Category Archives: Alexander

Ek wag nou tot die toekoms

So dis nou Oudjaarsaand en ek besef ek moet iets nuuts in die Desember-maand skryf! Wat nuus kan ek vir julle vertel (ek hoop julle lees) sonder dat ek nog steeds lees en studeer, maar elke jaar raak dit moeliker and stadiger?

Ek het gister Afrikaans met ‘n vriend en haar broer gepraat wat lekker was en ons praat oor hoe mense ‘n tweede taal aan kleintjies leer. Maar soos dikwels raak dit makliker vir ons om in Engels te praat aangesien dat die ander vriende nie Afrikaans ken nie. Ek lees oor die poliglot gemeenskap, wat my baie beïndruk, maar die gesprekke kom te dikwels uit ‘n Engelstalige perspektief (ander tale is beskikbaar) soos “Op skool kon ek g’n vreemde taal praat nie, maar ek is nou vuring en studeer ‘n klompie tale”.

Dus was dit interessant om van ‘n Afrikaans vriend te hoor wat probeer die taal met haar kleintjies in Londen praat. Dikwels hou volwasse mense (veral dié soos ek wat geen kinders het nie) vas aan die geloof dat as jy aan dring om die ander taal te praat, sal die kinders maklik praat. Hoe verkeerd daai idee is, maar hulle vertel oor hoe hulle van kleins af ‘n ander taal op skool moes leer. Hoe was hulle ervaring, hoe het hulle gesukkel? Die mense is volop wat Engels as tweede of derde taal moes leer, maar dit lyk vir my niemand vra hulle vir raad nie. Ek sal na hulle luister en hopelik ‘n bietjie inligting leer.

Hierdie jaar het ek ‘n paar nuwe sprekers en leerlinge ontmoet wat altyd ‘n mooi ervaring is. Nes met Livejournal and MySpace het almal al jare lank verlaat en het na ander en nuwe sosiale media getrek, en elke keer skryf hulle minder en minder. Verbindings en verhoudings is die bestemming. Ek het ‘n aanlynse les geneem en wanneer ek geld kry sal ek ‘n klompie lesse met ‘n plan koop. Feitlik het ek verlede week ‘n bietjie Afrikaans met my pa en my skoonsuster se ma gesels, wat ek baie waardeer het. Hulle kom uit Afrika, maar ek ken mos beter Afrikaans.

Ek wil meer reis in Europa doen, so veel soos moontlik. Ek het baie geniet om na Spanje (ja, ek het in ‘n Spaanse dorpie op die grens gekuier!) en Portugal toe te gaan. Op die een kant was ek ‘n bietjie te skaam om te probeer praat, maar op die ander kant het ek weer besef hoe mooi dit is om oorsee te gaan en in die plaaslike taal vol vertroue vra, “Verskoon my, praat jy Engels?”

Wat ‘n tyd om te lewe!

‘n Rots aan die rand van Europa

Die weer raak nou kouer en donkerder en die Kersfees vakansietyd kom nader aan so natuurlik vat ek ‘n week se verlof en reis oorsee vir ‘n paar dae en vlieg na Gibraltar om in die son te sit en te ontspan.

Gibraltar

Rots en son, Gibraltar

Die hotel homself is in Spanje gelë omtrent 200 meters van die grens. Dit herinner my vir een rede na Raccoon City uit Resident Evil want dit was so groot, leeg en stil sonder amper enige ander gaste. Miskien kan slegs ‘n paar mense ‘n vakansie op hierdie punt van die jaar neem of miskien wil niemand kom nie. Ek het vriende gevra maar net een kon saam met my kom. Seker voel Gibratlar asof dit nie besig is nie. Duisdende werkers uit Spanje stroom elke dag oor die grens maar die toeriste is skaars en die winkels en restaurante is leeg. Ja, dis herfs of winter nou en ek vermoed in die somertyd is besoekers volop en die hotels vol.

Die ooste kant van Gibraltar

Die ooste kant van Gibraltar

Die sentrum en hoog straat lyk onindrukwekked, maar dan loop jy ‘n bietjie bo-op die rots en besoek jy die kleiner strate en hier sien jy die historiese geboue en wonings met stoepe wat jy in die Middellandse lande verwag te siene. Hier hoor jy families wat Engles of Spaans of Arabies of Hindi praat. Jy vergeet die rots is nie net ‘n little Britain in the sun wat geen belasting wil betaal nie, maar dis ‘n bevolking vol verskillende gemeenskappe, tale en godsdienste. Daar’s kerke, moskees, sinagoges en Hindoe tempels. Daar’s sy eie Britse identiteit wat alles insluit.

Ek gesels met 'n magot of berber-aap

Ons gesels oor die Withdrawal Agreement en niemand is beïndruk nie

Die plaaslike valuta, die Gibraltar pond, is in die waarheid die Britse pond maar die muntskukke is anders en word nie meer in Brittanje aanvaar nie. Ek vergeet om alles te spandeer voordat ek weg en ek het nou ‘n sak vol geld wat ek kan nie in Londen gebruik nie.

'Magot of berber-aap in Gibraltar

‘n Magot of berber-aap in Gibraltar

Ons loop die beroemde Rots van Gibraltar op want ons wil nie betaal om in ‘n taxi te sit nie. Ons kom besoek, so kom ons loop en kyk. Dit uitsig is asemrowend met die sonkyn se weerkaatsing op die baai, wat vol skepe is. Hoe blou die hemel lyk en hoe vers die lug smaak en hoe stil alles klink. In die afstand sien jy Marokko en Ceuta op die Afrika vasteland. Hoe hoër jy klim, hoe meer magots of berber- ape jy vind, waarvoor die rots welbekend ter die hele wêreld is. Hulle is pret en gee nie om oor al die mense met hul kameras wat rondom staan en kiekies neem nie. Hulle veg onder mekaar en klim die bome en eet vrugte.

Europapunt, Gibraltar

Die rots en die moskee by Europapunt

Aan die suidste punt is Europapunt gelë waar ons sien die vuurtoring en die groot moskee. Ook word die nuwe voetbal-stadion gekonstrueer wat seker ‘n lekker lokasie is. Die houersskepe vaart verby en alles voel baie ver weg.

Ceuta

Ceuta – Spanje en Afrika

Toe het ek met die veerboot uit Algeciras na Ceuta gery, wat ‘n Spaanse enksklawe en stad wat aan die kus van Marokko en Afrika gelë is. Soos Gibraltar, dis ‘n ander geo-politiese anomolie en só sê die man in die hotel toe ek vra of dit regtig die moeite werd is om te besoek. Ek wil lankal besoek want dit lyk anders maar miskien sal ek teleurgestel raak as ek uiteindelik besoek. In die waarheid voel dit nes ‘n ander Spaanse hawe dorpie in die suid van die land met twee invloë, beide Spaans en Christelik en die Arabies en Islamees. Gaan besoek as jy wil së jy vir ‘n kort rukkie op die Afrika vasteland gebly het.

'n Fort in Ceuta

Antigua Cárcel De Mujeres de Ceuta

Ongelukkig kan ons nie Marokko besoek nie. Die grens heining tussen Spanje en Marokko ervaar baie lange toue weens die aantal migrante wat onwettig oor die heining wil klim en in Europa vir werk wil kom. Die twee lande baklei hieroor. Die grens tussen Gibraltar en Spanje het dikwels sy eie probleme en soms ervaar mense baie lang vertragings, maar hierdie is heeltemal anders. Ons besluit net om in die stad te dwaal en koffie drink.

Bloed rooi wolke

Bloed rooi wolke

Aan die einde van November voel die son en warmheid baie mooi. Daar is seker meer om te maak en te sien maar niemand kan die toekoms voorsien nie en wat dit vir Gibraltar sal bring nie.

Besoek Porto

‘n Paar week verlede het ek uiteindelik Portugal op vakansie besoek. Ek sê uiteindelik want ek kan nie wel glo hoekom ek so lank gewag het om te besoek nie. Ek het ‘n bietjie Portugees gestudeer en op die een kant lyk dit na Spaans en op die ander kant klink dit veel anders. Ek was baie feitlik opgewonde om te gaan kuier en ek onthou nie ‘n keer toe so opgewonde was nie. Die boeke en foto’s aanlyn lyk fantasties; oud modies en sonnig, vol pragtige betegelde geboue en trems op die strate.

Brug, rivier en sonskyn

Die son skyn op die Douro-reivier en Dom Luis I Brug

Gewoonlik hou nie te veel van vakansie in die son nie maar hierdie keer aan die einde van Oktober laat my anders dink. Hoe mooi dit was om lands die Douro-rivier te loop op die klein agterstrate verby die geboue. Op die rivier in ‘n boot te vaart met die wind in my gesig laat my ontspan. Ek proe die soet portwyn en leer oor sy geskiedenis na ‘n toer van n wynmaker se wynkelder en ek ontmoet by toeval ‘n ou werk kollega op die toer. Ek geniet selfs om langs die strand vir ‘n paar ure onder middagse son te loop toe dit baie warm is, veral aangesien ek altyd swart klere dra.

Porto en sonop

Sonop by die Ponto do Infante of Infante Dom Henrique

Ek gaan nie veel skryf want ek het nie onlangs genoeg Afrikaans geoefen nie dus sukkel ek. Maar ek dink nou oor my aanstaande vakansies en wanner ek mag gaan. Te veel moontlike bestemmings, te veel keuse maar nou wil ek soveel reis soos moontlik voordat ons uit die EU onttrek en ons weet nie tans die toekomse visum vereistes vir reis nie. Ek verwag probleme en verloorde geleenthede.

Sao Bento stasie in Porto

Sao Bento stasie in Porto

So hier is ‘n paar kiekies.

Igreja de Santo Ildefonso

Igreja de Santo Ildefonso – Die Kerk van St Ildefonso in Porto

Plaas my in ‘n vliegtuig en stuur my Amsterdam toe

Verlede naweek het Amsterdam toe gevlieg vir ‘n kort vakansie en ook om na die Fokofpolisiekar gig by De Melkweg te gaan. Ek het Amsterdam op veel kere vir gigs besoek maar ek kan nie sê dat ek die stad goed ken nie. Ek erken die gragte, brûe, strate en geboue maar as ek op ‘n straat staan kan ek nie seker sê waar ek staan nie. Ons wil hê dat ons verfynde reisigers is, maar die waarheid is dat ons gewoonlik gewone toeriste is.

Zuid-Afrikahuis
Hierdie keer bly ek vir twee nae dus het ek meer tyd om die stad te sien. Ek vind onlangs Zuid-Afrikahuis en ek besluit ek moet gaan besoek. Ek is baie dankbaar dat ek die studiesaal kon besoek en ‘n paar boeke koop en op my volgende besoek gaan ek beslis meer tyd neem om die boeke te lees. In Londen sukkel ek om boeke te vind so hierdie sentrum is vir enige belangstellende ‘n baie nuttige hulpbron.

Zuid-Afrikahuis

Zuid-Afrikahuis

Dit was baie lekker om Afrikaans te praat met die bibliotekaris oor taal, die sentrum en komende kulturele gebeurtenisse. Gewoonlik verstaan niemand my vernederlands Afrikaans maar hierdie keer kon ons in twee amper verskillende tale duidelik praat. Die Zuid-Afrikahuis bied soveel oor oor Afrika en Suid-Afrika aan en daar bestaan niks in Londen wat dieselfde maak nie.

Die studiesaal in Zuid-Arikahuis

Die studiesaal in Zuid-Arikahuis

Fokofpolisiekar kom nou die op vertoon
Die gig homself was leuk en daar was veel Suid-Afrikaners wat bywoon. Ek kan nie goed ‘n resensie skrf sonder om net ‘n lys van liedjies te gee maar niemand wil lees nie. Dis moeiliek genoeg om iets interessants in Engles te skryf so dink hoe veel mee ek gaan sukkel opm iets interessants in Afrikaans te skryf. Okei die band speel in die kleiner saal by De Melkweg as die ander bands wat ek daarby sien speel het maar dit raak nie saak nie.

Ek dink oor waarvandaan kom al die mense. Bly hulle in Nederland of in die Lae Lande? Ek hoor oor ‘n aantal wat ook uit Brittanje gevlieg het en na die gigs is die bars vol hierdie mense wat in die reën sit en suip. Hulle lyk baie gelukkig om hul helde oorsee te kyk. Ek kan nie sê hoe meer ek kan beskryf wat interessant is nie behalwe dat ek na die gig ‘n bietjie met een van die band gepraat het – yeah cool name drop bro.

Fokofpolisiekar

Fokofpolisiekar

Mokum
Ek wou graag ook ‘n Surinaamse of Indonesiërse restaurant besoek het want ‘n mens vind geen in Londen nie. Die vreemde ding is dat as jy net vir ‘n kort verblyf kom gaan jy nie maklik hierdie restaurante vind nie. Soos alle hoofstede verander Amsterdam maar die feit dat ek uit Londen kom – ‘n stad wat baie vinnig geglobaliseerd geword het – en hierdie proses sien, laat my dink oor wat ek feitlik wil sien. Lande en mense verander en ons kan nie hê dat ons toeriste bestemmings bly outentiek en prentbriefkaart-agtig (is hy ‘n woord?) vir ons ryk manne wat beskostig kan om te reis. Ja op hierdie keer eet ek nie in sulke restaurant nie maar miskien was ek nie nuuskierig genoeg om verder te loop, om ‘n waag te maak en gee nie om of ek ‘n bietjie onverstaanbaar in ‘n vreemde te taal te wees.

Bier en boeke

Bier en boeke

Ek besef ek is nie die tipe reisiger wat ek dink ek is nie
Ek vlieg honderde myle om ‘n Suid-Afrikaanse band te kyk – wat homself duisende myle getrek het – maar kan nie ‘n restaurant vind nie. Só is veel van ons moderne reisigers, hoe meer ons ontdek hoe meer ons leer. Moedigheid is die moeilikste probleem en dit laat jou kies om in ‘n wel bekende koffiehuis te sit en te ontspan in plek van om ‘n bietjie verder te stap vir ‘n nuwe ervaring. Ek voel dieselfde in stad waarin ek bly; te veel keuse, te min idees oor hoe om die kennis te begryp en te gebruik.

'n Gids vir die Bergijnhof wat in Afrikaans geskryf is

‘n Gids vir die Bergijnhof wat in Afrikaans geskryf is

Een honderd jaar ná die dood van Mowbray Norse Cloete

Ek is al lank tyd van plan om hieroor te skryf want vandag is precis honderd jaar na dood van een Mowbray Norse Cloete, wat luitenant van die Britse Lugmag was. Hy was ook ‘n afgeleë familielid van my grootouma, wie se familie naam ook Cloete was. Ons ken niks oor hom nie en niks oor sy famiie verwantskap aan ons nie.

Hy is in ‘n vliegtuig ongeluk op Woensdag 7 Augustus 1918 oorlede op die ouderdom van 18, slegs drie maande voor die einde van die oorlog. My pa glo hy onthou dat sy ouma (my grootouma) oor hom gepraat het, maar ons dink nou na gesprekke omtrent sestig jaar gelede so weet ek nie of pa alles reg onthou nie.

Die graf van Mowbray Norse Cloete - foto uit die South Africa War Graves Project

Die graf van Mowbray Norse Cloete – foto uit die South Africa War Graves Project

Ek vermoed dat deesdae niemand Mowbray Norse Cloete onthou nie. Toe ek negentien jaar gelede na Londen gekom het, het ek navorsing oor ons Suid-Afrikanse families se geskiedenis – die Cloete’s, die Van Breda’s, die Van der Bijl’s en al die ander ou Kaapse familielede waaruit ons kom voordat ons verengels geword. Ek het Luitenant Cloete se naam gevind en onthou want hy in Londen begraf is. Hy kom oorspronklik uit Salisbury in destydse Suid-Rhodesië en was die enigste seun (of kind?) van Sebastian Cloete. Hy het die Ryk se roep beantwoord om te kom veg soos duisende en miljoene jonges uit die lande en was onder dié wat gesneuwel het.

‘n Paar jaar gelede gaan ek na Kensal Rise Cemetery op soek na sy graf maar onder al die ander grawes vind ek niks. Die gras en plants is oorgegroei en die woorde op soveel grafstene is uitgewas. Die probleem is dat ek nou bekommerd is dat ek in die verkeerde lokasie gesoek het. Die verwysings na sy graf is miskien fout en aanlyn bestaan daar min inligting oor hom en ook ek vermoed oor soveel ander manne.

So vandag onthou ek hierdie jong oor wie ek amper niks ken nie. Ek vind nêrens ook ‘n foto nie. Ek sal in die komende weke na die begraafplas retoer om sy graf te vind.

Ek vind nêrens die graf nie, maar ek glo dit is hier gelë

Ek vind nêrens die graf nie, maar ek glo dit is hier gelë

Kiswahili

Verlede week neem ek ‘n klas oor Swahili of Kiswahili wat die naam in die taal homself is. Ek is al lank tyd baie nuuskierig oor Swahili. Almal weet oor die taal en ek lees oor sy groot rol as lingua franca in so veel oos-Afrika lande. Oor die jare ontmoet ek ‘n paar mense wat óf moedertaal sprekers is óf Swahili in Afrika geleer het. Veel universiteite bied kursusse aan so dis seker ‘n taal wat jy taamlik maklik kan leer.

So wat het ek geleer? Ek het tot dusver net Indo-Europese tale gestudeer soos Afrikaans, Frans, Spaans en Esperanto so Swahili lyk heeltemal anders soos jy sou dink. En toe hierdie ander tale gestudeer het, kon ek maklik veel uitdink maar hierdie keer sukkel ek om die basiese, alledaagse woorde te onthou wat ek maar vyf minute vroeër geleer het. Die klas het seker ‘n bietjie laat verduidelik oor die struktuur wat ek nie vooraf kon verstaan nie. Aan die einde van die drie ure was ek uitgput.

So ja ek het die klas baie geniet. Dit laat my dink in ‘n verskillende weg – met veel moeilikhede – en die ervaring was genietbaar want ek is altyd op soek na iets nuuts te doen. Op die oomblik is ek baie besig met Esperanto, ‘n bietjie Frans (ek glo ek praat beter as ek dink) en Afrikaans (ek het planne om op ‘n paar aspekte te werk en wil ‘n paar lesse op Skype neem) sodat vir nou ek net ‘n bietjie Swahili op Duolingo sal leer. Maar die taal sit op my lys van taal wat ek beter wil ken en as ek enige sprekers ontmoet miskien ek my planne verander.

Die Wêreldbekertoernooi

Soos ‘n groot aantal mense is ek besig om die Wêreldbekertoernooi te kyk. Hierdie is die voetbal toernooi of sokker as jy ‘n klaar verskil tussen die rugbyunie Wêreldbeker maak en nie die rugbyliga kompetisie met dieselfde naam nie. Dis seker maklikker in Engels dat ons dieselfde termyn vir enige sport kompetisie sê.

Maar hierdie onderwerp raak nie saak nie. Ons staan nou in die leë somer maande tussen die einde van die oud seisoene en begin van die nuwe seisoen wanneer jy probeer iets vind wat jy in jou vrye tyd kan doen. Dis son nou skyn en dis lekker warm en pragtig en al wat ek wil doen is binne sit en kyk televisie en gesels op WhatsApp met my voebtal maatjies.

Ek is nie alleen as ek sê dat, soos altyd, hierdie kompetisie uitstekend is nie. Elk kompetisie is beter as die een vorige. Die verrassings en die lae punte is albei so good soos die ander. Gelukkig het ons ‘n televisie in die kantoor sodat ons kan die wedstryds kyk terwyl ons werk wat seker die dag meer genietbaar maak.

Maar behalwe alles, stel ek nie ‘n groot belang in Engeland se span nie. Ja seker ek kyk hulle as ek televisie wil kyk maar die waarheid is dat vir my dis altyd my klub Arsenal bo die nasionale span. Ek dink veel voetbal fans glo dieselfde. Jy volg jou span die hele seisoen lank en dis ‘n groot deelte van jou identitheid. Rugby lyk my veel anders. Die nasionale spanne voel groter en meer belangrik sonder só ‘n groot klub kompetisie soos voebtal. Ek sien mense in die buiteland wat Springbok truie dra maar selde sien ek mense wat dié van Blou Bulle of Westelike Provinsie dra.

Dus Donderdagaand toe België en Engeland speel, gaan ek na die Arno Carstens gig in kroeg in suid-Londen. Nou ek moet nou sê dat ek geen van sy liedjies ken nie so dis ‘n kans om verskillende Suid-Afrikaanse musiek te luister. Dit laat my onthou hoekom ek gelukkig is om ‘n twee-uur retoer reis te maak na die verskillende kant van Londen op ‘n aand ná werk. Dit is altyd die moeite werd. In Augustus vlieg ek na Amsterdam om na die Fokofpolisiekar gig te gaan wat ‘n lekker jol sal wees op die einde van die somer voor die begin van herfs, die koue weer en sonlose dae vol reën terug kom.

Soms kry ek geleenthede om Afrikaans te praat

Dis nog ‘n ander einde van ‘n maand en ek het min te berig. Feitlk het ek ‘n bietjie Afrikaans by ‘n braai gepraat toe ek is gesê dat ek soos ‘n Nederlander klink weens my aksent. Ek weet dis waar, maar na my mening is ‘n Nederfrankiese taal aksente g’n probleem. Een rede hoekeom ek só dink – behalwe dat ek in die waarheid weet ek só klink – is dat ek onlangs ‘n klompie video’s op YouTube kyk en ek hoor ‘n vlogger wat met die invloed van die moedertaal aksent praat wat my laat verstaan hoekom mense só sê. Ons almal wil só vlot of outentiek soos moontlik kan praat, maar een ding meer belangrik as aksent is verstaanbaarheid en as mense jou kan volg (en ek verstaan goed die blogger) dan gaan jy in die regte rigting en die aksent sal kom. As mense lag oor jou aksent, ignoreer hulle.

‘n Paar dae later staan ek buite ‘n kroeg en gesels ek met twee outjies wat daar staan. Dis ‘n gewone ervaring dat as ek Afrikaans met mense begin praat – wat ek weet Afrikaans praat want ek hoor hulle Afrikaans praat – beantwoord hulle ontmiddelik in Engels. Dis ‘n skaamte maar ek vermoed dat hulle voel hulle moet nie in Afrikaans beantwoord in die buiteland nie. Ek moet hard werk om te wys dat, ja ek ken hul moedertaal en ek wou graag gesels.

Ek soek ook altyd op Twitter oor Afrikaans en veel ander onderwerpe – soos my voetbal klub en ander belange. Ek moet sê dat ek baie bekommerd raak wanneer ek sien hoe Afrikaans en verwante onderwerpe word dikwels deur sekere mense gebruik om ‘n tipe identiteite politiek te bevorder veral in die buiteland. Hierdie is beslis nie my politiek nie. Ek hou van die taal, en alle tale, en ek glo dat tale buitendiens kultuur of politiek kan bestaan; ek praat Engels en miljoene mense praat Engels sonder verwysing na Shakespeare of Dickens of Buckingham-paleis. Ek het nooit op skool geniet om Shakespeare en Dickens te moes studeer.

Vir ons wat al lank tyd ‘n belang in die taal hou, pla dit om te sien dat sommige mense terug na die verlede wil kyk. Dit maak dit moeiliker om die taal as net een van veel kommunikasietale in Suid-Afrika en in die wêreld te bevorder. Ek moet altyd oppas wanneer ek nuwe mense op Twitter begin volg tensy hul wêreld perspektief, na my mening, veel af is.

Nuwe kiekies uit Londen

Vroeër in die maand het die Commonwelth Heads of Government Conference in Londen plaasgevind en gevolglik was deeltes van die stad óf gesluit óf moeilik om in te kom. Een pragtige aspek was die weer en seker is Londen in spring wanneer die son skyn vir die eerste keer en toeriste dwaal oor die stad, baie mooi. Op Die Wandelhal wapper die vlae van die lede lande (wat lok mense soos ek) en maar ongelukkig kon ek nie die regte kiekie afneem wat ek wil neem nie, weens die wind, die skaduwee of een ander rede – en die feit ook dat ek nie ‘n fotograaf is nie.

Die vlag va Suid-Afrika

Die vlag va Suid-Afrika wapper in die wind op Die Wandelhal

Die vlag van Namibië

Die vlag van Namibië. In die agtergrond wapper die vlae van die ander lande

‘n Week vroeër vat ek ‘n paar dae se verlof en soos altyd maak amper niks, maar ek het die British Msuem besoek om ‘n tentoonstelling te sien oor A revolutionary legacy: Haiti and Toussaint Louverture. Ek wou die portret onder sien, wat ek op die plakkat verskyn het en wat ek eers oor die tentoonstelling gemerk het.

Toussaint Louverture

Portret van Toussaint Louverture

Ook loop ek langs die Teems en besoek die Noorse Kerk wat hierdie beeld bevat. Hy is seker ‘n gawe outjie.

Haakon VII van Norweë

Beeld van Haakon VII van Norweë

Lamassu

Hier’s ‘n kiekie van die beeld van Lamassu wat tans op die vierde plint in Trafalgarplein staan. Ek is baie geïnterresseerd in die Babiloniese geskeidenis so om ‘n bietjie Akkadiese wigskrif te lees, is baie lekker. Soos jy sou dink, het ek onlangs baie min Afrikaans geleer so sukkel ek om iets anders te berig.

Lamassu

Beeld van Lamassu op Trafalgarplein

Onlangse boek aankope

Hier is twee boeke wat ek onlangs aanlyn gekoop het. Ek versamel soveel Afrikaans boeke en goede soos ek kan vind en dis iets baie interessants in hierdie ou boeke. Destyds was hiedie tipe boeke nodig vir sommige mense maar daardie verlede is nou ver verby.

Die weg waarmee mense ‘n taal leer het verander. Destyds boeke gee lang verklarings en verduidelikings vol tekniese inligting en taalwette van die begin af. Mense moes meer gemotiveerd as ek gewees het indien hulle bereid was om die lank – en soms droeë – lesse te leer. Was hulle bang om te taal met mense te begin praat voordat hulle ‘n amper uitsonderlike kennis het? Dis hoe ek ‘n bietjie voel. Ja dis anders en makliker as jy in die taal land bly maar hulle moes baie studeer, daai glo Engelssprekende manne en vroue met families en bane wat in die 1960s en 1970s in die land gekom het. Ek vermoed veel was mense uit destydse Rhodesië of uit Brittanje (vol drome oor – vir slegs hulle as blankes – ‘n beter lyfstyl kon ervaar. Hoekom het Britse immigrante hierdie beslissing regverdig terwyl sanksies op die land gestaan het weens die regering se ras beleid?) so ek weet nie of hulle werklik ‘n nuwe taal wou leer nie. Is die rol van hierdie tipe boeke nou deur apps verskaf, wat mense af laai en selde oop maak nie? Ek lees hierdie hoofstukke en die Engels klink oudmodies na my mening. As die oorspronklike lesers waarskynlik die boeke ná ‘n paar minute neergesit het, verstaan ek hoekom.

En nou dekades later word hierdie boeke vir amper niks verkoop aan belangstellendes in die buiteland. Ek besit nou honderde boeke óf in óf oor Afrikaans wat ek sukkel om te lees so wil ek word soos dié wat die taal slegs ‘n bietjie aangeleer het of soos dié wat ‘n lewende kennis geniet het?

Die tweede boek het historiese waarde.

Afrikaans for Immigrants

Afrikaans vir Immigrante

Afrikaans Its Origins and Development

Afrikaans se Oorsprong en Ontwikkeling

‘n Paar historiese goed

‘n Paar maande verlede het ek ‘n Afrikaanse skarefinansieringsveldtog onderhou en gevolglik het die skeppers al sy backers op ‘n WhatsApp groep sit sodat mense onder mekaar kan gesels. Ek is al maande lank ‘n lid maar ek skryf nie en verkies om te sit. Ek vermoed ek is ‘n bietjie vreemd en ek voel amper bang nou om te sê dat ek lees en leer ‘n bietjie oor hulle. Ja, dit lyk ‘n bietjie vreemd.

Vandag het iemand foto’s van ‘n klein ou boks gedeel en gevra of dit eg is. Ek erken die boks want ek het ook dieselfde wat my ouma vir my gegee het. Ek het nou veel ou dinge uit die koloniale tydperk wat ek van Suid-Afrika af gebring het wat voorheen aan my voorouers behoort het. Hul historiese aspek interesseer my maar die verhale en ervarings van die voorouers is net hulle s’n en nie myne nie. Ek voel min persoonlike verbinding nie behalwe dat ons ‘n afstande familie verwantskap saam deel.

So onder is ‘n paar foto’s en ek moet besluit of ek gaan beantwoord om te bevestig dat dit eg is.

Nuwejaar 1945

‘n Geskenk aan soldate in 1945

Nuwejaar 1945

“Met die beste wense van die Suid-Afrikaanse Fonds vir Geriewe en Geskenke”

Nuwejaar 1900

‘n Boks sjokolade van die Koningin-Keiserin

Ek is te stil om enigiets te sê

Ek sukkel op die oomblik om die motiviering te vind om Afrikaans te leer want ek is besig aan ander tale te leer. Gevolglik praat ek min met vriende of lees selde aanlyn en hoe min ek praat hoe meer ek vergeet! Ja ek skryf hierdie dikwels so dis niks nuut nie.

Op die ander kant het ek nou ‘n paar idees hoe ek my tale saam met mekaar kan leer veral die woordeskat, idees wat ek op blogs gelees het. Ook dink ek dis nou die tyd om aanlynse lesse te neem. Ek is nie ‘n Skpyer nie maar aangesien ek geen sukses gehad het om ander sprekers te vind nie miskien sou dit beter wees as ek besef dat teknologie ‘n groot hulp kan wees.

Ek het planne gehad maar toe skryf ek niks

In September gaan ek na Luxemburg en Amsterdam toe en ek het planne gehad om daaroor te skryf. Ek skryf sinne in my brein as ek uit werk wat ek wil sê voordat ek voor die klavier sit en tik; evarings, persepsies, klein besonderhede oor ‘n kort verblyf oorsee. En toe maak ek niks. En nou weet ek dis nie so interessant nie en dis te laat om te hê dat gebeurtenisse uit ‘n paar week verlede is nou nuuswaardig. Miskien skryf ek meer later oor een of twee onderwerpe uit die besoek wat my baie interesseer. Hier’s ‘n foto wat alles verduidelik.

Europa

‘n Kamer in Amsterdam Centraal stasie

So wat het ek gemaak? Ek het nog ‘n ander kursus op Duolingo in Duits voltooi en ek dink is ‘n bietjie aan die app verslaafd! Elke dag het ek lesse nodig doen andersins voel ek teleurgesteld. By die werk neem ek ‘n kort breek uit my werk en ek leer ‘n les van 20 vrae. Hoe meer verveld ek by die werk is, hoe meer keer ek ‘n breek neem. Ek raak ook baie kompeteerend met vriende wat ook die app gebruik. Elke week moet ek meer punte as hulle verdien; hulle mag nie meer as ek leer nie.

Nou leer ek Italiaans en dis ‘n verrassing om te sê dat dit waar is, dis ‘n baie mooi taal. Ek is ‘n bietjie lief vir hierdie taal. Nadat ek ‘n bietjie Frans, Spaans en Esperanto geleer het, vind ek Italiaans, tot dusver, taamlik maklik. Ek is gemotiveerd om meer te leer. Ek voel dat ek ‘n taal stokperdjie versamelaar word.

Brussel vir nog ‘n ander keer

Elke jaar gaan ek Brussel toe vir ‘n paar dae met maatjies om ‘n paar konserts by te woon en hierdie jaar moes ek tot September-maand wag voor ek uit gaan. Hierdie keer is my verblyf baie minder stresvol as op vorige kere.

Brussel is my gunstelinge stad oorsee. Ek reis óf deur Brussel óf so ver as Brussel en elke keer wanneer ek uit die Eurostar afklim voel ek dat nou my vakansie begin het. In Brittanje is Brussel dikwels ‘n sinoniem vir iets baie vervelig maar vir my dis ‘n stad wat op die kruispad van internasionale spoorweë lê vol reisgiers, toeriste en nuuskierige mense. Ek dink oor Brussel nes hoe ek Parys in die 1960s verbeel, stede wat die Jackal in The Day of the Jackal besoek het. Ek beskou beide stede deur my eie sepia getinte persepsies van ‘n verlede wat ek nie ervaar het nie.

Ek stap op die paaie en jy ek oor tale uit soveel lande. Ek het vooraf gedink dat die stad amper heeltemal Franstalige is, maar in die sentrum hoor ek ook veel Nederlands. Ek drink koffie met ‘n Vlaamse vriend wat vir my sê sy beide amptelike tale elke dag by die werk moet praat. Hoe jaloers is ek op só ‘n baan.

Le Coq, Brussel

Waar sit ek? Le Coq op August Ortsstraat

Soos die kiekie aandui is die kroeë en biers ‘n groot aantreklikheid. Ek sê nooit vir kollegas by die werk wat ek in Brussel maak nie en hulle sê elke keer, net soos meeste mense, hoe lekker die Belgiese bier en mossels is. Die waarheid is dat gewoonlik ek net algemene bier drink as ek met Vlaamse vriende sit en suip. Persoonlik wil ek nie bier met hoë alkoholinhoud drink nie en veral nooit mossels eet nie.

Groot Markplein van Brussel

Die Kruiwa; Gilde van die “Vettewariërs” in die Groot Markplein van Brussel

Ek voel nou meer bereid om ‘n bietjie Frans te praat (wel ek het die Duolingo kursus geoden so ek hoop ek ken nou iets!) as ek ‘n koppie tee of bier bestel. Ek weet dat my Afrikaans bedoel nie dat Nederlandssprekers my kan verstaan nie maar miskien is ek ‘n bietjie fout om aan te neem dat al die ander mense Franstalig is. Op ander kere raak dit nie saak watter vreemde taal ek praat nie want hulle net Engels met my praat. Só is die lewe van die Engelsspreker in die buiteland.

Brussel se stadshuis

Brussel se stadshuis wat ‘n bietjie soos Mordor lyk!

Een rede hoekom Brussel voel soos só internasionale stad is dat elke keer ontmoet ek weer vriende uit soveel verskillende lande verskillende tale praat. Ek reis weer op die einde van die maand deur Brussel op pad na Luxemburg en ewe ‘n kort besoek is baie lekker. Die verskil van hierdie keer is dat ek my kiekies veel beter geïnstagram het.