Die somer kom en soos gewoon, seker soos voor die pandemie, sit ek op ‘n Eurostar wat na Brussel ry. Ja, ek gaan weer na ‘n musiekfees in Vlaandere met ‘n groep maatjies. Hoe mooi dit is om op vakanse te mag gaan sonder beperkings soos om ‘n masker te moet dra of om ‘n toest te moet doen.
Ek lees gerugte oor die hel wat mense op Britse lughawes ervaar, die lang wagte, die verveling dat jy nie reis nie. Gelukig, ry die Eurostar nou sonder probleme voordat ek in Brussel kom. Hoe meer kan ek oor Brussel sê wat ek al nooit gesê het nie? Die sentrum gons met toeriste en nou ook e-bromponies. Reisigers uit veel verskillende lande kom aan in Brussel en sien die toeriste aantreklikkhede en neem kiekies.
Onlangs by die werk het iemand uit die Brusselse regering vir ons vertel oor die taal beleid in die stad, sodat alle jonge Frans, Nederlands en Engels leer praat, saam met die minderheid tale wat in die stad gespreek word. Maar vir my, niemand verstaan as ek óf Frans óf Nederlands praat nie. Ek weet dat kelners en barristas baie besig is en wil nie gratis taal lesse by die werk gee nie. Ek is ‘n bietjie teleurgestel aangesien ek die poging wil maak om die land se tale praat, maar ja ek verstaan hoekom.
Daar’s min meer om te berig nie. Ek ry na nog ‘n ander klein Vlaamse dorpie om ‘n musiekfees by te woon. Ek ontmoet weer Vlaamse vriende wat ek nie al lang tyd gesien het nie. Die bar personeel is verbaas dat ons uit Londn getrek het, om na hul klein dorpie te kom. Ek voel asof ek op ‘n ware vakansie is en ek ontspan goed saam met vriende en na die musiek luister wat tot laat speel.
Dis altyd die moeite waard om daarheen te gaan.