Ek was weer in België en Nederland vir ‘n paar dae met vriende, terug in ‘n Nederlandstalige omgewing. Dis altyd goed om heen te gaan en word soos ‘n verskillende mense sodra ek van die trein af klim, ‘n tipe kundige mens wat die plaaslike tale kan volg – miskien net in my drome.
Ek hou baie van die argitektuur van die moderne stasies in Nederland, Onder die perrons is daar dikwels ‘n gang vol winkels en kafees en jy mag maklik na die oorkant en weer terug daardeur stap. Die perrons staan maar twee voet diep dus moet jy omhoog stap om op die trein te klim; in Brittanje is die deur van die wa en die perron op dieselfde hoogte. In Eindhoven moes ek ‘n treinkaartjie by die NS-kantoor koop en ‘n paar vrae bestel. Vol selfvertroue praat ek Nederlands, stadiger en toe ek iets in Engels moes sê, net omtrent tien woorde, voor ek terug na Nederlands keer hulle weet seker waaruit ek kom. Hulle komplementeer my op my Nederlands en ek verduidelik dat ek Afrikaans praat en hulle lyk beïndruk. ‘n Ware sukses vir my.
Uiteindelik het ek in Breda aangekom. Die familie naam van een van Suid-Afrikaanse groot oma’s was Van Breda, en die stamvader het in 1718 in die Kaap aangekom. Ek het die familie se geskiedenis nagevors en dié groot oma het aan die hange van Tafelberg gewoon en was sevende generasie Suid-Afrikaner. Dis beslis baie ver in die verlede en betref helemaal nie aan my lewe nie, maar is net iets interessnats te wees. Wat was hul moedertaal en wanneer het hulle verengels? Ek is nie hulle nie dus is hul verhaal nie myne nie maar ek wil al lankal besoek.
In Breda het baie mense op die trein na Brussel geklim. Hulle was nog reisigers soos ek maar net gewone mense sonder tasse en jasse wat na die hoofstad van België wil gaan. Kom hulle werk toe of doen inkopies? Die konsep van ‘n harde grens of taalgrens bestaan nie. Aan die een kant voel jy ‘n verskil. Nederland is baie plat as ek uit die venster in die hotel op die vier-en-twintigste vloer wat oor die platteland kyk. Heeltemal plat, geen heuwels of so iets nie. Ver in die verte sien jy net die hoë kerke teen die blou horison. Aan die ander kant voel België minder moderne, minder georganiseerd en minder netjies dus nader aan Brittanje.
Ek lees graag die strips van Kuifie dus hou ek van Brussel-Suid met die groot muurskilderye van die man homself. In die stad sien jy hom ook orals en dit laat die stad en land ‘n bietjie magies voel, dit herinner jy aan jou kinderjare. Soos hy, is ek ook op een avontuur in vreemde plekke waar ek moet haas om die trein te vat en ek in verdwyn in die omgewing sodat niemand besef dat ek uit êrens anders kom.
Brussel-Suid is miskien die plek in die buiteland wat ek die meeste besoek het. Na my rekening het ek meer as 60 keer op Eurostar gereis en ek vra my of Eurostar die ware rede hoekom ek baie van de Lae Lande hou.