Verlede week moes ek Liverpool toe met werk gaan, wat my eerste besoek in meer as dertig jare was sedert ek ‘n laaitie was. Ek wou nie eintlik gaan nie, ek wou nie vroeg opstaan om die trein te neem nie, ek wou nie buite die kantoor vir een dag wees nie, ek wou nie baie laat terug kom nie, maar vir werk redes was dit baie nuttig om te gaan.
Liverpool is vir ons Engelses en Brits ‘n bietjie anders. Dis nie soos die ander stede nie. Dit het sy eie trotse identiteit en daardie aksent. (Persoonlik is my gunstelinge aksent – na my tipe aksent uit suid-Engeland – dié uit Belfast.) Die stad is welbekend oor die wêreld vir The Beatles (nie ‘n fan nie) en die voetbal klub (ek sê voetbal, jy sê sokker, ons almal bring sekere woorde uit ons eie taal na ‘n nuwe taal).
Liverpool was op een keer een van die grootste porte ter wêreld. Handel en mense het daardeur vertrek, immigrante wat na noord-Amerika vertrek het, arme Ierse wat uit Ierland en die hongersnood moes vlug (en wat die unieke aksent help maak het) wat ‘n toevlugsoord in Liverpool gesoek het, mense vol hoop en wanhoop. En toe ook die duisdende slawe wat vervoer is.
Ek het reeds geweet dat Liverpool op een keer die belangrikste stad vir die slawehandel gewees het. Die stad het baie ryk daardeur geword, net soos ander stede in ander lande. Sommige burgers het ryk en beroemd geword en het groot huise gebou, strate dra nog hulle name. Slawerny het ‘n klein visserdopie na ‘n wêreld hawe help vervorm.
Die stad probeer nie om hierdie geskeidenis te ontken nie en dit herken die rol hulle het gespeel. Die International Slavery Museum vertel die storie van die slawehandel en ook die storie van die swarte gemeenskap in Liverpool, een van die oudste in Brittanje. Dit is gelê op die verdieping onder die Maritime Musuem waar ons werk konferensie plaasgevind het so na die konferensie het ons gaan besoek.
Ek het baie waardeer die geleentheid om na die museum toe te gaan waarvoor ek nie vroeër geken het nie, om die uitstallings te sien en te lees, om oor hierdie handel te leer. Die slawehandel het Brittanje groot en ryk help maak en soos veel ander lande het ons nie om verskoning daarvoor gevra nie. Dus is dit belangrik om mense daaroor te leer en om nooit te vergeet nie. Ek is bly ek besluit het om vroeg in die oggend die trein te neem om Liverpool toe te gaan, ek het meer geleer as ek verwag het om te leer.