Category Archives: Alexander

In Frankryk hoor niemand jy Afrikaans praat nie

Nadat ek terug van Gran Canaria gekom het, koop ek ‘n vliegkaartjie na Nice in suid-Frankryk. Ek het hieroor begin skryf maar ek besef dis nie so interessant soos ek sou verwag nie – ek het hierdie gesien, ek hierdie geëet, ek het hierdie mense ontmoet ensovoorts.

Die palmbome in die pad merk die grens tussen Monaco (links) and Frankryk (regs)

Die palmbome in die pad merk die grens tussen Monaco (links) and Frankryk (regs)

Wat ek geleer het, is dat ek verkies om op ‘n goedkoop, lo-fi vakansie te gaan. Ek gee nie om oor lekker hotels en restaurants nie so dit volg dat ek daarvan hou om op my eie te gaan reis. In die hostel was ek heeltemal anoniem, nog ‘n ander reisiger op ‘n goedkoop reis. Die personele vra niks oor jou nie, hulle is meer besig met die jonges wat toers met hul splinternuwe vriende wil boek.

Die hawe van Monaco vol miljoenêre se seiljagte

Die hawe van Monaco vol miljoenêre se seiljagte

Eintlik was ek beïndruk met die jonges veral dié uit Australië of Amerika wat vir ‘n paar week gaan reis. Hulle lyk onbevrees en so pret om nuwe ervarings te geniet en nuwe makkers onder hul medereisigers te maak. Ek wens ek het hulle gehoud gestalte het toe ek as jong gaan reis het.

Wil jy in hierdie tipe dorpie bly? Net buite Nice

Wil jy in hierdie tipe dorpie bly? Net buite Nice

Ek was die mees gelukkig toe ek saans op my eie op die strand met ‘n blikkie gesit het, deur die stege vol bars en restaurants gedwaal het of toe ek uit die trein se venster uit kyk. Hoe mooi lyk die kus en hoe helder skyn die blou see. Ek verstaan hoekom soveel mense wil in hierdie area aftree. Ek wil terug gaan en ontspan ver van almal wat ek ken.

Nice, Frankryk

Nice, Frankryk

Wat pret was, was om per trein aan verskillende lande toe te gaan. Ek wou Monaco sien en toe die volgende dag vat ek die trein na Ventimiglia in Italië toe vir middagete. Ek dink hoe die inwoners voel as toeriste soos ek kom na hul stede toe en swerf die paaie en neem kiekies van hul huise, hul gewoonbuurt. Ons praat nie hul taal nie en sukkel in die restaurants om te bestel. Is hulle trots om in so pragtige dorpies to woon, waarheen buitelanders kom om te verwonder en om te droom om hier te bly.

Die strand van Nice

Die strand van Nice

Soveel Suid-Afrikaners kom na Londen en gaan op die naweek na Europa en ek weet nou net hoe maklik dit is, as jy die geld het en alles wil reël, om weg te gaan ontdek. Ek besluit nou om geld te spaar sodat ek later in die jaar weg kan gaan. Miskien volgende keer gaan ek ‘n paar op die treine deur die lande reis. Ek is nie ontdekker of reisiger nie maar ek wil nou meer van Europa sien. Dit raak nie saak as ek nie saam mense nuwe mense gesels nie, daar is soveel meer op my eie te siene.

Ventimiglia in Italië

Ventimiglia in Italië

Ek moet seker ‘n toeristgids koop met die basiese uitdrukkings en woorde in die inheemnse taal sodat ek ‘n bietjie kan kommunikeer. Niemand blyk Afrikaans te praat nie, die hele besoek het vir my bevestig.

Gedagtes op my vakansie

Ek sukkel nou om my onlangse vakansies te onthou, dit voel so ver in die verlede. Soos ek geskryf het, het ek besluit om na Gran Canaria toe te gaan in plek van om interrailing te doen. Ek was onseker oor wat ek rerig wou doen en dus besluit het ek wou net op die strand in ‘n afgeleë eiland sit en ontspan. Dit vraag is, was dit die regte beslissing?

Gran Canaria is seker ‘n pragtige vulkaanse eiland. Dis vreemd om op ‘n deelte van Spanje in die Atlantiese Oseaan te bly, ver van die Europese vasteland en nader aan Afrika. Dit voel soos Europa maar daar’s ‘n klein noord-Afrikane bevolking uit die ou Spaanse gebeid van Wes-Sahara en ook uit Suid-Amerika.

Sononder op Gran Canaria

Sononder op Gran Canaria

Ek wou al die ander Britse toeriste vermy en nadat die vlieguit toe ek langsaan ‘n klompie okes sit wat dukgesuip geraak het, dink ek ek reg gekies. Toe was ek onseker. Op ‘n paar keer het ek soos Napoleon gevoel, ‘n banneling op ‘n eiland in die Atlantiese Oseaan sonder ander mense om mee te gesels. Eintlik voel dit goed om op my eie te bly, om veel te lees en onder die son te lê. Saans sit ek op die strand te die son gaan onder en kyk uit oor die see. Probleme is ver weg en niemand kan my kontak nie.

Die Katedraal de Santa Ana, Las Palmas

Die Katedraal de Santa Ana, Las Palmas

Ver van die toeriste-oorde praat mense min Engels wat ‘n probleem was want ek het soveel Spaans vergeet wat ek op skool geleer het. Ek besef hoe sonder om die plaaslike taal te kan praat voel jy baie alleen.

Enver Hoxha se doppelganger

Enver Hoxha se doppelganger

Toe ek in stad begin ontdek en die geskeidenis leer voel ek meer soos ‘n resiger. Die Casa de Colón – die stad is verl trots op Christophorus Columbus se verblyf in Las Palmas tydens sy ontdekkingsreise na Amerika – en die Katedraal de Sanata Ana is van die bermoedste toerisme-aantreklikhede op die eiland. Daardie area, die ou stad, was meer interessant as die stand-gebied vol hotels waar ek bly. Die geboue en klein strate voel soos tipiese Spanje van die poskaarte en toeristegidse.

Protes teen Spaanse oorheersing

Protes teen Spaanse oorheersing

Ek wou seker die Kanariese Eilande weer besoek maar met ander mense. Ek dink ek verstaan nou die lok van die toeriste-oorde as jy net in die son wil lê. Dis makliker en geen tipe vakansie is beter die ander nie. Ek wou die ander eiland-groepe in die Makaronesië argipels soos Kaap-Verde, ‘n plek meer uitheems en wild. In agternawysheid was ek onseker wat ek wil doen en ek dink nou ek wou gaan ontdek. Nadat ek terug gekom het, het ek ‘n vliegkaartjie en hostel geboek en weer weg gegaan.

Vakansie is nou geboek

Ná my vorige pos oor vakansie gedagtes, het ek uiteindelik ‘n beslissing gemaak en ‘n vakansie geboek; ek vlieg oormôre na Gran Canaria in die Kanarie Eilande. Ek het besluit dat ‘n afgeleë eilandgroep in die Atlansiese Oseean ‘n baie mooi idee klink.

Ek het besluit dat ek wil net in die son sit en ontspan. Ek wil nie treine moet vat nie, ek wil nie haastig wees nie en dink oor waar ek wil vir die nag bly nie. Dis nie die avontuur wat ek oorspronlik beplan het nie maar dit sal my eertse besoek na Spanje wees. Miskien sal hierdie besoek inspireer my om Spaans te leer. Ek skryf elke jaar hierop oor planne om tale te leer. Ek weet ek sal dit nie doen sonder ‘n goeie rede om te wil leer nie.

Ek lees nou aanlyn oor wat ek kan doen behalwe net om in die sonskyn rond te loop. Daar is ‘n paar rock metal pubs en buite die Las Palmas is daar veel natuur om te siene en duine om op te klim. Om op my eie op vakansie te gaan sal ‘n bietjie vreemd voel en soos ek vooraf geskryf het is ek ‘n bietjie bang oor om nuwe mense te ontmoet. My idee van gesels en klets is nie dieselfde as ander mense s’n nie! Natuurlik is ek ook ‘n bietjie bang oor al die ander Britse toeriste maar hopelik is alles ‘n bietjie stiller as in die somer so sal mense ‘n bietjie ouer en stiller wees.

Ek dink nou oor ‘n ander kort vakansie in Mei miskien na Lissabon, en dan sal ek al my geld spandeer het en sal moet begin spaar.

Planne vir vakansie

Ek het al maande lank beplan om hierdie maand te gaan reis – okei, op vakansie as ek die waarheid sê, ek is nie reisiger nie, ek ontdek nie verlore lande nie – maar soos ek vermoed het, het ek geen planne gemaak oor wat ek gaan doen nie. Ek het ‘n bietjie navorsing oor uitheemse lande soos Indië en Kaap Verde gedoen, hulle klink lekker, maar toe het ek nie ‘n beslissing gemaak nie.

Dit lyk nou ek sal nou InterRail doen, dis ‘n geleentheid om ‘n paar nuwe Europese lande te besoek. Dis die soort ding wat tieners en studente doen en aangesien dat ek veel ouer is, is ‘n bietjie bekommerd dat ek soos ‘n oud, vreemde Engelsman sal lyk wat aandring om met die jonges uit te hang.

Ek het nou net meer as een week om kaartjies te koop, besprekings te maak en roetes te kies. Ja, ek is ‘n bietjie senuweeagtig om alleen in nuwe lande te gaan reis. Ek dink oor hoe verveeld en hoe moeg sal ek raak. Hoe maklik sal ek gesels met onbekende mense? Ons het ‘n idee oor onsself oor hoe ons in nuwe en onbekende situasies sal reageer. Ons hou daarvan om te dink ons sal skielik verander en sal ‘n sosiale en vol vertroue mens word. Ons sal die tipe mens word wat ander mense wil ontmoet en sal veel nuwe makkers lok – “Women want him, men want to be him”. Ja, asof!

Hierdie maande is stiller as in die somer dus sal daar minder ander reisigers (okei, die regte woord is “toeriste”) op die treine wees. Daar bestaan die vermoede dat ek in veel trein stasies sal rond dwaal as ek vir my treine wag en vra myself, hoekom het ek nie ‘n kaartjie na Tenerife gekoop om net in die son te lê en te ontspan nie?

Sint Patricksdag

Die vlag van Montserrat bo-op die Foreign and Commonwealth Office

Die vlag van Montserrat bo-op die Foreign and Commonwealth Office

Toe ek gisteroggend op Whitehall na werk toe gestap het, het ek die nasionale vlag van Montserrat, een van die Britse oorsee gebiede in die Karibiese See, bo-op die Foreign and Commonwealth Office gesien. Sint Patrick dien ook as die eiland se beskermheilige so soos Ierse dwarsoor die hele wêreld, en ook die hele wêreld selfs, vier die eilandbewoners die dag. Ek dink min mense het geweet hoekom die vlag wapper of gesien.

Ja dis nie die beste foto nie en jy moet my woord glo dat dit eintlik die regte vlag is en dat dit vir sommige rede interessant is. Ek weet nou dat ek nooit ‘n begaafde fotograaf sal word nie wat geen verrassing is nie. Ek is net die tipe oke wat onmerkwaardige foto’s vir blogs neem net soos die res van die wêreld op die internet maar foto’s wys iets interessants.

Niks om oor te skryf nie

Ek sukkel op die oomblik om onderwerpe te vind, om oor te skryf. Wel, ek het een goeie onderwerp waaroor ek wil skryf maar dis lank en ek dink om die artikel na ‘n die gratis koerant in te dien as dit goed genoeg is. En as ek dit in die waarheid skryf, so ek moet nie vertraag nie.

Ek het voorheen geskryf oor hoe ek ander sprekers wil vind maar my pogings met Suid-Afrikaanse sosiale groepe in Londen het tot dusver tot niks gelei nie wat ‘n teleurstelling was maar was nie ‘n groot verrassing nie. Ek dink veel ex-pat groepe het dikwels ‘n fokus op “rugby, braai en rugby trui” maar ek stel belang in tale.

Miskien sal ek meer sukses hê indien ek nou die ander, nie-Suid-Afrikaanse groepe vra of daar enige sprekers is onder die groepe vir mense wat vreemde tale praat. Daardie tipe groepe word natuurlik nie so gesluit aan eksterne belangstellendes nie.

‘n Paar week gelede het ek en ‘n paar Suid-Afrikaanse vriende ‘n soort Afrikaanse nag gehou toe ons almal net Afrikaans vir die hele aand praat. Daardie was ‘n goeie geleentheid om te oefen en dit is beslis makliker om te reël as om Suid-Afrikaanse groepe vir hulp te vra.

Veel Engelse Suid-Afrikaners sê dat hulle nou veel meer Afrikaans in Londen praat as toe hulle in Suid-Afrika was. Dit word ‘n tipe geheime taal sodat ander mense nie kan verstaan nie maar persoonlik wil ek nie onbeskof oor ander mense wees nie wat verstaan nie. Taal vir my is oor kommunikasie met ander mense en ek wil nie mense vervreem nie.

Afrikaans het alreeds genoeg negatiewe konnotasies oor homself. Mense verdink gewoonlik dat jy onbeskof oor hulle wees as jy skielik Afrikaans of ‘n ander taal begin praat. Ek wil vir almal oor die taal sê maar dis reeds moeilik met Suid-Afrikaners so weet ek min hoe mense belangstel.

Een van my oom se kinders bly al ‘n paar week lank in Londen en ek het alreeds vir haar gesê dat sy haar Afrikaans moet oefen voor ons ontmoet. Sy vermoed my Afrikaans is beter as haar s’n (dis waar, ek praat veel beter) maar soos almal wat vreemde tale praat, moet jy enige geleentheid gryp en oefen, en moenie oor die foute omgee nie. Hoe verduidelik jy vir mense dat hulle nie bang moet wees oor om een van hul land se tale te probeer praat nie?

Die Antwoord

Gisteraand het Die Antwoord by Brixton Academy gespeel so natuurlik het ek ‘n kaartjie gekoop. Ek kan nie sê dat hulle my gunstelinge Suid-Afrikaanse band is nie – Fokofpolisiekar is – maar ek luister ‘n bietjie na hul liedjies en hulle is mos baie pret as hulle speel live, heeltemal gek, belaglike okes.

Die gig was uitverkoop en die menigte was ‘n mengsel van Suid-Afrikaners, jong mense (hulle lyk vir my jonger as dié by rock en metal gigs, of word ek nou veel ouder), en ‘n paar ravers en cyberkids (onthou hulle?).

‘n Klompie Suid-Afrikaners het langsaan my gestaan gedurende die gig en een van hulle draai tot my en vra in Engels of ek weet wat hulle sing. Ek kyk na hom en sê ‘n paar woorde in Afrikaans en hy is toe baie verras; ja wel, ek het sy reaksie bae geniet. Hy sê hy het vooraf gedink dat ek Engels is – wel ja, ek is. Ons gesels toe in Afrikaans ‘n bietjie oor musiek en hy sê hy is Engelstalig maar was op ‘n Afrikaanse hoërskool dus praat hy baie goeie Afrikaans. Die meisies met hom vra of hy my pla miskien want hulle suip en ek drink nie maar nee, ek waardeer altyd elke geleentheid om die taal te praat.

Miskien was my fout om nie ‘n bietjie meer spraaksaam te wees nie. Ek moes subtiel op ‘n konversasie aandring en uitvind of daar enige ander Afrikaanssprekers is. Ek is te matig, te Engels, wanneer ek sou net mense oor hulself vra. Ek vind geen sprekers deur só te gedra en ek weet hoe moeilik dit is nou sonder om elke keer te gryp.

Hier is ‘n paar foto’s wat ‘n vriend afgeneem het. Ja ek steel hulle, ek eis hulle nie as myne nie. Ek was te besig aan die Afrikaans te praat as om kiekies af te neem. Baie dankie Eve.

Ninja van Die Antwoord

Ninja van Die Antwoord

Yolandi Visser van Die Antwoord

Yolandi Visser van Die Antwoord

‘n Paar dae se vrywillige werk by ‘n sentrum vir daklose mense

Ek het nou al ‘n paar dae lank by Crisis in ‘n sentrum vir daklose mense gevrywillig tydens die Kersfees vakansie waaroor ek vroeër geskryf het.

Crisis at Christmas

Crisis at Christmas

Onder the gaste – soos die daklose mense genoem is – sien jy daar’s twee tipe dakloosheid. Een groep is langtermyn, hulle lyk moeër en ouder soos jy sou miskien van mense dink wat op die straat smeek of rond dwaal. Hulle is hoofsaaklik Brits of Iers. Die ander tipe kan soos tydelike dakloosheid beskryf word. Hulle het byvoorbeeld werk verloor en nou sukkel om ‘n permanente woonplek en nuwe werk te vind. Hulle lyk soos jy en ek en daar is aantal buitelanders onder hulle, mense wat Londen toe vir werk gekom het. Die tekens is in ook Romeens, Rus en Spaans geskryf en hulle het nodig vreemdetaalsprekers onder die vrywilligers. Eritrese asiel soekers praat Tigrinya, Indiërse studente praat Hindi en Brasiliane praat Portugees in die tou terwyl hulle wag om hulp te ontvang.

Die aspek waarvan ek hou is dat ek ander vrywilligers uit soveel verskillende agtergronde ontmoet. Hierdie is vir my baie belangrik. Hoekom wil ander mense doen dieselfde ding doen wat jy wil doen? Daar’s ‘n groot reeks mense. ‘n Paar is afgetrede mense wat praat stil-stil oor die aantal immigrante onder die daklose mense – hulle is nie verantwoordlik vir die probleem nie en kom nie hierso juis om te bedel nie.

Daar’s studente wat vroeg in die oggend opgestaan het om die vroegste trein te neem om heen te kom. Daar’s mense wat ook ‘n paar dae verlof daarvoor geneem. Daar’s Sjinese studente wat lede van ‘n kerk is en soek maniere om ander mense te help. Ons almal gesels lekker en deel ons redes en stories terwyl ons staan of sit en wag en ons pligte doen.

Ek herken ‘n paar ander vrywilligers en organiseerders uit afegelope jare toe ek ook gewerk het en daar’s ‘n ware gemeenskap en vriendskap. Sommige vrywilligers werk elke Kersfees nou al jaar lank, wat die mees indrukwekkend is. Hulle wil elke jaar terug kom en hulle ken ‘n bietjie sommige gaste en hul agterstories oor hoekom hulle nou dakloos is. Hulle is dikwels oop oor hoekom hul lewes só uitgedraai het, die resultaat van óf alkohol óf dwelms. ‘n Paar verduidelik hoe hul destydse gedrag onaanvaarbaar was wat tot hulle huidige situasie gelei het.

Die sentrums – daar’s ‘n paar ander in Londen – bly oop net vir tien dae voor al die gaste gaan terug aan hulle lewes en stryde. Jy dink oor hoeveel sal hulself buite hul huidige situasie ontkom, wie gaan werk kry en ‘n woonplek. Ek loop vandag in Londen en sien weer mense wat op die strate sit en slaap. Hulle dra veel klere en slaapsakke om hulself van die koud te beskerm en vra verbygangers vir kleingeld. Sommige slaap rof agter kantoors, in kantstrate of op sitbanks, sommige betaal vir ‘n bed in hostels. Dit hang af van hoeveel geld hulle het of wat hulle verkies doen. Dis nie ‘n mooi lewe nie.

Ek het hierdie jaar se ervaring baie geniet en waardeer hoe gelukkig ons is dat nie op die strate is nie. Ek beplan nou om aanstaande jaar meer dae te vrywillig. Dis ‘n goeie weg om ‘n paar dae se verlof te spandeer veral as ek nie veel ander dinge hê om te doen nie. Ek sou huigelaar wees indien ek vreet en suip oor die vakansietyd terwyl ek terselfdertyd oor dakloosheid preek.

Soms vermoed jy dat in die waarheid is die hele sentrum en aktiwitiewe vir die voordeel van die vrywilligers verskaf, wat iets soek om gedurende die vakansietyd te doen sodat hulle nie by hul families mag kuier nie, maar ons is gelukkig om daardie opsie te hê. Ongelukkig is dit nodig dat ons vrywillig en geld skenk sodat ons dakelose mense kan ondersteun wat geen keuse nie.

Die vakansie kom nader

Kersfees kom vinng nader en ons almal begin dink oor wat ons oor die tydperk wil doen. Ek gaan nie by familie kuier nie. Ek bly tuis saam met my kat en sal niks doen nie; kyk na die televisie, gaan na die bioskoop toe, drink tee, dwaal oor die stad en vryillig ‘n bietjie by ‘n sentrum vir daklose mense. Hierdie is die derde keer dat ek vrywillig en dit laat my dink oor die groter gemeenskap en hoe ons ‘n bietjie kan doen om ander mense te help.

Een ding wat jy nou meer en meer merk is die hoeveelheid daklose mense wat op die strate and paaie bedel of wat The Big Issue verkoop. Hierdie situasie groei al ‘n paar jaar lank en die vrywillige sektor moet meer en meer elke jaar doen om mense te ondersteun.

Ek dink oor wat ons rêrig bereik. Al die vrywilligers wil die gaste (soos hulle genoem word) help en die sentrum gee raad oor werk, akkommodasie, om geld en ander voordele te eis ensovoorts. Hierdie tipe werk – die vrywilliger sektor – is die tipe inisiatiewe wat die huidige regering wil bevorder om plaaslike oplossings te identifiseer en te implementeer. Die vraag is, bestaan hierdie tipe oplossings want die regering verkies om min te doen of want die vrywillige sektor kan voordele beter as die regering kan, implementeer? Kom die nodigheid vir hierdie tipe oplossings – want soeveel mense op die vrywilligers af hang – uit die regerings se beleide?

Ons kan ons eie bydra maak maar ons wil eerder die dag sien wanneer dit nie meer nodig is nie.

Min sukses

Ek het vroeër geskryf oor my pogings om ander Afrikaanssprekers in Londen te vind. Ek het boodskappe aan ‘n paar Meetup groepe gestuur aangesien dit blyk amper die enigste weg te wees vir mense om sosialisering te organiseer; dis te vreemd om nuwe mense op Facebook te probeer om te ontmoet.

Ongelukkig is twee groepe baie stil of dood. Ek het terug gehoor van die ander wat die mees besig is en wag nou om ‘n lid te word sodat ek kan vra of iemand belangstel. Ja, alles is baie gekompliseerd en ek verstaan hoekom mense ten slotte opgee.

Die Suid-Afrikaanse koerant in Londen het onlangs verander en nou publiseer geen Afrikaans nie. Eintlik die koerant lyk nou meer soos ‘n vroulike lyfstyl tydskrif vol gesindikeerde nuus en artikels oor restaurante. Okei miskien is ek ‘n bietjie ru maar dis baie frustrerend as jy entoesiasties vir die taal is.

Ek dink elke jaar skryf ek oor hoe ek hierdie jaar nuwe mense wil vind en elke jaar vind ek niemand. Miksien maak ek die verkeerde tipe poging, soek in die verkeerde plek en dan volg ek nie die spore op nie. Die blogosfeer lyk nou baie stil – of miskien stel niemand belang in myne nie, die bliksems! Intussen sal ek net aanhou leer en lees soveel soos ek kan vind. Een dag sal ek dalk nodig hê om dit te praat.

Rugbywêreldbeker

Ek het onlangs aansoek vir Rugbywêreldbeker kaartjies gedoen en ek is gelukkig dat ek twee kaartjies gekry het; vir Kanada teen Romanië en Argentinië teen Namibië. Ek is vernaamlik baie gelukkig oor die kaartjie vir die Namibië wedstryd, ek wil al lank tyd hulle kyk.

Die kaartjies vir hierdie wedstryds was nie te duur nie. Ek was nie bereid om veel te betaal nie. Ek is nie so groot ‘n fan dat ek veel wil betaal nie. Ja, ek waardeer hierdie kompetisie vind net elke vier jaar plaas en ja die beste spanne ter wêreld speel. Dis nog baie duur. Mense het oor die prys vir kaartjies vir die Olimpiese Spele gekla – mense wil oor amper alles kerm – en die Voetbal Wêreldbeker kaartjies was ook baie duur. Niemand verwag om soveel vir rugby kaartjies te moet betaal nie.

Rugby word beskou – en beskou homself – as alles wat nie voetbal is nie. Die spelers se gedrag is beter. Die fans is beter; hulle vloek en veg nie (die idee is dan dat dit alles is wat ons voetbal fans doen). Die sportsmangees sykn in die duisternis van geld en gierigheid. Op die een kant het hulle ‘n punt en voetbal kan veel van hulle leer. Die kritiek het waarde.

Almal wil die groot spanne kyk – Nieu-Seeland, Australië, Suid-Afrika en Engeland. Hulle is uitstekende spanne en as ek ‘n kaartjie kon kry, sou ek beslis gaan. Maar ek stel belang in die klein spanne. Vir ek, dis die gees van die sport om spanne te ondersteun die wat nooit sal wen nie. Dis nie asof einge span behalwe Nieu-Seeland sal die kompetisie wen nie.

Op soek na Afrikaanssprekers

Elke paar maande dink ek oor hoe ek nuwe geleenthede kan kry om Afrikaans te praat. Dis goed om te lees en te leer maar sonder om te praat verloor ek my woordeskat. Toe ek laas met Afrikaanssprekende vriende uitgehang het, het ek min Afrikaans gepraat. Soms voel jy dis net makliker om net Engels te praat sodat almal kan verstaan.

So, hoe vind jy ander sprekers in ‘n stad? In teorie is die antwoord die internet. ‘n Bietjie soos internet dating is daar webblaaie waarop jy kan (weer, in teorie) ander mense wat dieselfde stokperdjies het so as jy van rekenaar spele hou of wil ander perdryers vind kyk jy op Meetup byvoorbeeld.

Die probleem is dat Afrikaans ‘n klein taal is. Dis maklik vir leerders van Spaans byvoorbeeld, dis ‘n wêreld taal vol leerders uit elke land en in elke stad. Afrikaans is klaarblyklik nie so populêr nie en jy vind selde ander leerders. Dus soek jy op Suid-Afrikanase kuierplekke soos die koerant en die sosiale groepe vir ex-pats.

Die probleem soos ek op veel keer gesê het, is dat in die buiteland Suid-Afrikaanse kultuur uit braai, rugby en rugbytrui bestaan. Ek probeer nie om lid van hierdie groep word nie; ek kyk soms rugby of braai met Suid-Afrikaners maar ons is vriende en ander nie-Suid-Afrikaners kom saam. Nee, ek dink mense erken dat ex-pat groepe ‘n spesifieke rol het vir dié wat ver van hulle land is en jy sou ‘n bietjie vreemd lyk as jy vra om aan te sluit. Ek probeer nie om Suid-Afrikaner te wees nie – ek is nie, dis my pa wat uit die land kom – en soms toe ek met Suid-Afrikaners gesels het, voel ek dat hulle ‘n bietjie suspisieus oor my motiverings is. My motivering is net om Afrikaans te praat en te verbeter.

Daar’s ‘n paar Suid-Afrikaanse sosiale groep in Londen wat ek gevind het so skryf ek ‘n boodskap en verduidelik dat ek ander sprekers soek en vra of miskein het hulle lede (of ken hulle mense) wat dalk kan help. Ja, dit voel baie soos internet dating met jou eerste boodskap en jy wil hê nie dat jy baie vreemd lyk nie. ‘n Kort boodskap wat hulle uitnooi om te beantwoord. As jy soek nie, vind jy nie. Ek wag nou tot om terug te hoor.

Die enigste ding tans is Skotland

Dis nou net een week voor die referendum in Skotland en die vlag van Skotland, die Andreaskruis, wapper bo-op die regeringgeboue op Whitehall langsaan die Unievlag behalwe in die foto bo.

Sononder op Whitehall

Sononder op Whitehall

Ek het gisteraand hierdie kiekie afgeneem toe ek op Whitehall geloop het nadat ek die werk vertrek het. Die regering en politici dink hierdie sal die kiesers ompraat om Nee te stem, deur vir hulle te wys ons is so baie lief vir hulle. Dit was sononder en die lig het begin om te verdwyn en daardie gebou, die Foreign and Commonwealth Office, is in die skaduwee gegooi. Dit lyk daar’s ‘n sterk kontras tuseen die kleure; blou en sonlig van Skotland en ‘n sonnige toekoms, en die anoniem donkerheid van die huidige oprigting en die historiese imperiale onderneming. Dis klaarblyklik ‘n metafoor daarbinne oor die toekoms van die Verenigde Koninkryk en die keuse en onbekende uitslae wat voor ons lê. Dit is ook vanselfsprekend dat ek baie lief vir my foto is.

Terselfdertyd vra Noord-Ierland, Wallis en amper enige area in Engeland buite Londen en die suid-oos wat hulle hoef doen om te hê dat hulle ‘n bietjie aandag sou kry. Waar is hulle vlae en beloftes vir groter self-regering, waar is die nuwe idees om die ander dele te transformeer?

Ek hoop Skotland sal stem vir om binne die Vereeniging te bly maar ek verstaan hoekom veel ander wil die kans van onafhankikheid gryp. Maar ‘n Nee stem sal amper niks bedoel sonder om elke deel van die land te heeltemal verander.

Gister se rugby

Gister het ek na die London Double Header by Twickenham toe gegaan toe om twee wedstryds tussen die vier Londense rugby spanne te kyk. Dis baie pret, die kaartjies is goedkoop en die atmosfeer is vriendelik. Ek het vooraf op ‘n paar keer gegaan, soms op my eie en soms met vriende.

Rugby in Londen lok ‘n sekere tipe mense en daar’s altyd veel Suid-Afrikaners wat trots hulle Springbok trui dra. Ek dink jy sien meer Suid-Afrikaners as Australiërs or Nieu-Seelanders op hierdie wedstryds, seker sien jy meer truie.

So gister toe ek ingekom het, het ek ‘n oke (wat ten minstens vyftig jaar oud) gesien wat ‘n Rhodesiërse weermag rugby trui dra. Dit herinner my oor ‘n paar jaar gelede by Sonisphere toe iemand die vlae van die Republiek van Rhodesië en die oud Suid-Afrikaanse vlag gewapper het.

Ek vra hoekom ‘n mens hierdie sou doen. Hy weet niemand weet wie die span is nie en dat niemand niks sal sê nie. Miskien was hy in die verlede ‘n Rhodesiërse soldaat en is trots op sy oud land. Ek kon amper daardie argument ‘n bietjie volg – dat hulle trots op die land van hul jeugd was; maar dis soos mense wat aandring om die oud Suid-Afrikaanse vlag te wapper. Weet hulle nie dat meeste mense glo hulle was verkeerd en die ras beleide was unaanvaarvar nie? Jy vermoed dat hulle weet niemand sal die vlag of simbole erken nie so kan hulle stilletjies hierdie in Engeland dra. Jy weet, die tipe oke wat vir jou die waarheid wil verduidelik wat “die regering wil hê dat jy nie moet weet nie”.

Ek het ‘n vriend geteks en sy sê haar man, wat troepie was, sê ek moet die oke slaan – ek het dit nie gedoen nie. Ek weet ek klink soos ‘n kenmerkende Londen Guardian-leser, veral na die mening van die mense wat so trots op hierdie oud regerings is.

Die Statebondspele

Ek sit vanaand en kyk na die Statebondspele in Glasgow op die televisie en volgens die internet doen ook veel vriende dieselfde ding. Ek hou baie van internasionale sporttournooi soos die Olimpiese Somerspele 2012 en die onlangse Sokkerwêreldbeker. Ek is bly om na die televisie vir ure te kyk!

Hierdie spele is anders, net lede van die Statebond deelneem, so vir buitelanders lyk dit vreemd. Veel mense skryf oor hoe die Statebond ‘n anachromisme is, hoe dit ons Britte laat voel dat ons nog ‘n ryk hê. Hierdie tipe kritici wys hoe min mense weet. Dit help nie dat op die Afrikaans Wikipedia die Statebond verkeerd as die Britse Statebond genoem word nie; die naam is in 1978 verander. Dit verduidelik die probleem; mense verstaan nie so skryf dit aan die idee toe dat ons nie aan die verloor van ons ryk gewoond is nie. Dus is ons – Britte en Engelse, want die Noord-Ierse, Skotte en Wallies word nooit in hierdie kritiek ingesluit nie – skuldig aan om die baas te aanhou wees. Dis makliker om nie te kyk wat die regte inligting is nie en in sy plek kies die inligting wat jy dink reg is. Dis net luiheid.

Ek kyk nou die eindewedstryd in die rugby sewes tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika op die televisie. Dit lyk dat mense omgee. Omtrent 50,000 mense sit in die stadion in die reën en juig en skreeu. Dis belangrik vir die spelers en die fans.

Die spele is ook belangrik want binne twee maande gaan Skotte stem in die referendum oor onafhanklikheid. Die vraag is, gaan die sukses van die spele ‘n invloed op die uitslag van die referendum? Sal die spele Skotte meer optimisties en trots laat voel sodat hulle sal stem om onder hul eie stroom te vaar? Of voel hulle ‘n gedeelde ervaring en identiteit met die drie ander deellande in die Union? Ons moet tot 19 September wag om uit te vind wat gaan gebeur maar vir nou lyk dit dat Skotland die spele wil geniet voor hulle hul finale beslissing maak.

Die Blitzbokke het die eindestryd gewen. Dis die eerste keer dat Nieu-Seeland nie gewen het nie. Hulle het fantasties gespeel en niemand kon pla nie, hulle is die nuwe kampioene en verdien dit.