Ek weet nie hoe die week by julle is nie, maar nou raak dit kouer amper elke dag hier in Londen. Ja, ek weet dat Kanade of Swede kouer is, maar ek bly hier en die koud hier laat jou net baie ongelukkig voel. Dit raak nie saak dat nou die sononder later elke dag plaasvind nie.
Verelde naweek het ek Brussel vir net die dag besoek, wat my gunstellinge stad oorsee is. Hoe mooi dit voel om op die trein te ry en uit die venster te kyk. Eurostar is seker nie die Orient Express nie, maar dis meer verfynd as om te vlieg. Om die waarheid te sê het ons net ‘n bietjie geloop en toe in my gunstellinge Belgse bar met Vlaamse vriende gesit en gedrink. Maar ek het lekker ontspan en gedink dat hierdie was waarskynlik my laaste reis na die EU voordat ons uittrek.
Ek het hierdie maand geen Afrikaans geleer nie. Ek is tans nie lus daaroor nie, maar die waarheid is dat as ek die geleentheid kry om te praat dan dadelik dal my entoesiasme terug kom. Op die Eurostar na Brussel het ek agter ‘n paartje gesit en die man het die hele reis op sy selfoon Afrikaans praat maar ek wou nie hê dat ek weet dat ek luister nie dus het ek niks gesê.
Ek is besig aan Esperanto te leer, wat ek meer dikwels praat. Op die oomblik vind ek dit makliker om in Esperanto te dink wat ‘n duidelike teken is dat ek hierdie moet verander. Hopelik op die aanstaande keer dat ek opdateer sal ek iets meer interessant skryf.