Monthly Archives: April 2025

‘n Eiland in die Middellandse See

Aan die begin van hierdie maand het ek na die eiland van Kreta op vakansie gegaan. Die waardheid is dat hierdie die eerste keer toe in Griekeland was. In die verlede het ek min belangstelling in see en son gehad, maar deesdae gaan ek een keer elk jaar om in hierdie plekke te sit en ontspan.

Hierdie keer het ek in Chania op die eiland gekuier, wat ‘n stad van die Republiek Venesië is en daar staan nog in die ou stad die Italiaanse invloed op die geboue en dit voel min Grieks as ‘n mens sou verwag. Die stad homself staan bekend weens die ou stad rond die hawe wat voel nes die ander Middellandse stede wat ek besoek het, soos Gibraltar, Nice, Valletta, Kotor en Dubrovnik vol smalle strate wat rond hoë klipgeboue kronkel. Did lyk mooi om in daardie tipe nederstettings te leef, om sö ‘n leefstyl te ervaar. Dis sou ‘n mens se droom wees.

Die Küçük Hasan Pasha Moskee in Chania

Die Küçük Hasan Pasha Moskee in Chania

Op hierdie vakansie het ek baie min foto’s geneem wat baie ongewoon vir my is. Diegene wat ek geneem het, bestaan meestal uit katte en die see. Die Küçük Hasan Pasha Moskee in die hawe Chania is een van die beroemste geboue, naas die vuurtoring, en dateer uit die tydperk van die Ottomaanse Ryk se bewind. In die agtergrond sien jy die sneeu wat op die berge lê en blome en bome floreer.

In die somer is daar veel te doene soos om die eilandjies en strande te besoek, en die ruïnes van die antieke beskawings. Op ons besoek was daar min beskikbaar, maar dis seker ‘n eiland te ontdek.