Verlede week ontmoet ek in ‘n kroeg ‘n vriend uit Kaapstad wat ek nie jare lank gesien het nie. Hy was van plan om Londen te besoek maar weens die nuwe Britse bezoek en immigrasie reëls – “Global Britain” en sy vyandige omgewing – was hy eers nie toegelaat om hierso te kom nie. Uiteindelik het hy alles reg gemaak dus was dit ‘n lekker verrassing om op die rivier te sit en te drink en te gesels.
Ek het lankal geen Afrikaans gestudeer nie maar ek verbaas my oor hoe maklik ek sonder probleme kon praat. Ja ek weet ek weet baie – en ek weet hoeveel ek weet nie – maar ek praat slegs ‘n handvol Engels oor die twee ure dat ons by mekaar gekom het soos ‘n spiergeheue.
Natuurlik bly gesproke Afrikaans, veral as iemand snel praat, soms ‘n moeilikheid maar ek volg alles, ek dink. Ek studeer tans, of regtig speel, de Nederlands kurus op Duolingo dus vra ek my hoeveel dit help om my kennis te hou. Ek vermoed ja, maar ek weet terselfdertyd dat ek sukkel om Nederlands te praat en te skryf; ek probeer ‘n bietjie by die werk te gebruik maar gelukkig praat die ander oukes nog slegter Nederlands as ek.
Ek moet meer geleenthede vind om te praat want ek geniet dit baie. Ek skryf aan de organiseerder van die Nederlands network by die werk om te vra oor Afrikaans ensovoorts maar tot dus ver skryf hy nie terug nie. Ek glo daar ten minste een Afrikaansspreker by die week maar maar ons werk betrekt nie aan mekaar nie so sal ek ‘n plan maak.
So ja dit was mooi om my ou maatje te sien en om so lekker te gesels.