Op die naweek gaan ek Noord-Ierland toe met ‘n paar vriende vir ‘n kort vakansie. Vir my was dit my derde besoek, vir hulle die eerste maar ons almal was baie gretig om te kuier sonder om geld te moet wissel of ‘n paspoort te moet saam bring. Jy vlieg weg maar bly binne die land.
Soos jy kan sien, het ek al die foto’s baie geïnstagram. Alles nou lyk verfynd of miskien is dit meer akkuraat om te sê dat ek lyk soos ek nie weet wat ek doen nie.
In Belfast gesels ons met mense in die kroeë, die ander mense wat biere drink en jol. Hoe interessant is mense as jy hulle oor hulself vra. Die unionists wat hullself as Brit beskou wat nog nooit Londen besoek het nie maar wou graag een dag só doen. Die outjie wat nationalist is met wie ek gesels oor die Ierse taal, en hoe hy van sy besoek aan Londen en al die toeriste aantreklikhede hou.
In die aand yster mense hul beste klere, yster hul hemde en kies wat hulle wil dra; Saterdagaand is dié aand wanneer almal deftig en modies wil lyk as hulle tussen bars loop, ontmoet vriende. Ek voel soos die man uit die groot stad. Ek lyk soos die man wat sy klere in ‘n verskillende weg aantrek. Ek lyk nie modieus, niks besonders nie.
In een weg herinner Belfast my aan Baarle-Hertog en Baarle-Nassau. Klein stukkies land van een gemeenskap begrens die verskillende gemeenskap, vlae wat een groep aandui, wapper en op die ander eind van die straat wapper die ander s’n. Ken mense uit een groep mense uit die ander? Miskien nou is die situasie anders en hulle meng in dieselfde kroeê maar die vlae wapper trots nogsteeds en as besoeker uit ‘n verskillende deelte van hierdie land met ‘n aparte aksent sodat wil ek net na mense luister en leer.
Mense is baie vriendelik en wil weet waarvaandan jy kom, hoekom jy kuier ensovoorts. Beide Ierse gasvryheid teen en suspisie oor buitelanders. Miskien is ons te geïnterresseerd in die geskeidenis maar jy kan nie ons blameer nie; dié is die rede hoekom die land bekendstaan en die land probeer nie om alles te vergeet nie. Mense wil net die voordele van die vrede geniet.
Die beroemde Ierse sin humor vertoon homself in alles. Die stad is baie trots op die mees beroemde skip, RMS Titanic, uit haar skeepswerf wat op haar eerste en enigste vaart gesink het. Miskien stel die toeristebedryf ‘n groter belang in die skip as die mense maar toeriste stroom na die museum in die hawe behalwe vir ons wat nie genoeg tyd gehad het nie.
Buite die stad gaan ons Giant’s Causeway en Old Bushmills-distilleerdery besoek, twee van die grootste toeriste aantreklikhede in die land wat duisende besoekers uit veel verskillende land lok. Dit voel so anders om uit Londen to kom en die stilte en velde te geniet. Die openbare vervoer diens loop nie so dikwels soos in Londen nie, hoe anders dit voel om vir ‘n half-uur te staan en wag! Ek sit op die bus wat langsaan die kus ry, soos ‘n hond wat sy kop uit ‘n motorvenster hang en kyk uit oor die blou see en in die afstand die berge van County Donegal. ‘n Grens op die landkaart beteken niks oor geografie nie. Dis ‘n mooi uitsig en baie rustig.
Na die Titanic staan die land bekend vir Game of Thrones wat hier verfilm word en saam met Giant’s Causeway en Old Bushmills-distilleerdery kom toeriste om toere te vat om die lokasies te besoek langs die County Antrim kus. Die klein dorpies en hawes, kranse en verwoeste kastele herinner my aan Skotland. Jy moet sê, die regering het ‘n uitstekende beslissing gemaak om die televisie-reeks te onderhou en in retoer die miljoene ponde in belasting dit ontvang.
So genoeg van al die foto’s en woorde; gaan besoek en sien vir jouself.