Ek het vir ‘n paar maande oor die rugby gepraat maar kom die dag, kom ek alleen. Almal anders kon nie kom nie en ek was reeds op pad na Twickenham toe, so het ek besluit om nog te gaan. Gelukkig het ek nie klompie kaartjies vir almal gekoop nie.
Die eerste wedstryd was tussen Saracens en London Irish en ek het met klompie London Irish fans gesit. Ek kan nie sê dat ek ‘n rugby fan is nie (so vra julle, hoekom gaan ek?) maar ek het besluit dat – soos ‘n vrou wat ‘n beslissing oor watter klere sy wou koop – Saracens se swart-rooi hemp die coolste is dus volg ek hulle. London Irish het te veel baie maklike skoppe gemis – of miskien die beste beskrywing is om te sê they couldn’t piss on a barn door. Saracens het nie verdien om te wen nie, maar dit raak nie saak hoe goed jy speel nie, die belangrikste ding is om meer punte as die ander span te kry. In die tweede helfte is daar ‘n groot geveg.
Na die eerste wedstryd het meeste London Irish fans verdywn en wou nie die volgende wedstryd tussen Wasps en Harlequins sien nie. Ek het dieselfde begin voel maar ek het hierso gekom dus bly ek. Binne 46 sekonde van die afskop af was daar ‘n ander pagga en ‘n Harlequins speler het ‘n rooikaart gekry en is afgestuur! Ongelooflik. As dit voetbal was, sou almal daaroor skryf, sou die nuusberigte oor niks anders praat nie, sou mense van skande flou val en almal sou eis dat die spelers moet verban word, dat hulle te veel geld verdien en dat hulle ‘n slegte voorbeeld vir die kinders maak. Ek het nooit so ‘n geveg by ‘n voetbalwedstryd gesien nie. Ek dink oor al daai vervelige ou rugby fans wat altyd sê rugby is a game for gentlemen en ek besef hulle praat k@k. Harlequins het veel beter gespeel maar sonder een man het hulle moeg geraak en ek glo dat hulle verloor het.
Daar’s ‘n groot verskil tussen om rugby en voetbal te gaan kyk en die atmosfeer is heeltemal anders. Daar’s meer families en vroue en natuurlik mense wat Springbokke hemde dra. Meer wit middel klas, vol public school okes (ja, soos ek!), bloody good guys ens. Daar’s ook veel min nie-wit mense. Dit blyk dat jy ook nie mag vloek nie. Dis te verfynd. Gee die fans om? Daar’s geen entoesiasme nie. Waar’s die grappies oor bloed beserings? Dis te ernstig. Hulle sing nie, hulle skreeu nie en ek begin dink hulle keir van alles af- ek was baie laat om te kom sit en hulle was nie bly nie. Hulle kerm oor hoeveel Suid-Afrikaners speel vir Saracens, wat ironies is omdat London Irish homself oorspronlik ‘n klub vir die Ierse in London gestig is en noem homeself The Exiles. Mense het vlae gewaai en gelukkig was daar geen oud Suid-Afrikaanse vlae nie.
Noudat daar meer geld in rugby is, probeer hulle om alles op te jazz. Dit lyk asof hulle probeer om dit te veramerikaansevoetbal. Musiek bars uit – domme liedjies so dom soos daai domme Blou Bulle liedjie. ‘n Ou het op die tannoy geskree en het almal aangemoedig vir hulle spanne te juig. Dit herinner my aan die vroeër jare van die Premiership. Daar’s ook meisies wat dans, dis ‘n verleentheid. Die rit vir die drankies en kos was lang en stadig, hoekom ek weet nie. Is hulle nie gewoond aan om sestig duisend mense te bedien nie? Tickenham is ‘n lekker stadion en ‘n baie indrukwekkende tuiste vir Engelse rugby, maar dis nie so goed soos The Emirates nie.
Ek moes rugby op skool gepseel en rugby destyds in private skole groter as voetbal was. Dis okei maar ek het altyd voetbal verkies. Rugby het nie dieselfde belang hier as in Suid-Afrika nie. Ek dink een ding is dat dikwels hier die nasionale span nie so belangrik vir fans as jou eie span is nie. Arsenal defineer my, nie Engeland nie (en persoonlik verkies ek Oranje bo Engeland). Nasionale spanne speel elke af en toe, maar sonder die klubbe is hulle niks. As rugby iets belangrik vir jou bedoel dan dis cool, maar voetbal is my baas. Daar’s geen punt om te probeer sê dat een beter as die ander is nie, dit hang net af van wat jy hou.
Dit sou beter gewees as ander mense gekom het maar ek wou dat ek net met my vrou uitgehang het. As ek terug gaan sal ek seker maak dat my tjommies ook saamkom.
It’s just not like watching the Arsenal.
Dis snaaks hoe die bewonderaars van 'n klub wat vir Ierse mense in Londen gestig is, kla oor die hoeveel Suid-Afrikaners wat vir die ander klub speel. Dis ironies.