‘n Stukkie ander lande in Londen

Op die naweek het ek na die Diplomatieke Verteenwoordiging van Vlaandere in Londen gegaan toe ek in die Open London House deelgeneemn het. Ek het jare gelede besoek en hierdie jaar was daar veel minder om te sien maar dis altyd interessant om te gaan en om ‘n bietjie met die diplomate te gesels.

Vlae in die Diplomatieke Verteenwoordiging van Vlaandere in Londen

Vlae in die Diplomatieke Verteenwoordiging van Vlaandere in Londen

Ek het ook die ambassade van Pole besoek wat ‘n baie mooi gebou is. Nes die Vlamings, was hulle trots om huile kantoor aan besoekers te toon. Die mees interessante ding is die Enigma-masjien wat uitgestal is. Miskien is dit ‘n replika, ek onthou nie, maar die een voorwerp wat almal anders ook wil kyk.

'n Enigma-masjien

‘n Enigma-masjien

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam