Author Archives: Alexander

About Alexander

Brit studeer Afrikaans.

London Zoo en planne vir my vakansie in Londen

Ek is nou op vakansie maar ek bly in Londen en net lekker ontspan. Werk was baie besig gewees so dis nou lekker om niks te doen nie. Miksien sal ons môre Brighton toe gaan om op die strand te loop en op die dodgems te ry/speel. Om Vrydag sal Johan van die Moddereiland Potgooi en ek ‘n nuwe potgooi maak maar tans kyk ek net Deadwood op DVD wat uitstekend is. Dis een van die beste programme wat ek onlangs gesien het ek wonder hoekom ek dit nie vroeër gekyk het nie.

Op die naweek het ons London Zoo besoek. My vrou werk as vrywilliger by die dieretuin op elke ander naweek en ek is lid en ons geniet om al die diere te gaan sien. Verlede week is die nuwe gorilla huis opgemaak en dis reeds baie populêr met die besoekers. Gewoonlik hou ek nie baie van gorillas of die ander ape nie maar noudat ek hulle meer sien begin ek huller waardeer.

Ons gunstelige diere is die meerkatte en die otters. Hulle lyk en speel net soos ons katte en dit lyk asof almal baie van hulle hou as hulle onder mekaar of met klippe speel-speel. Daar’s ook ‘n nuwe reënwoud gebou waar die ape en ander klein diere klim en loop onder die besoekers omdat hulle nie agter glas in die hoofde deel woon nie! Dis moeilik om te verduidelik en ek dink dat die diere gou-gou in hulle deel sal bly as hulle bang van mense word. Jy moet gaan besoek.

Ja, ek weet dis nie Suid-Afrika en die Kruger nie (ek was daar op twee keer gewees) maar dis nog goed vir ons. Onder is foto’s van ‘n sloth, otter en meerkat.

Die nuwe webblad

Baie dankie Johan wat die nuwe Afrikaanse Koffiekroeg webblad gemaak het. Daar’s meer werk om te doen maar ek dink julle sal stemsaam dit lyk baie beter as my vroeër poging! Ek is besig om alles te invoer.

Ek het giester ook ‘n paar Afrikaanse albums op die internet afgelaai. Dis so veel makliker as jy dit kan aflaai as om dit van Suid-Afrika af te probeer vind en dan koop. Laat my weet of jy goeie webblaaie weet waar ek kan musiek aflaai of koop.

My artikel op Wikipedia

Die artikel oor die Norn taal wat ek op die Afrikaanse Wikipedia geskryf/vertaal het (okei ander mense het natuurlik verberterings gemaak), verskyn hierdie week op die tuisblad in die “Het u geweet…” afedeling. Ek is baie bly daarmee.

Johan maak tans ‘n nuwe webblad vir die Afrikaanse koffiekroeg maar druk op die skakel en sien die beta weergawe. Ons beplan ook ons volgende ontmoeting so nuus sal kom.

Afrikaanse musiek

Ek het nie in lang tyd geskryf nie en ek voel ek moet, en ja ek wil ook. Ek het nie te veel gedoen nie maar net dieselfde dinge – gaan kroeg toe, gaan voetbal kyk, gee geld uit ens.

Terselfdertyd is besig om Afrikaanse kunstenaars en bands op myspace te soek. Ek het nie vroeër geweet net hoeveel Afrikaans musiek op die internet ‘n mens kan vind nie. Ek het hierdie week boodskappe van ‘n Afrikaans rapper in Mitchell’s Plain en ‘n nuwe (en ‘n bietjie beroemde) sanger ontvang om hulself te bevorder, wat baie goed is. Daar’s beslis ‘n groot verskeidenheid musieke style in nuwe Afrikaanse musiek wat nie al net soos country and western klink nie. Ek sien hierdie jaar speel ouens soos Koos Kombuis, Anton Goosen, Bok van Blerk en Beeskraal by die Aardvark wat ek wil gaan sien. Ja, myspace is nie net jong meisies wat wil ontklee nie – nie dat jy sal miskien besef nie.

Johan het ‘n nuwe webblad vir die Afrikaanse koffiekroeg gemaak nou al wat ek moet doen is uitwerk hoe om dit na my server te vervoer – voorstelle sal baie welkom wees. En daarna, kan ons weer ontmoet.

Nederlandse TV oor die Basters

Ek het hierdie Nederlandse nuus berig oor die Rehoboth Basters gevind. Ek dink die nie-blankes Afrikaanssprekend gemeenskappe is baie interessant en belangrik maar te dikwels as jy oor die taal praat en lees vind jy geen noeming van hulle of hul kultuur nie. Dis snaaks om Afrikaans met Nederlandse onderskrifte te sien!

Black Book/Zwartboek

Gister het Black Book/Zwartboek gaan sien. Dis ‘n nuwe Nederlandse rolprent van Paul Verhoeven en dis baie goed. Ek sal nie sê wat gebeur nie – lees die Wikipedia artikel as jy moet weet voordat jy dit gaan sien – maar ek was bly dat ek veel kon verstaan maar natuurlik het die onerskrifte my gehelp. Persoonlik verkies ek Afrikaans bo Nederlands maar hierdie rolprent maak my dink miskien sal ek ook ‘n bietjie meer Nederlands leer. Ek hoor ook dat ek nader aan Nederlander as Suid-Afrikaner klink wanneer ek Afrikaans praat! As iemand wil dit sien laat my weet want ek is meer as bly om dit weer te sien.

Vrydagaand het ek Afrikaans in die kroeg met Suid-Afrikaners gesels wat goed was. Hulle vind dit baie snaaks dat ‘n Brit Afrikaans wil leer, wel die Engelse doen, maar die Afrikaner was bly om die geleentheid te kry om sy taal te praat omdat hulle gewoonlik net Engels saam mekaar praat.

En ek sal die volgende koffiekroeg beplan. Hopelik kan ons in Februarie iets reël wanneer almal geld het. Ek sal julle laat weet.

En uiteindelik, het Arsenal vandag gewen en ek is baie bly, “Arsene Wenger se rooi en wit leër!”

Januarie is nie die maand om uit te gaan drink nie

Vrydagaand het ek en ‘n vriend uit Leeds in Camden en Soho gaan drink, net soos elke naweek. Die mense was volop wat ‘n verrassing was aangesien dit baie koud en winderig gewees was. Maar dit was nie pret nie. Orals lyk soos dit stil was, mense het geen energie nie en ons het gevoel dat ons te groot ‘n poging moet maak om dit te geniet. Die bier was vuil (kettery!), die mense was lastig (net soos altyd!) en ek was meer as bly om met die nagbus huistoe te ry.

Dus het ek ‘n nuwe opmerking gemaak – die eerste werk Vrydagaand in die nuwe jaar is die slegste aand in die hele jaar en Januarie is die slegste maand om uit te gaan drink en te speel. Ek kan nie verduidelik hoekom nie. Miskien is almal so gatvol nadat die eerste week terug by die werk dat hulle net buite die huis wil gaan maar dit werk nie. Dis nie soos die dae wat tot Kersfees lei nie wanneer almal gelukkig en opgewonde is. Die eerste paar dae na Kersfees en in die nuwe jaar is teleurstelling. Die nuwe jaar is te jong om te weet wat gaan gebeur en wat nuwe ervarings jy gaan kry en geniet.

Nee, ek besef nou dat Januarie die maand is om tuis te bly, om geld te spaar, om weer ‘n bietjie werk te begin doen (maar nie te veel nie – almal verstaan dat jy nie nog in die nuwe jaar opgewarm het nie), om lekker te onstpan en om te besluit wat jy graag wil bereik en doen. Alles begin weer in Febuarie sodra jy betaal word. Dié is die eerste dag van die nuwe jaar.

‘n Nuwe jaar maar ons weet dat alles waarskynlik dieselfde sal wees

Ek voel ek moet iets skryf omdat ek onlangs baie lui gewees was en het niks nuut geskryf nie. Ek weet dis nie ‘n goeie reed nie maar wanneer het niks om te berig nie ‘n mens op die internet verhinder om te skryf..

Net soos almal gaan ek sê dat hierdie jaar ek alles anders gaan doen maar ek vermoed (wel, weet) ek sal net so lui soos altyd wees en niks sal verander maar ek is bly daarmee. Ek wil ‘n ware poging met my Afrikaans maak. Ek is baie bly met my vordering nadat ek nege jaar gelede myself die taal uit boeke uit begin leer het. Dis nou net ‘n kwessie om te besluit waarop is die regte dinge om te konsentreer en hoe ek kan verbeter.

Nie my beste berig nie, maar dis net “dag een” van die nuwe jaar en hopelik kan ek die kwaliteit van my toekomste berigte verhoog!

My eerste artikel op Afrikaanse Wikipedia

Ek het vandag my eerste artikel op Wikipedia geskryf so as jy oor die uitgestorwe Norn taal in Afrikaans wil lees – en ek weet dat jy wil – dan gaan lees dit nou! Ek hoop om Wikipedia te gebruik om my geskrifte Afrikaans te oefen en te verbeter (net soos my blog) en terselfdertyd om na die projek te byrda. Hopelik sal die Afrikaanse Wikipedia groei en sal mense wys dat Afrikaans nog ‘n belangrike taal bly.

Hierdie naweek het ek nie te veel gedoen nie maar op een of ander manier het ek te veel geld gespandeer. Die weer nou raak kouer en dit verskyn om die hele tyd te reën, en ek praat as Brit!

Spioene, Casino Royale en Jackass

Hierdie is die eerste keer dat ek met ‘n epos ‘n nuwe update probeer skryf.

Die koerante is besig om oor die voormalige Russiese spioen, Alexander Litvinenko, te skryf. Hy het eintlik nie te ver van ons oud huis in Alexandra Palace af gewoon en nie so ver van ons huidige ene af nie. Die regering is nie bly met die feit dat miskien buitelandse geheime agente hom in Brittanje maakgedood het nie.

Ek vind daardie feit ‘n bietjie snaaks en ironies. Vandag het ek Casino Royale by die bioskoop gaan sien en een aspek van James Bond se loopbaan soos geheime agent is om mense in die buiteland dood te skiet! Die rolprent was baie aangenaam veral op een keer is hy dukgesuip, wel okei was hy vergiftig maar dis nog snaaks en “dukgesuip” is my nuwe woord om te gebruik. Ek weet nie of hy beter as Fritz Deelman is nie, ek hang af van Eben om my te laat weet.

Gister het Kathryn (my vrou) en ek Jackass Number 2 gesien. Dis baie snaaks en ons het dit geniet en het baie hard gelag. Soos miskien jy oor my kan merk, ek hou van domme rolprente!

Die Afrikaanse Koffiekroeg

Gister se Afrikaanse Koffiekroeg ontmoeting was ‘n ware sukses en dit was goed om nuwe mense te ontmoet wat die taal wil praat. Almal het lekker gejol en gesels en ons het planne oor volgende ontmoetings gemaak. Die berig in Die Stem het ons baie gehelp om ander belangstellendes te vind.

Monica het onlangs haar internet maatskaapy Nostalgie gestig wat Afrikaanse DVDs uit Brittanje verkoop, so gaan besoek, gaan koop en gaan kyk!