Category Archives: Duitsland

‘n Paar dae in Duitsland

Toe ek ‘n student op universiteit was, het ek en twee vriende deur Europa gaan interrail. Ek weet nie hoe goed die spesifeike termyn interrail buite Europa geken word nie maar gaan na enige groot Europese stad in Julie en Augustus en jy sien ‘n groot aantal jonges uit veel lande wat op die perron met hul rugsakke vir ‘n trein staan en wag. Toe ek gegaan het, het ons in Hamburg vir ‘n paar dae gekuier. Destyds het ek baie min oor ander lande geken nie en ewe minder geld gehad dus kon ons almal nie veel maak behalwe om te suip nie.

'n Band speel onder die duisternis

‘n Band speel onder die duisternis

Afgelope week het ek na Hamburg retoer om by ‘n museikfees te woon. Ja, dis altyd dieselfde rede. Ons verwag dat Brittanje binne ‘n paar weke die EU sal vertrek so was hierdie besoek miskien een van die laaste keer dat ek so maklik sal kan reis. Die eerste ding dat ek besef toe ons beland het, is hoe opegwond ek voel. Die lughawe is vol mense wat gaan vlieg of aankom uit verskillende lande soos ek. Ek voel anoniem en ‘n deelte van hierdie klompie reisende mense op hul weg met planne. Ek voel dat daar ‘n gemeenskap mede-Europiërs is, waarvan ek ook ‘n lid is. Ek is Brit en Europees en gelukkig daarmee; ander mense mag hulself in ‘n verskillende weg beskryf.

Hamburg hoofstad waar reisigers kom en gaan weg

Hamburg hoofstad waar reisigers kom en gaan weg

In die aand gaan ek en ‘n maatjie uit Estland (ek het net nou gesê dat ek Europees is) na rock bars op die Reeperbahn. Dis ‘n vreemde straat en area. Die toeriste en jonges is volop in die bars, wie sit en drink en gesels. Terselfdertyd staan die area ter die wêreld bekend vir prostitusie en nadat die sononder staan veel jonge meisies op die hoeke en strate, veral Herbertstraße, wat met die verbygangers wil praat om besigheid te verkoop. Dis wettig en vreemd. Jy sien klompies jong manne wat al hul geld in hierdie manier sal verloor. Jy stap uit die bars en die meisies stroom onmiddellik soos roofdiere na jou, wat baie ontstellend is. Dis nie cool nie en die vrou wat die rock bar beheer, sê vir ons ‘n bietjie oor die lewe in die gebuurt en haar ervarings. Maar kom besoek en dan gaan weg.

Die polisie stasie op die Reeperbahn

Die polisie stasie op die Reeperbahn

Hamburg homself is skoon en netjies en die u-bahn loop sonder probleme. Ek hou baie van die groot hoofstasie. Dis baie pragtig, baie oop en vol lig. Hier sit ek en eet en kyk hoe die reisigers verby loop om hul trein te vang. Ek skryf poskaarte – ja ek skryf nog steeds poskaarte elke keer ek gaan weg – en probeer om ‘n bietjie Duits te praat. Ek het baie geniet om Duits te praat en alhoewel ek nie goed praat nie, kon ek ‘n gesprek met ‘n paar Duitsers in ‘n bar hou. Ek voel baie gelukkig. In die winkels en restaurante praat die verkoopmanne en verkoopvroue Engels want jy besef dat feitlik veel reisigers praat min Duits en die Duitsers is te besig om gratis lesse in hul taal uit te gee. Ja, hoe snaaks; jy wil praat maar hulle wil nie só doen nie. Soos altyd vind ek geen mense wat Afrikaans of Esperanto praat nie, maar maatjies hou van my Van Coke Kartel t-hemp wat altyd baie rock’n’roll in die buiteland (welke een?) lyk.

Die duikboot in Hamburg

Die duikboot in Hamburg

Ek loop in die hawe en neem ‘n toer van ‘n duikboot. Ek is gelukkig dat ek nooit diensplig moes gedoen het (feitlik die waarheid is ek vermoed dat ek dit baie sou geniet het) want daar is altyd die geleentheid dat jy op ‘n duikboot moet diens. Dit is te klein, te warm, te gewaarlik en te beknopte met die dreigement dat jy gaan verdrink. Dis soos ‘n hel onder die see maar interessant genoeg om te ontdek dat ek weet ek wil nooit weer daarin stap nie.

FC St Pauli, dié span wat jy in Hamburg onderhou

FC St Pauli, dié span wat jy in Hamburg onderhou

Ek wil nou terug gaan, om deur Europa te ry in lande waar ek nie die tale praat nie waar ek niemand is. In die komende weke maak ek ‘n paar besoeke na verskillende lande. Ek hoop ek sal ‘n bietjie taal keer maar ek weet ek sal nie. Ek sal net op my geheime kennis moet afhang want ek ken meer as ek dink. Dié wat in die politiek gaan plaasvind is nie belangrik nie. Net om daarso te kom en om te probeer gesels is die doel.

Ek was weg maar nou is ek terug

Jammer dat ek so stil gewees het, het ek onlangs ‘n bietjie sukkel om in Afrikaans te dink. Ek gebruik dit so selde dat soms vind ek dit baie moeilik om myself uit te druk. Ek weet wat ek wil sê maar weet nie hoe om dit te sê nie. Hoe min ek praat, hoe moeilik om te praat.

Twee naweke gelede het ons na Sonisphere Festival in Stevenage toe gegaan. Dis ‘n groot rock en metal musiekfees buite Londen waat ek verlede jaar ook bygewoon het. Dit was baie pret maar ongelukkig was ek baie moeg en ook het my selfoon verloor toe ons The Cult gekyk. Ek weet nie of iemand het dit gesteel of het dit buite my sak geval. Gelukkig het ek verskering gehad en vandag ek het my vervanging ontvang maar dis ‘n groot hassle om alles uit te soorteer. Ek het veral Rammstein, The Cult en Kylesa geniet en ek sal beslis volgende jaar terug gaan. Stevenage lê ‘n uur se ry noord van Londen af dus kon ons elke dag ry wat veel makkliker en sneller was.

Verlede week was my groot vakansie. Elke keer is dit diselfde, ek gaan na België en Duitsland toe om musiekfeeste by te woon. Vanjaar het ek die Eurostar Brussel toe geneem en toe na Gent om by ‘n Vlaming vriend te kuier. Eers het ons – en veel ander vriende – na Lokerse Feesten toe gegaan om The Sisters Of Mercy te sien speel, wat fantasties was. Soos jy weet, is hulle die greatest rock’n’roll band in the world. Omdat ons elke jaar of elke toer gaan, ken ons veel ander mense uit veel verskillende lande wat ook saam kom so dis cool elke jaar om almal weer te sien en om saam uit te hang. Musiekfeeste in België, veral in Vlaandere, is altyd baie pret.

Toe het ek Ieper toe gegaan om die Menenpoort te sien. Dis baie treurig om te sien al die name van die soldate uit die ou Britse Rykdom wat gesneuwel het en Ieper is baie trots en dankbaar op hulle. Ieper is ‘n mooi Vlaamse dorpie maar ongelukkig kon niemand my verstaan toe ek Afrikaans/Nederlands met hulle probeer praat dus moes ek net Engels praat. Miskien is my uitspraak baie verskriklik.

Eintlik, dis snaaks want ‘n Afrikaanse vriend was onlangs in Brugge en hy en sy girlfriend het Afrikaans met almal gepraat maar die Belgs het hom gevra of hulle Nederlanders was weens hulle vreemde taal. Ek het my Vlaamse vriend gevra of hy van Nederland hou en hy het gesê dis okei maar dis vol Nederlandse mense. Dis ‘n vreemd antwoord as jy buitelander is maar ander Vlaminge vriende dink dieselfde oor hulle mee-Nederlandtaliges (regte woord?); hulle hou van die taal maar Nederlanders en Vlaminge is twee aparte nasies.

Toe het ons na M’era Luna Festival in Hildesheim in Duitsland toe gery om die Sisters weer te sien. Op pad het ons deur ‘n dorpie buite Maastricht gery wat op die grens tussen België en Nederland lê. Daar’s geen verskil tussen die twee dele van die dorpie en die enigste aanwysing dat jy in ‘n verskillende land is, is die klein grenspale by die paaie. Ek het ook vergeet net hoe groot Duitsland is en sentraal Duitsland is vol dik bosse, heuwels (maar nie so groot soos berge nie) en diep valleie. Dis ‘n baie mooi land en in die sommer raak dit baie warm. Die fees was baie pret en ons het lekker gejol en gesels en gemosh – ja, ek is vyftien jaar oud!

En nou is ek terug en môre begin ek weer studeer.

'n Huis in Ieper

Die huis in Ieper van Jeroom Leuridan, Vlaamse kampvegter en politikus

Suid-Afrikaanse soldate wat gesneuwel het

Suid-Afrikaanse soldate wat gesneuwel het

Die Menenpoort

Die Menenpoort

'n Grenspaal tussen België en Nederland

'n Grenspaal tussen België en Nederland, van die Nederland se kant af

The Cult

The Cult

The Cult

The Cult

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

The Sisters Of Mercy

België en Duitsland

Ek ry vanoggend Brussel toe met die Eurostar vir vier dae in België en Duitsland. Ek gaan met vriende twee musiekfeeste in Lokeren in Vlaandere en in Hildehesheim buite Hannover bywoon. Ek het nou ‘n week verlof en volgende week moet ek weer begin studeer so soos altyd wil ek my Afrikaans en Duits probeer praat.