Ek lees my blog en besef nou dat vir die eerste keer in tien jaar vergeet ek om vir ‘n hele maand te skryf, en verlede maand vier die blog sy tien jaar verjaardag. (So ja ek het die datum verander.) Ek het ‘n draft geskryf en toe besef dat dit baie vervelig was. Ek bedoel, ja dis interessant om jou eie verjaardag te vier, maar ek kan nie sê iemand wil lees nie. Dit lyk ‘n bietjie vreemd om jouself veels geluk met jou verjaardag te wens en raak nie saal of jy ‘n geskenk koop nie.
Al ‘n paar week nou lank leer ek Esperanto met Duolingo, waaroor ek geskryf het. Ek hou baie van die app en webblad en ja ek hou van die taal maar ek maak die Nommer Een Fout oor die aanleer van ‘n vreemde taal; ek praat nie met iemand nie. Nes met Afrikaans, vind ek geen mense wat Esperanto praat nie. Miskien is die waarder om te sê sonder om te soek vind jy nie.
Terselfdertyd skryf ek al my professionele ervaring om in te teken sodat ek ‘n gekwalifiseerde rekenmeester mag word. Ek onthou skaars al die werk wat ek gedoen het of wat ek geleer het. So ver in die verlede voel dit asof ek niks gemaak het nie. Op die oomblik by die werk moet ons aansoek vir ons eie werk doen want werk loop nou ‘n ontslag skema so skryf ek nog ‘n ander applikaise vorm; ek dink ek weet wat ek gedoen het. Persoonlik gee ek nie om as ek ontslag geword nie. Miskien sou dit goed wees om iets heeltemal nuuts te moet maak soos ons almal só droom.
Gevolglik het ek min vrye tyd vir die aanleer en oefening van ander tale. Kom November hopelik sal ek die tyd hê om hierop te fokus wanneer ek ook weer na België toe gaan met vriende vir ‘n musiekfees. Ek sien ‘n baie daarna uit. En dan kom Kersfees en ‘n nuwe jaar.