Al lank tyd was ek van plan om weer Suid-Afrika op vakansie te besoek. My laaste besoek het jare gelede plaasgevind en nou is ouer en vol meer informasie en idees waaroor ek wil doen. Die groot aantreklikheid, soos ek sê, is dat die land amper die enigste land waar Afrikaans gepraat word. Ja, Afrikaans word ook in wat naburgie lande gespreek maar ek nie so veel nie en dis seker makliker om die taal in Suid-Afrika te gebruik. In Europa bestaan daar g’n Afrikaans land nie. Mens kan Nederlands en Vlaamse variente in Europa praat, maar dié tale is aparte, hulle is anders.
Maar oor die jare het belangstelling in hierdie plan begin verdwyn. Dit sou seker goed wees om heen te gaan en die land is pragtig en die weer is lekker en daar’s veel as reisiger en toeris te doene en te siene. As ‘n mens heen gaan, wil jy ‘n paar weke kuier aangesien die so ver om te reis, die vlug duur ‘n dag en kos baie geld – gaan en wag op die vliegtuig, vleig, half slaap, reis na die hotel of huis en deur alles jy raak te moeg om jou vakansie te begin geniet.
Ek is onseker oor hoekom my belanstelling gekwyn het, Miskien is die gebrek aan kontak met die taal en die gebrek daaraan om die taal te praat is belangrik. Ek is tog baie opgewond dat Fokofpolisiekar in die somer in Londen kom speel sodat hierdie keer hoef ek nie na Amsterdam te gaan.
Terselfdertyd begin ek ‘n groter belang in Europa te stel. Natuurlik lees ek gedagtes aanlyn wat so veel dinge as baie Euro-sentries, baie wit, ‘n koloniale houding ensovoorts beskryf deur om orals anders te ignoreer, asof ‘n kontinent van lande en eilande, honderde miljoene mense en honderde tale, dialekte en variente, en kulture en eeus van geskiendenis is niks waard nie.
As kind het ek vir ‘n paar jaar op die vasteland grootgeword en as ek nou kuier, is soveel dinge bekend, soos die strate, die fietspad, die vorm van die geboue. Ek is steeds ’n buitelander vanweë die taal en eilandkultuur, maar die afstand voel nie te groot nie. Ek het onlangs ‘n lys van my vakansies geskryf en dit lys meer as sewentig afsonderlike reise na Europese lande en kort vakansies sedert die begin van die millennium. Ek is seker in die beste generasie gebore, wat die eerste generasie was wat maklik en goedkoop kon reis as ons wou doen.
Ek wonder of mense ‘n nuwe gevoel van gedeelde identiteit geskep het ná eers ‘n pandemie en toe die veranderende politieke situasies. Vir my is die antwoord, ja. Die idee van lekker hotelle en gesellige restaurante en cool kroeë spreek my nie aan nie. Maar ek wil op die trein sit en by die venster uitkyk oor die platteland, die idee om tientalle kilometers te reis om iets onbekends te sien is wat ek wil doen. Ek is g’n gesofistikeerde reisiger nie; ek wil ook in die rockkroeg sit en suip, maar deur die internet en veral deur Wikipedia, vind ek verlore of onbekende geskiedenis. Oos-Europa en Slawiese Europa is my huidige onderwerp van belangstelling, ‘n gebied wat ek vooraf regtig baie minder belang gestel het. Maar hulle is mos lande sonder Afrikaans.
Nou lees ek artikels en webblaie oor stede and aantreklikhede te siene en ek kyk na kaarte om navorsing oor roetes te doen. Wat is moontlik, ry daar treine, hoe lank duur reise ensovoorts. Om ‘n plan te maak is nou die uitdadeging