Gister het ek na die British Library toe gegaan want ek wou die Out of This World: Science Fiction but not as you know it vertoning sien. Terloops was dit die derde keer dat ek gegaan het, maar op hierdie keer gaan ek om Lauren Beukes te hoor praat oor haar boek Zoo City en oor wetenskapsfiksie.
Sy het iets baie interessant gesê dat “JM Coetzee’s Waiting For The Barbarians is taken from science fiction”. Dis presies wat ek gedink het toe ek dit gelees het en toe het ek haar oor Afrikaanse wetenskapfiksie gevra en of sy ‘n paar skrywers kan aanbeveel. Sy sê as ek ‘n boodskap aan haar stuur sal sy vir my ‘n paar name gee en sy stem saam dat Afrikaans ‘n goeie taal vir wetenskapfiksie is.
Dit herinner my aan ‘n pos wat ek in 2008 begin skryf het maar het nooit voltooi of uitgegee nie. Ek weet nie hoekom ek het nie destyds uitgegee nie maar nou voel ek meer seker dat ek op die regte pad was.
—–
Ek lees Eben se onlangse pos oor Afrikaanse wetenskapfiksie [ongelukkig is dit nou nie beskikbaar aanlyn nie] en hy vra:
“Wonder of dit net nog ‘n bewys is dat die idee van ‘n Afrikaanse of Afrikaner toekoms vir meeste mense te belaglik is?”
Dis seker ‘n interessante vraag en sy gedagtes is natuurlik anders as myne. Ek het nie voorheen gedink oor ‘n moontlike konneksie tussen Afrikaanse wetenskapfiksie en die toekoms van Afrikaans of Afrikaners nie. Op die ander kant herinner dit my aan ‘n artikel wat ek jare gelede gelees het wat vra, “Sal Afrikaans net in die monde van Kleurlinge en buitelanders bly praat?”.
Soos Eben sê is daar baie min Afrikaanse wetenskapfiksie skrywers of boeke. Daar’s ‘n paar Fritz Deelman en ook Interster en miskien ‘n paar anders maar dis moeilik om hulle te vind, wat ek op my onlangse kuier in in Suid-Afrika ervaar het. Eintlik was ek nie beïndruk met die hoeveelheid Afrikaanse goede wat op verkoop was nie maar miskien wys dit dat elke jaar word baie min nuwe goede uitgegee. As nie in Suid-Afrika nie, dan waaruit?
Ek dink Afrikaans is te plaaslik om te hê dat buitelanders boeke sal skryf. Wat ek bedoel is, is daar veel skrywers wat Engels of Spaans of Frans as tweede- or derdetaal ens praat en in daardie tale skryf. Maar dit lyk my dat Afrikaanse boeke ‘n Suid-Afrikaanse ervaring vertel. So wonder ek, kan Afrikaanse wetenskapfiksie die leser na ‘n letterlike en letterkundige verskillende wêreld neem?
Kyk na die geskiedenis van Afrikaans en jy besef dat in ‘n paar manier is die storie oor die taal en die sprekenders – Afrikaners, Kleuerlinge groepe, bannelinge, ontdekkers, skelms – ‘n bietjie soos ‘n wetenskapfiksie verhaal; ‘n nuwe wêreld, geskei van die ou land en om hulle nuwe land, identiteit en bydra te maak, die stryd teen ongeluk. Die manier waarin hulle eie taal begin verander het en toe hulle begin besef dat hulle hulself verander het, net soos baie ander nedersetter gemenskappe in nuwe wêrelds klink soos ongelooflike fiksie. Maar wat was die nuwe idee vir die mense? Hoe het dit hulle aparte van ander mense afgeskei? Hoekom en hoe het hulle afgewyk? Het hulle anders begin dink?
Ek het met Christine gepraat en ons het gedink om wetenskapfiksie te begin skryf. Ja ek weet ons sal nie, maar dis ‘n goeie idee. Ek wonder dat miskien wetenskapfiksie die skrywer en leser die geleentheid sal gee om die taal na nuwe idees te lei. Ons het ‘n bietjie oor hierdie onderwerp op Johan se ou potgooi gepraat [ek twyfel of dit nog beskikbaar is maar miskien het ek dit afgelaai so sal sien of ek dit aanlyn kan sit] so miskien weet julle ‘n bietjie oor my gedagtes.
[Geskryf oorspronklik in 2008.]
Interessante punt wat jy maak. Laat my wens dat District 9 eintlik heeltemal in Afrikaans moes gewees het!
Dankie boet, jy het my oor Afrikaanse wetenskapfiksie geïnspireer. Dis net ‘n jammer dat ek sukkel om te lees!
Beste Alexander
Wat ‘n pragtige stuk skryfwerk en beslis iets om die been om aan te kou. Ek wil tog maar voorstel dat jy begin skryf aan ‘n wetenskapfiksie verhaal, en al is dit ‘n kortverhaal sal ons dit beslis op http://www.afrifiksie.com se webtuiste plaas.
Ek wil ook net noem dat enige Afrikaanse WF en F verhale wat aangestuur word op die webtuiste geplaas sal word.
Vriendelike groete,
Gerhardus Thompson
N.S. C.J. Langenhoven se Loeloeraai, Jan Rabie se Die Groen Planeet is ‘n moet en Gerrit van Dijk se nuwe boek Ondulan.
Gerhardus, baie dankie vir jou kommentaar. Ek het met Eben geskype en hy het vir my oor jou en jou pogings vertel. Ons het op ‘n paar kere gesels oor Afrikaanse we-fi en soos ek geskryf het, voel ek dat die Afrikaanse taal en geskeidenis ‘n ryke ervaring en bron vol idees het om na we-fi te bydra.
Eben het vir my jou webblad se inligting gestuur en ek het ‘n bietjie rondgekyk en dis baie interessant om uit te vind dat daar ‘n aantal skrywers is en was wat hierdie tipe boeke wil skryf. Dit wys dat Afrikaanse ‘n lewende geskrifte taal is. Ja ek het idees om oor te skryf (okei miskien nie die beste nie, hulle bly nog idees) so eers moet ek daarna peins en dan besluit hoe om alles neer te skryf!
Hi Alexander,
Ik lees jouw blog hier voor het eerst. Interessant. Je bent in muziek geinteresseerd zie ik.
Ik ben benieuwd hoeveel nummers jij kent van de Afrikaans eternal top 50 ( http://www.statoz.com/afrikaans )
1 Jack Parow – Cooler as Ekke 2104639 views
2 Jack Parow ft. Francois van Coke – Dans Dans Dans 665718 views
3 Bok Van Blerk – De La Rey 638550 views
4 Robbie Wessels – Liewe ouers 308228 views
5 Die Heuwels Fantasties ft. Jack Parow – Die Vraagstuk 303574 views
6 Kurt Darren – Lekker Lekker 277597 views
7 Ian Vos – Boeremeisies rule 272546 views
8 Kurt Darren – Kaptein 268934 views
9 Bok Van Blerk – Afrikanerhart 251728 views
10 Bok Van Blerk – Die Kaplyn 248357 views
En van de Nederlands eternal top 50 ( http://www.statoz.com/dutch )
1 Yes-R – Uit Elkaar 12904574 views
2 YesR & Soesi B – Hey Schatje 10641347 views
3 K3 – Mama Se10454201 views
4 Nick en Simon – Rosanne 9598988 views
5 Gio – Ik Denk Aan Jou 9322183 views
6 Darryl ft Ali B, Soumia & Rio – Eeyeeyo 8786322 views
7 Yes-R ft Sjaak – Dubbel O 7409729 views
8 Nino & Priester – Uit het oog 7210387 views
9 Jeroen van der Boom – Jij bent zo7015565 views
10 Gio – je hebt me 6892176 views
Mark, dankie vir jou kommentaar. Ja ek ken ‘n bietjie vir hulle maar ek verkies Afrikaanse musiek wat nader is aan die tipe musiel waarna ek in Engels luister. My gunstelinge Afrikaanse bands of musikante is Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Kobus!, Brasse Vannie Kaap, Kallitz, Dokte en Terror MC. Ek het redeliek hierdie ja Francois van Coke in Londen ontmoet toe hulle gespeel het en het ‘n bietjie met hom gesels, hy’s ‘n baie gawe oke.
Ek ken vir baie min Nederlandstalige musiek nie so moet ek gaan luister.
Ja ik hou ook van Afrikaans rap (Dokte!).
Maar het opvallendste verschil tussen de Afrikaans en de Nederlands rankings is (gek genoeg?):
Afrikaans top 50 (statoz) is 90 % witte artiesten en veel traditionele muziek.
Nederlands top 50 (statoz) is 60 % migrant-artiesten (Marokko, Suriname) en 70 % rapmuziek.
Btw: Mijn lievelingstrack uit de NL top 50 = http://www.youtube.com/watch?v=aP7X4Cu255g
Mark, jy is reg. Afrikaanse musiek is vol boeremusiek, crooners and europop. Afrikaners het geld en is baie lojale en trotse fans. Dis nie die tipe musiek waarna ek in Engels luister. Die bands waarvan ek hou is soos die tipe Engelse musiek waarna ek luister soos Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Kobus!, Die Straatligkinders is rock of metal. Bands en musikanti soos Terror MC, Kallitz, Brasse Vannie Kaap, Dotke is gekleurde hip hop en wys ‘n verskillende deel van die Afrikaanstalige kulturele gemeenskap.
Ek ken baie min oor Nederlandstalige musiek uit óf Nederland, België óf Suriname so as jy iets goed vir my kan aanbeveel sal ek dit baie waardeer – tradisioneel, rock, hip hop ens.
En ook, is jy in Brussel?