Monthly Archives: November 2024

Parys, Frankryk

Aan die begin van die maand het ek na Parys op vakansie gegaan. Mens kan maklik en vinnig op die Eurostar ry en net uit die venster na die platteland kyk. Dis direk wat seker een voordeel is dat jy om op perrons te sit en wag moet wag totdat die verbindingstren kom.

Die Conciergerie

Die Conciergerie, die plek waar Gojira tydens die Olimpiese openingseremonie gespeel het

Ons het besluit dat ons net rond wil loop. Ek het geen kaartjies gekoop of planne gemaak nie. Ons wil toeriste wees, want ons is. Ons het net langs die rivier geloop om die atmosfeer te ervaar. Hoekom het ek so lank gewag voordat ek die stad kom ontdek? Veel mense sê dat Fransmense onvriendlik is en weier om Engels te praat, maar dit lyk my ‘n mite.

Die Hooglander, 'n Skotse kroeg

Die Hooglander, ‘n Skotse kroeg

In die aand gaan ons na ‘n Skotse kroeg met vriende uit Frankryk en Kroasië wat ook kom kuier het. As ek in ‘n vreemde stad is, soek ek óf ‘n rock bar óf ‘n Ierse kroeg om heen te gaan drink. Die rede is maklik; ek is buitelander wat die stad ken nie, dus wil ek êrens heen gaan waar ek weet wat ek kan verwag. Sonder om te voor te gee dat ek ‘n egte inwoner is. Die vreemdste ding is dat aan die muur ‘n ou foto uit die sestigjare van Skotse soldate hang en toe ek fyn kyk, sien ek onder die soldate staan my pa. Ek is heelemal verstom.

Eiffeltoring. Het jy rigtig Parys besoek sonder om 'n kiekie te neem?

Die Eiffeltoring. Kan jy rêrig Parys besoek sonder om ‘n kiekie te neem?

In die oggend het ons op ‘n toerboot vol ander toeriste gevaar om al die geboue te sien. Ek besef dat ek amper niks oor die stad weet nie, ek ken nie die beroemde geboue nie, wat ampder almal anders weet. Dis ‘n ware keiserlike stad soos Londen, die groot steen geboue, kerke, katedrale, museums, woonstellings wat oor die Seine kyk. Dis baie indrukwekkend en klassiek. Na my mening is die rolprent The Day of the Jackal die toonbeld van Parys waarna ek dink; die style en mode uit die sestigjare, die wye strate, die motors wat rond ry, die mense wat deftig lyk sonder te hoef probeer.

Kraaie

Kraaie sit en kyk