Ek is nou by die werk en ek kyk – soos altyd – uit die venster uit oor die Teems. Die weer is nie mooi nie en dit raak nou koud. Daar’s nog ‘n paar bote op die rivier wat verby vaart met toeriste wat loer na die geboue, brûe ens en foto’s neem amper soos ‘n tipe kulturele spioen! Ek hou van toeriste en hulle entoesiastiesheid en nuuskierigheid. Vir ‘n paar dae is my stad ook hulle s’n. As ek in die buiteland is, is ek altyd so.
So hoe was 2008 vir ek? Nie sleg nie. Ek het weer na Suid-Afrika toe gegaan en het ook, uiteindelik Namibië besoek wat baie lekker was. Ek het die Arsenal op veel kere gekyk en het my gunstelinge bands in VK en België sien speel. Werk is soos altyd, maar ek het my permanente verhoging gekry wat bedoel ook meer geld. Dit was ook fanatasties om by Crisis Christmas te werk en om te besef hoe ons alaml kan ander mense help sodat hulle ook Kersfees kan geniet.
Een van die meeste belangrike dinge is dat my vriendskappe met ‘n paar mense beter nou as in 2007 is, dus is ek baie bly. Ja, soms is ek ‘n bietjie vreemd, soms is hulle ‘n bietjie vreemd. Moenie jou vriende vergeet nie – hulle sal miskien jou ‘n bietjie vergeet maar jy moet altyd die poging maak om uit te vind hoe alles met hulle gaan. Moenie hulle beny nie.
Wat sal anders in 2009 wees? Ek weet nie. Die resessie sal ons almal betref maar ons weet nie in watter manier nie. Ek is gelukkig dat ek werk veiligheid het maar soos almal moet ek seker maak dat ek dit hou. Ek moet ook ‘n motor leer ry maar ek onthou nou dat ek dieselfde ding in 2008 gesê het. Wie weet… Ek hoop om weer na Suid-Afrika toe te gaan en om my Afrikaans te verbeter. (As ek foute met die taal maak, laat my weet asseblief.)
My vrou Kathryn kom terug van Suid-Amerika af in ‘n paar dae. Sy het die hele ervaring baie geniet en dit klink asof sy het soveel gedoen en gesien maar dit sal beter (vir my, minstens) wees wanneer sy terug is.
Voorspoedige Nuwe Jaar my liewe lesers, tot 2009! Dankie dat julle my gedagtes en verhale lees.