Ek lees tans The Broken String: The Last Words of an Extinct People, oor die uitgestorwe Suid-Afrikaanse taal /Xam. In die 19de eeu het twee Europeërs die poging gemaak om die taal te leer en om ‘n rekord daarvan te hou voordat die laaste mense wat /Xam kon praat, het gesterf. Hulle werk is baie indrukwekkend en ek het hierdie sin baie interessant oor die rol van Afrikaans gevind:
“When /A!kungta arrived he spoke no English, and of course the European linguists spoke no /Xam, so the three began their work together by communicating in Afrikaans, the one language they had in common.”
Toe ons in Namibië was, bemerk ek net hoe belangrik Afrikaans in die suid van die land is. Toe ons in die klein dorpies was, hoor ons dit orals. Toe ons in die restaurants en winkels was – ver van die ander toerieste af – was Afrikaans die taal wat mense praat. Toe ons met die kelnerinne praat, vra ons wat ander tale hulle kan praat want die tale interesseer ons baie. Meestal was dit Afrikaans, toe Duits of Engels en uiteindelik die ou inheemse taal van die San/Khoi. Hul kinders, hulle sê, kan verstaan maar kan nie dié ou tale (goed) praat nie. Hulle leer vir ons ‘n klein bietjie maar ek kon niks onthou nie. Ongelukkig het Afrikaans hierdie tipe tale “gehelp” om uit te sterf.