs een keer elke jaar. Die huise en strate in baie mooi en ook baie goedkoop, wat een rede is hoekom ek selde besoek. Daai area is vol ambassades en hoë kommissies (as jy land ‘n lid van die Statebond is, het jy hoë kommissies en nie ambassades in die land van ander lede nie) en buite die Siriese en Libiese ambassades was daar veel protesteerders met hulle vlae en plakkate en polisie, dit was baie orderlik.

Meer onlangse gebeurtenisse

Verlede naweek het ek na die Emirates Stadium toe gegaan – dit tuis van Arsenal – om die wedstryd tussen Brazilië en Skotland te kyk. Ek het met ‘n paar vriende uit Skotland gegaan en want dit was net ‘n vriendelike wedstryd was die atmosfeer baie cool en ons almal het lekker gepaartie, ek ‘n bietjie te veel ek moet sê! Natuurlik was Brasilië veel beter as Skotland en het gewen maar ek het baie geniet om Skotland te sien speel.

Vandag het na die British Museum toe gegaan om die goed uit die tydperk van die Assyrise Ryk te sien. Ek weet nie seker hoekom ek wou dit sien nie maar dis baie interessant en ek kan net sê dat dit nuttig is dat ons Britte al hierdie goed gesteel het sodat ek alles in my tuis stad kan sien! Okei, dis ‘n bietjie flippant maar jy weet wat ek bedoel.

Vrydagaand het ek met vriende kroeg toe gegaan en ons het oor tale gepraat. Een van hulle kom uit Trinidad en sy praat Spaans en wil dit aan haar dogtertjie leer. Toe ek sê leer ek nou Spaans het hulle twee onmiddellik vir my gelag en sê dat ek altyd besig om ‘n nuwe, verskillende taal te probeer leer! Ja, dit is waar so kan ek nie kla nie. Dis precis die tipe ding wat ek begin doen, gewoonlik sonder om dit te voltooi. Ek onthou ek het dit op veel kere gesê. So ja, leer ek nou weer ‘n bietjie Spaans sodat een dag sal ek Spanje toe gaan en sal mense kan vra of hulle Engels praat!

Brasilië speel teen Skotland

Brasilië speel teen Skotland

Neymar kry 'n doel vir Brasilië

Neymar kry 'n doel vir Brasilië

'n Beeld uit die tydperk van die Assyriese Ryk

'n Beeld uit die tydperk van die Assyriese Ryk

‘n Toeris in sy eie stad

Vandag skyn die son en na ek ‘n paar ure se studie gedoen het – ek wil seker maak dat my eskamens op die eerste en enige keer slaag – het Greenwich toe met die DLR gery. Die rede is dat ek wou HMS Bulwark sien, wat vir ‘n paar dae in Londe vasmeer is. Toe ek kind was, wou ek eintlik by die seemag aansluit. Hierdie week het ek aantal klein seemag bote gesien wat verby ons kantoor geseil het insluitend twee skeertuie vol seesoldate. Later het ons die rede uitgevind.

Eintlik het ek by Mudchute afgeklim want ek wil die uitsig van Greenwich van die noorde kant af kyk, dis baie mooi uitsig oor die Royal Naval College en ‘n bietjie verder agter Greenwich Park en die Royal Observatory.

Toe het ek onder die Teems met die Greenwich foot tunnel geloop, wat na my mening een van die meeste indrukwekkende prestasies uit die eeu van Konigin Victoria is. Dis vreemd om te dink dat jy eintlik onder die rivier mag stap in ‘n tonnel wat so oud is. In die somer as dit te warm raak is dit lekker koel om daardeur te loop met al die koue kondensasie.

In Greenwich kon jy foto’s van HMS Bulwark afneem maar ongelukkig kon niemand gaan besoek nie. Dis klein in vergelyk met Amerikaanse oorlogskippe maar vir ons is dit een van die grotste in ons seemag.

'n Skeertuig vol seesoldate

'n Skeertuig vol seesoldate

HMS Bulwark

HMS Bulwark

HMS Bulwark

Ver in die afstand sien jy 30 St Mary Axe of "The Gherkin"

Greenwich foot tunnel

Greenwich foot tunnel

Royal Naval College, Greenwich

Royal Naval College, Greenwich