Dis nou net een week voor die referendum in Skotland en die vlag van Skotland, die Andreaskruis, wapper bo-op die regeringgeboue op Whitehall langsaan die Unievlag behalwe in die foto bo.
Ek het gisteraand hierdie kiekie afgeneem toe ek op Whitehall geloop het nadat ek die werk vertrek het. Die regering en politici dink hierdie sal die kiesers ompraat om Nee te stem, deur vir hulle te wys ons is so baie lief vir hulle. Dit was sononder en die lig het begin om te verdwyn en daardie gebou, die Foreign and Commonwealth Office, is in die skaduwee gegooi. Dit lyk daar’s ‘n sterk kontras tuseen die kleure; blou en sonlig van Skotland en ‘n sonnige toekoms, en die anoniem donkerheid van die huidige oprigting en die historiese imperiale onderneming. Dis klaarblyklik ‘n metafoor daarbinne oor die toekoms van die Verenigde Koninkryk en die keuse en onbekende uitslae wat voor ons lê. Dit is ook vanselfsprekend dat ek baie lief vir my foto is.
Terselfdertyd vra Noord-Ierland, Wallis en amper enige area in Engeland buite Londen en die suid-oos wat hulle hoef doen om te hê dat hulle ‘n bietjie aandag sou kry. Waar is hulle vlae en beloftes vir groter self-regering, waar is die nuwe idees om die ander dele te transformeer?
Ek hoop Skotland sal stem vir om binne die Vereeniging te bly maar ek verstaan hoekom veel ander wil die kans van onafhankikheid gryp. Maar ‘n Nee stem sal amper niks bedoel sonder om elke deel van die land te heeltemal verander.