Verlede naweek het ek na Belgrado toe in Serwië gegaan om een dag van Belgrade Calling 2012 by te woon. Soos altyd gaan ek The Sisters Of Mercy sien speel – want ek is miskien nog ‘n goth – maar die ander bands, The Horrors, Public Image Ltd, The Darkness en Faith No More was baie goed. Ek wil al lank tyd na Serwië toe gaan en dus het ek ‘n goeie rede gehad om ‘n vliegkaartjie te koop en om te gaan.
Die musiekfees was baie pret en vriende het uit België, Duitsland, Kroasië, Ierland en Switserland ook gekom so was daar ‘n klein aantal ander mense om mee uit te hang. Die Serwiese mense wat ons ontmoet het was vriendelik en het dit ‘n bietjie vreemd gevind dat ons almal so ver gekom het net om een band te sien speel, wat ons reeds veel kere vroeër gesien het.
Een ding wat jy merk is dat die Serwiese taal beide die Cirilliese alfabet en die Latynse skrif mag gebruik. Die keus van alfabet is belangrik en subtiel; die oke wat uit Kroasië kom, het geweier om ‘n t-hemp te koop want dit sê Serwië in Cirilliese skrif – Србија – en hy glo dit sou nie ‘n goeie idee wees om dit te dra in Zagreb nie. Dit lyk vreemd vir ons – buitelanders, wat verskillende tale praat – maar jy onthou hoe veel dinge is nog ‘n bietjie omstrede tussen die lande en mense in die area. Daar’s verskille tussen Serwies, Kroaties, Bosnies en nou ook Montenegries (wat ons vroeër as net een taal, Serwo-Kroaties genoem het) wat ons nie weet of besef nie en hoe ‘n mens haar of sy nasionale taal gebruik verwys na hoe hy of sy identifiseer. Dis baie gekomplikiseerd.
Belgrado was baie warm en baie goedkoop, wat lekker was. Die jong mense praat genoeg Engels om ons te verstaan. Ek het besef dat wanneer mense kla dat die Engelse aandring om in Engels te praat, verwys hulle redelik ook na nie-Engelstaliges wat Engels as ‘n internasionale taal beskou. My vriende het, soos ek, ken geen Serwies nie en ek dink soveel mense verwag nou om Engels te praat. Ja, ek hoor mense sê dis een rede vir almal om Esperanto te leer.
Ek het net twee nae in Belgrado gebly so het nie te veel toeriste aantreklikhede gesien nie maar voor ek vertrek, lees ek ‘n bietjie oor die stad en vind ‘n paar dinge wat ek wil besoek. Ons het die Kathedral van St Michael besoek maar nie in gegaan nie. Dis een van die meeste belangrike kerke in die Serwies-Ortodokse Kerk. Dis mooi en eintlik kleiner as jou sou verwag. Ook sien ons die Bajrakli Moskee (of lees my Afrikaanse vertaling), wat een van die oudste moskees in Serwië is. Ongelukkig kon ek nie die Sukkat Shalom Sinagoge van Belgrado besoek nie weens al die sekuriteit. Dis belangrik om te onthou dat vir eeue verskillede kulturele en religeuse gemeenskappe in die Balkan en oud-Joego-Slawië saam gelewe het en dat onlangse oorloë nie tipiese van die verhoudings tussen al die gemeenskappe is nie.