Category Archives: Alexander

Eerste wêreld probleme, nè?

My huidige groot belang – wat soos elke man se belange, uiters puntloos is – is die Akkadiese of Babilonese taal – ek het die artikel op Wikipedia geskryf – en die verskillende ou kulture van die antieke Midde-Oos. Een rede is dat ek tans ‘n paar boeke oor hierdie onderwerp en die ontdekking en ontsyfering van die tale lees, en ook dat daar baie goede is in die British Museum te siene. Ek het onlangs die Gilgamesh-epos gelees, die bekende Akkadiese gedig maar natuurlik die Engelse vertaling. Nou dat ek ‘n Kindle het, lees ek so veel meer as wat ek voorheen gelees het – en ek het altyd baie gelees.

Die voordeel is dat ek meer boeke kan aflaai en lees nou elke keer wanneer ek op die openbare vervoer ry. Ek het vroeër geskryf om te sê hoeveel ek van my Kindle hou maar as ek oor een ding moet pla, is dit dat ek nie maklik die internet daarop kan lees nie. Okei jy sê, dit is maar ‘n e-boekleser en nie ‘n internet-leser nie en dis goed dat ek net een ding daarop kan doen, ek konsentreer slegs op die boeke.

So hierdie lei tot ‘n nuwe kwessie, sou ek ‘n klein en goedkoop tabletrekenaar koop vir om Wikipedia en ander bronne te lees? Miskien is ek net ‘n bietjie moeg en verveld en ek soek iets interessants en opgewondes om daarna uit sien en om my geld uit te spandeer. Ja, ek vermoed dis die ware antwoord want my skootrekenaar is meer as goed genoeg vir alles wat ek wil doen. Dis snaaks soms hoe ons nuwe teknologie wil aanneem want in vergelyking laat ou teknologie amper nutteloos lyk. Ons is bereid om vinning te besluit dat ons moet opdateer, ons moet iets nuuts kry want ons wil glo dis beter as dié wat ons tans gebruik.

Een interessante ding is dat my selfoon (dis ‘n phablet) ‘n stylus het vir om te skryf of te skets. Al Akkadies in wigskrif skryfstelsel geskryf is, is die Akkadiese woord daarvoor, in die Romaanse skryfstelsel, qan tuppi. Nuwe tegnologie kom klaarblyklik uit die ou tegnologie.

Eerste wêreld probleme oor antieke wêreld saak.

London Open House – the ambassador’s reception

Hierdie naweek het London Open House plaasgevind en hierdie jaar was die ambassades van Nederland, die Tsjeggiese Republiek, Slowakye en die Vlaamse Gewes se Kantoor oop vir die publiek om in te kom en om te ronddwaal.

Dit blyk dat die personele die ervaring baie geniet het. Hulle het daarvan gehou dat mense kom besoek het en hulle kon oor hulle werk en land praat met besoekers wat belangstel. Hulle wou met almal praat, hulle was so trots op hulle ambassades en wou hê dat ons almal die toer geniet het. Die Tsjeggies en Vlaminge het gratis bier vir besoekers verskaf maar die Vlaminge het gepla dat die Tseggies het hulle idee gesteel om bier weg te gee!

Maar ek het ook baie jammer vir sommige van die jong vroue gevoel want veel old duffers het besluit hulle moes vra-vra – en oor amper enige onderwerp. Ek vermoed dit was hulle enige kans om saam met ‘n mooi jong meisie te gesels. “So watter gebou het op hierdie bouterrein gestaan voor die huidige ambassade vyftig jare gelede gebou is?”. Hoekom moet sy weet, sy is maar vyf-en-twintig jaar oud Slowaak? “Dit lyk baie brutalist, maar as jy binne-in kom, voel dit baie sag”. Moenie pronk nie. “Waarvandaan kry ek ‘n my trein kaartjie as ek gaan besoek?”. Sy is nie ‘n reisagent nie, sy is ‘n slim en hoogte gekwalifiseerde diplomaat! Hulle wou net die jong vroue opchat en beïndruk.

Ongelukkig was daar geen Ferrero Rocher vir ons nie en dit was seker nie die ambassade se partytjie nie. Ons kon nie sê hy het ons bederf nie.

Die vlag van Vlaandere

Die vlag van Vlaandere

Jan Bočan, Tsjeggo-Slowake argitek

Jan Bočan, Tsjeggo-Slowake argitek

'n Kas vol Ferrero Rocher

‘n Kas vol Ferrero Rocher

'n Gratis bier

‘n Gratis bier

Die Ambassade van Slowakye

Die Ambassade van Slowakye

Die Ambassade van Nederland

Die Ambassade van Nederland

Beatrix van Nederland

Beatrix van Nederland

My besoek aan Liverpool

Verlede week moes ek Liverpool toe met werk gaan, wat my eerste besoek in meer as dertig jare was sedert ek ‘n laaitie was. Ek wou nie eintlik gaan nie, ek wou nie vroeg opstaan om die trein te neem nie, ek wou nie buite die kantoor vir een dag wees nie, ek wou nie baie laat terug kom nie, maar vir werk redes was dit baie nuttig om te gaan.

Liverpool is vir ons Engelses en Brits ‘n bietjie anders. Dis nie soos die ander stede nie. Dit het sy eie trotse identiteit en daardie aksent. (Persoonlik is my gunstelinge aksent – na my tipe aksent uit suid-Engeland – dié uit Belfast.) Die stad is welbekend oor die wêreld vir The Beatles (nie ‘n fan nie) en die voetbal klub (ek sê voetbal, jy sê sokker, ons almal bring sekere woorde uit ons eie taal na ‘n nuwe taal).

Liverpool was op een keer een van die grootste porte ter wêreld. Handel en mense het daardeur vertrek, immigrante wat na noord-Amerika vertrek het, arme Ierse wat uit Ierland en die hongersnood moes vlug (en wat die unieke aksent help maak het) wat ‘n toevlugsoord in Liverpool gesoek het, mense vol hoop en wanhoop. En toe ook die duisdende slawe wat vervoer is.

Ek het reeds geweet dat Liverpool op een keer die belangrikste stad vir die slawehandel gewees het. Die stad het baie ryk daardeur geword, net soos ander stede in ander lande. Sommige burgers het ryk en beroemd geword en het groot huise gebou, strate dra nog hulle name. Slawerny het ‘n klein visserdopie na ‘n wêreld hawe help vervorm.

Die stad probeer nie om hierdie geskeidenis te ontken nie en dit herken die rol hulle het gespeel. Die International Slavery Museum vertel die storie van die slawehandel en ook die storie van die swarte gemeenskap in Liverpool, een van die oudste in Brittanje. Dit is gelê op die verdieping onder die Maritime Musuem waar ons werk konferensie plaasgevind het so na die konferensie het ons gaan besoek.

Ek het baie waardeer die geleentheid om na die museum toe te gaan waarvoor ek nie vroeër geken het nie, om die uitstallings te sien en te lees, om oor hierdie handel te leer. Die slawehandel het Brittanje groot en ryk help maak en soos veel ander lande het ons nie om verskoning daarvoor gevra nie. Dus is dit belangrik om mense daaroor te leer en om nooit te vergeet nie. Ek is bly ek besluit het om vroeg in die oggend die trein te neem om Liverpool toe te gaan, ek het meer geleer as ek verwag het om te leer.

Webblad saak

Ek dink nou dis tyd om hierdie webblad op te dateer. Ek gebruik WordPress maar ek lees ander mense se blogs en sien hoe veel beter hulle s’n is – die styl en formaat, nie die skrywe natuurlik nie. Ek besef ek moet dieselfde tipe plugins of widgets aanlê, laai verskillende tema’s af en gebruik moderne style en foto’s om dit meer interessant te maak. Die enigste probleem is dat ek so min oor technologie en rekenaars ken so sukkel ek ewe om die aanwysings te verstaan en volg, en ek vergeet altyd al die regte wagwoorde.

Dit laat my dink waaran ek met hierdie webblad wil bereik. Die belangrikste doelwit is om my Afrikaans te oefen. Ek hou baie daarvan om te skryf, om in Afrikaans te dink en om te verbeter. Ek het onlangs ‘n paar Afrikaanse boeke gelees wat ‘n groot indruk gemaak het, ek het soveel nuwe woordeskat en grammatika konstruksies geleer.

Maar hoe meer ek leer, hoe op ‘n meer gereelde basis moet ek skryf. Ek is nie skrywer nie so sukkel ek om goeie onderwerpe waaroor te skryf; okei ek weet professionele skrywers het dieselfde probleme maar hulle raak gewoonlik betaal, dis nie net ‘n stokperdjie vir hulle nie.

Die ander ding is hoe ek my blog wil bevorder. Ek lees Twitter maar stel geen belang daarin om te tweet nie maar Twitter is blykbaar die beste weg om nuwe lesers en ander leerders te vind. Ek moet dus besluit hoe “suskesvol” ek wil hê dat my blog sou word, watter tipe lesers ek wil kry.

Ek lees elke dag Afrikaanse goed aanlyn en op my slimfoon maar dit tipe leesstof wat my interesseer is oor fetlike onderwerpe, wat verduidelik hoekeom ek so veel van die Afrikaans Wikipedia hou – en ek het onlangs nuwe artikels, of saadjies, gepubliseer.

Ek dink ek moet ‘n nuwe projeck vind, miskien iets wat nie aan Afrikaans verwant is nie, miskien om ‘n nuwe taal te leer sodat ek waaroor kan skryf. Ek dink nou om die oomblik oor ‘n Afrikaans wetenskapfiksie kortverhaal te skry en skryf neer idees. Ek is geïnspireerd deur kortverhale op my Kindle te lees en dit sou ‘n groot uitdaging wees om ‘n paar duisdend woorde in Afrikaans te skryf. Natuurlik is al my idees net dié wat ek in iemand anders se boek gelees het maar ek twyfel ek sou die eerste mens wees wat sy idees – óf uit ‘n blog óf uit ‘n boek – gesteel het.

Die Afrikaanse uitdaging

Ek het onlangs ‘n boodskap ontvang van Jane af wat The Afrikaans Challenge skryf. Sy wil Afrikaans binne een jaar leer sodat volgende jaar kan sy deur Suid-Afrika op vakansie reis en op sy blog skryf sy oor haar pogings. Ek moet sê, dit is ‘n baie indrukwekkende webblad en haar entoesiasme vir die taal is blykbaar.

Ek skryf my blog nou al sewe jare lank maar ek voel nou dat ek dit moet opdateer. Ek voel myne lyk nou baie oudmodies! Almal gebruik sosiale media soos Twitter en YouTube om hulleself te bevorder en om nuwe belangstellendes te vind. Ek ken amper niks oor teknologie nie (en stel baie min belang daarin) so sukkel ek om hierdie blog te verbeter en te bevorder.

Vanoggend kry ek ‘n e-pos van Fredrik, ‘n Sjineser wat homself Afrikaans leer. Ons het ‘n paar maande gelede gesels en hy studeer nou in Engeland en is ook baie vurig vir die taal. Wanneer ek ander leerders ontmoet, inspireer hulle my om te aanhou leer. Dit herinner my aan hoekom ek besluit het om Afrikaans te leer.

Meer gedagtes oor e-boeke

Ek het nou my Kindle al ‘n paar maand lank en dis vreemd hoe dit my verander het. Ek haal dit altyd saam met my as ek iewers heen gaan, dis een van nodige goede om te onthou om saam met my foon en musiek speler, reiskaartjie, geld en sonbril te vat – ja, ek dra sonbril so veel soos ek kan.

Ek weet ‘n boek is net so good maar dis seker makliker om my Kindle te lees as ek op die moltrein of nagbus sit en ry. Nes wanneer ons almal mp3-spelers vir die eerste keer gekry het, het ek nou die keus om deur verskillende boeke te blaai, om ‘n hofstuk hier en ‘n paar blaaie daar te lees. Miskien het ek ook my fokus verloor as ek nie op slegs een boek kan konsentreer nie.

Ek het reeds ‘n paar Afrikaanse boeke gelees wat ‘n Engelse vertaling het, en ek voel beslis dat my kennis van die taal baie verbeter het. Ek lees meer maklik nou blaaie en as ek nie al die woorde ken nie kan ek die sin baie goed volg. Die belangrikste ding is om nuwe woordeskat te leer en ek merk woorde sodat ek later hulle aan my woordlys kan byvoeg. Soos altyd moet ek meer geleenthede vind om te praat. Daar is ook veel Engelse boeke wat gratis is oor ‘n groot maat onderwerpe wat ek lees en leer.

Gevolglik is ek nou op soek na ander Afrikaanse e-boeke en e-tydskrifte om daarop af te laai, en hoe goedkoper hoe beter. Ek wil ontdek net hoeveel Afrikaanse e-leesgoede beskikbaar is. Dis maklik om op Amazon al my aankope te doen, maar ek moet meer gebruik maak van Kalahari en ander inheemse Suid-Afrikaanse uitgewers wat min bekende skyrwers uitgee. Daardie weg kan ek ‘n beter kennis van Afrikaanse skrywers kry as dit moontlik is om direk van hulle af te koop.

Ek moet ook resensies op Amazon skryf oor die boeke wat ek gelees het, om terugvoer te gee sodat ander belangstellendes goeie Afrikaanse skrywers kan laat ken. Dis een weg om my verbeterde kennis te gebruik, maar ja ek maak ook nog veel foute.

Môre gaan ek Leeds toe met werk per trein so sien ek baie daarna om vir ‘n paar uur te sit en lees, hoe lekker.

Rome en die Vatikaanstad

Ek is nou terug van my klein vakansie in Rome, wat ook my eerste besoek na Italië was. Ek het vroeër besluit dat hierdie jaar moet ek gaan en toe sê ‘n vriend dat hy gaan daardeur reis so het dit uitgewerk.

Ek wou al lank tyd na die Vatikaanstad toe gaan want ek hou baie van die Europese mikrostate. Dit was snaaks om uit die vliegtuig se venster uit te kyk en dadelik om die herkenbare vorm van die gefortifikiseerde mure, St Pieter se Basiliek en St Pieter se Plein te erken, so ‘n klein onafhanklike land in die middel van ‘n ander land se hoofstad. En dan wanneer jy gaan besoek, jy besef net hoe beide vreemd en envoudig die grens tussen Italië en Vatikaanstad is – jy loop net oor ‘n paaidjie of jy stap net in ‘n deur in die mure in en dan is jy na in die land.

Natuurlik het ek al die toeriste goed in Vatikaanstad gedoen, om die Sistynse kapel en die musees gesien, toe op St Pieter se basiliek geklim en oor die klein land en Rome uitgekyk. Dis seker die meeste populêre plek in Rome vir die toeriste, jy sien lang ritte buite die musee se ingang wat van vroeg af vir ure wag om in te kom. Gelukkig het ek kaartjies gekoop voor ek gekom het so kon net instap binne in ‘n nuwe land.

Rome was ‘n baie mooi stad, nes mense sê vol geskiedenis en kultuur en ou geboue insluitend die Colosseum, die Pantheon, die Trevifontein en die Spaanse Trappe. Die enige probleyem is die hitte en son wat mooi is maar jy raak moeg vinnig as jy, soos ek, nie gewoond daaraan is nie. Dus moet ek in die namiddag ‘n bietjie slaap of lees. Eintlik, wou ek enige rede vat om my Kindle te lees.

Een aand het ons net te lui gevoel so het met my tjommie op die Spaanse Trappe gestaan en gesels en ‘n paar blikkies gesyp, baie gesofistikeerd! Ek het voorheen gesê dat mense oorsee gaan en dan begin dink dat hulle nie ‘n toeris of reisiger is nie en dat hulle nader aan die inheemse mense is. Dus dink hulle hulle ken goed die stad of land en doen net soos die inheemse mense. Hulle wil aparte van hulle mede-toeriste beskou word. Dis meer verfynd, ‘n ordentlike storie, die inheemse mense sal jou beter behandel en meer van jou hou.

Ek stem nie saam nie. Moenie dom of onbeskaf wees nie en moenie vir elke maaltyd na McDonald’s toe gaan nie, maar terselfdertyd geniet julle tydelike ervaring en ontdek ‘n nuwe lande, stede, kos, mense en herinnige. Soms is dit lekker om met ander toeriste te praat, veral as jy nie die taal praat nie. Hulle gee raad vir jou oor hulle goeie of slegte ervarings en dis goed soms om nie te sukkel kommunikeer nie. Die rede hoekom jy daarnatoe gegaan het, is om iets anders te sien so gaan doen dit.

Die uitsig van bo-op St Pieter se basilika oor St Pieter se plein in Vatikaanstad

Die uitsig van bo-op St Pieter se basilika oor St Pieter se plein in Vatikaanstad

St Pieter se basilika, Vatikaanstad

St Pieter se basilika, Vatikaanstad

Die spoorwegstasie, Vatikaanstad

Die spoorwegstasie, Vatikaanstad

Die Sistynese Kapel

Die Sistynese Kapel

'n Deur op die grens tussen Vatikaanstad en Italië

‘n Deur op die grens tussen Vatikaanstad en Italië

'n Beeld by St Pieter se basilika

‘n Beeld by St Pieter se basilika

Die Colosseum, Rome

Die Colosseum, Rome

Boeke en e-boeke

Toe e-boeke en e-lesers eers verskyn het, het amper almal gesê dat hulle nie een wil kry nie. Almal het gesê hoe hulle van die reuk van papier hou (jy ruik jou boeke? Hoe vreemd!), hoe hulle hou daarvan om die boek in hul hande te hou, om die blaaie met vingers te draai, om die papier op vel te voel, hoe hulle bekommerd was dat hulle gaan dit verloor ensovoorts. Al baie goeie idees en redes. En ek was net presies dieselfde en ek kon nie sien die punt nie.

Ons het iets soortgelyks oor selfone gesê – “Jy moet baie onseker wees om een te kry” en toe het ons almal een gekry – oor om musiek af te laai – “Ek wil die artwork bewonder” en toe het ons gewissel en mp3s gekoop. So meeste van ons is nie early adopters van nuwe technologie nie. Ons is eers skepties. Dit raak nie saak wat mense sê nie, ons is ‘n bietjie bang vir iets nuuts en anders. Ons wil wag totdat iemand anders die eerste oke is om te probeer en dan, uiteindelik en vinnig, kry ons een.

So ja, onlangs het ek ‘n Kindle Paperwhite gekoop. Ek het al lang tyd gepeins en toe was ek ‘n bietjie verveld en besluit het dat ek in die werklikheid een moet koop. En ontmiddelik is ek baie lief daarvoor. Die ervaring is anders en ek neem dit orals saam met my. Die feit dat dit net een funksie het – vir om boeke te lees – is deesdae ‘n bietjie vreemd want ons verwag gewoonlik veelfunksieheid. Maar e-lesers doen net een ding en doen dit baie goed.

Daar’s aantal Afrikaanse eboeke maar natuurlik nie so veel soos ander tale nie. Op die oomblik lees ek Dit Was Oorlog en terselfdertyd die Engelse weergawe An Unpopular War. Ek verwissel tussen die twee boeke na elke paar hoofstukke om seker te maak dat ek alles reg verstaan. Ek glo ek verstaan amper alles, beslis kan ek die sin volg so dis meestals net die spesifieke weermagse woorde wat nuut aan my is mar gewoonlik raai ek oor hulle betekenis. Ek sien ‘n verskil tussen boeke wat oorspronklik in Engels geskryf is en toe vertaal is, en dié wat in Afrikaans geskryf is. Ek dink die vertalde styl is makliker om vir ons leerders te begryp, ek weet nie hoekom nie maar leesstof voel asof dit op die eerste keer in Engels geskryf is.

Die enigste probleem is dat nou ek e-boeke die hele tyd koop wat duur word.

Vakansie

Ek het uiteindelik ‘n kort vakansie gereël want ek besef ek reis nie genoeg nie. Daar’s soveel populêre lande wat ek nooit besoek het nie wat vreemd is want as kind het ons dikwels oorsee gebly nie. Maar ek het vliegkaartjies gekoop om na Rome te vlieg. Almal sê dit is een van die mooiste stede ter wêreld en ek gaan nie net Italië toe nie maar ook na die Vatikaanstad toe, so dis twee nuwe lande. Ongelukkig lyk dit net ‘n bietjie te moeilik om ook na San Marino toe te gaan so miskein op ‘n ander keer. Dis lekker om iets te hê om daarna uit te sien veral weens hierdie afskuwelike weer. Jy moet glo dat een dag die somer sal aankom.

Sonder entoesiasme

Ek het ‘n paar weke gelede oor ‘n nuwe Afrikaanse projek geskryf, maar soos dikwels sukkel ek nou om my weer entoesiasme te vind. Ek moet ‘n Afrikaanse skyrwe doen maar alhoewel ek dit amper voltooi het, is ek nie heeltemal bly daarmee nie en so maak ek nou die hele tyd wysigngs en ek wonder of ek dit ooit sal publiseer. Hoe meer ek dit wysig, hoe minder ek bly daarmee word.

Nuwe Afrikaanse projek

Dit lyk ek gaan ‘n nuwe Afrikaanse projek hê as alles reg uitwerk. Ek moet die besonderhede uitsoort voor ek iets vertel, maar dit lyk interessant en sal hopelik ook my Afrikaans verbeter.

Terwyl julle wag, lees my twee nuwe artikels op Wikipedia oor die Akhdam en Inverness Calendonian Thistle FC, my Skotse voetbal klub. Ek sê voetbal in plek van sokker want dis die woord wat ons in Engels gebruik, anders herinner dit my aan private skool onderwysers wat voetbal as sokker en rugby as voetbal noem. Soos gewoonlik, is hulle nie aan Afrikaans en Suid-Afrika verwant nie want ek verkies om oor onderwerpe te skryf waarin ek belangstel, wat hopelik ander mense gaan interesseer. Dankie aan die oke wat ‘n paar klein verbeterings gemaak het; dis snaaks hoe wanneer ek die verbeterings lees, dink ek amper altyd hoekom het ek daardie tipe foute gemaak?

Heavy metal in Suider-Afrika

Ek lees vanoggend hierdie artikel in The Guardian, Desert sounds – Kalahari metalheads pursue a dream. Dis nie die gewone artikel wat jy in daardie koerant lees nie, hoofsaaklik want hulle gee nie te veel om oor heavy metal nie.

Dit lyk asof die koerant eintik net die artikel van Vice af gesteel het, het hulle onlangs oor dieselfde toneel geskryf, Botswana’s cowboy metalheads. Iemand het ook ‘n skakel aan hierdie berig en fliek oor heavy metal in Angola gelos. Dit herinner my ook aan die fliek Heavy Metal in Baghdad.

Dis cool om te sien hoe populêr metal raak in lande waar miskien twyfel mense dat dit gaan floreer. Toe ek in Namibië ‘n paar jare gelede was het ek in Die Republikein oor die Windhoek metal musiekfees gelees maar ongelukkig kon ons nie bywoon nie. Dis snaaks om te dink dat dit makliker is om oor die Botswana heavy metal toneel kan lees as om oor die Belfast s’n te leer, ek het gesukkel om enigiets te vind toe ek verlede jaar besoek het.

Op my volgende besoek na Suid-Afrika en hopelik ook ander Afrika lande toe, moet ek ‘n paar bands gaan sien. Dis maklik in Londen om bands en gigs te vind, maar oorsee moet ek navorsing doen. Almal gaan baie beïndruk wees as ek sê – of eis – dat ek ‘n fan uit die buiteland is wat spesifiek gekom het om hulle te sien.

* Dankie aan Terrence vir die verbetering.

Vreemde taal klasse

Soos ek dikwels skryf, soek ek ‘n nuwe taal om te leer so het ek hierdie week ‘n kwitansie vir Brasiliaanse Portguees lesse gekoop. Ek het nooit Portugees geleer nie en, ek moet erken, ek weet baie min oor die land of taal. Op die ander kant, het ek onlangs ‘n paar beroemde Brasiliaanse flieks gesien so raak ek nou baie interesseerd in die land. Ek dink, wel hoop, dat die verskille tussen Portugees en Brasiliaans-Portuguees nie te groot is nie, miskien kleiner as dié tussen Nederlands en Afrikaans.

Een ding wat nuttig oor die Portuguese taal is, is die feit dat dit ook in Afrika gesproke word. Een Britse neef bly nou in Mosambiek, ‘n land wat ek wil besoek. Die land wat ek seker wil besoek, is Kaap Verde. Ek weet nie hoekom nou die land interesseer my nie so ondersteun ek hulle in die Afrikanasiesbeker – baie jammer Suid-Afrika, maar hulle is my nuwe gunstelinge span.

Ek gaan nie vlot word nie, maar dis iets nuuts om te doen en om te leer en daar’s genoeg kanse om dit in Londen te praat, die stad vol geleenthede.

Ek is nou verveld

Ek sukkel nou om iets te vind om te wil doen noudat ek ‘n bietjie verlof neem. Dis ‘n vreemde tyd tussen Kersfees en die nuwe jaar. Ek het beplan om my woonstel skoon te maak, en ek het reeds ‘n bietjie gedoen maar dis nie die beste weg om jou vakansie te spandeer nie.

Vriende maak nou planne vir Oujaarsaand maar hoe ouer ek raak hoe meer ek besef dat dit selde die moeite werd is. Almal beplan om na ‘n sekere kroeg of klub toe te gaan en wil almal versamel om in ‘n groot groep uit te gaan. En elke jaar praat ek met vriende en hulle vertel net hoe hulle het ‘n verskriklike aand deurgebring het, hoe almal baklei het en toe verdywn het, hoeveel geld uitgegee is, hoe iemand se boyfriend of girlfriend het aangedring dat hulle vroeg moet verlaat ensovoorts. Elke jaar sê ek vir hulle wat ek gedoen het en hulle is gewoonlik baie jaloers op my!

My plan is om ‘n na verskeie kroeë toe te gaan om verskillende vriende te sien, op my eie sodat niemand mag vir my sê wat ek moet doen. Die openbare vervoerdiens loop deur die nag so kan ek oor die hele stad dwaal om na die beste party of kroeg soek. En dan kom 2 Januarie en ek gaan terug werk toe en vergeet dat slegs twee weke verlede was ons almal baie opgewonde oor die Kersfees vakansie.

Rodriguez

‘n Paar weke gelede het ek Rodriguez gaan sien want hy het vier uitverkopte gigs in Londen gespeel. Soos jy sou verwag was Suid-Afrikaners volop en ek het met ‘n klompie Suid-Afrikaners gegaan. As jy nie Suid-Afrikaner is nie, ken jy nie vir Rodriguez tensy jy die fliek Searching for Sugarman gesien het nie, en hiedie feit verduidelik so veel.

Veel Suid-Afrikaners besrkyf Rodriguez as beter as Dylan en die invloed op die lewe van so veel Suid-Afrikaners is moeilik om heeltemal te verstaan vir ons wat oorsee grootgeword het, en hoekom hy soos ‘n held beskou word. Ons almal het verskillende perspektiewe. Ek lees hieride resenesie oor die gig deur ‘n joernalis van wie se skrewe ek hou. Dit lyk my ‘n bietjie onbilik om hom te blameer oor die feit dat hy ‘n held vir hoofsaaklik wit Suid-Afrikaners was, maar daar is ook veel in sy resensie waarmee ek saam stem.

Omdat hy cult status gekry het, is dit moeilik om objektief te bly. Vir die eerste paar liedjies het hy net gemommpel en ons kon skaars hom hoor, maar toe het die klank verbeter. Seker is sy lirieke mooi en slim maar ook baie bitter en amper vol wraak. Die vraag dan is net hoe goed is hy werklik? Dit hang af van wie jy is. Vir Suid-Afrikaners is hy ‘n genius en held want hy het so ‘n belangrike rol vir so veel mense gespeel. Vir mense wat net sy musiek ken of vir hom uit die fliek ken, is hy interessant en jy hoor sy liedjies vir die eerste keer 40 jare na hulle vrygestel is. Ek twyfel of jy in ‘n verskillende manier oor hom kan dink. Hierdie twee aspekte oor sy loopbaan defineer hom.

Jy wonder hoe hy voel nou, om sukses en erkenning te ervaar wanneer soveel tydgenote wat suksesvol gewees het, leef nou in duisternis. Hoe soet vir die Suikerman.