Ek neem nog ‘n ander week op verlof en soos veel mense kyk-kyk ek my foon om Twitter, Guardian en die nuus oor die aanval op Oekraïne te lees. Dit lyk afskuwelik vir die mense wat óf nou vlug óf in die land bly. Dis hard om te glo wat tans plaasvind.
Ek was op universiteit in Engeland gedurende die oorlog in die voormalige lande van Joegoslavië. Ek onthou in 1995 toe ek in die somervakansie gewerk het en hoe in die aande ek na die nuus gekyk het wat so gru en boosaardig was. Ek het moderne geskiedenis gestudeer dus kon ons skryf opstelle en eksamens oor destydse gebeurtenisse. Ek was ‘n bietjie lui en ongemotiveerd, wat ‘n jammer was, maar ek stel al lang tyd ‘n groot belang in die onderwerp en lees altyd boeke en berigte oor hieroor.
Op die naweek het ek verby die ambassades van beide Oekraïne en Rusland geloop, wat baie naby elkaar gelë is. ‘n Klomp Oekraïners staan buite hul ambassade met vlae en wil hul steun gee. Buite die Russiese een het veel mense graffiti ensovoorts geskryf maar alles was stil sonder betogers of onderhouers. Tussen die twee staan ‘n standbeeld van St Wladimir of St Volodymyr – daar bestaan ‘n debaat oor sr regte naam maar persoonlik vind ek sy naam in moderne Oekraïens Володимир Святославич baie mooi.