Hierdie onlangse berig in die Independent was baie interessant. Dis goed om te sien dat klompie kinders in Londen ‘n bietjie Afrikaans moet leer!
The primary school where every child learns to speak 40 languages
In fact, Latin is now being considered by the school as a future candidate for another language of the month so the entire school from the age of four upwards can get some basic knowledge of the subject. In the meantime, though, the lessons in Nepali will continue until after Easter, at which point the school will embark on its 41st language of the month – Afrikaans.
“We have one pupil at the school who speaks that language,” revealed Mr Debono.
Mense kla dikwels dat Engelse mense nie vreemde tale wil leer nie – en dis waar. Maar op die ander kant is dit altyd moeilik vir ons – dié wat Engelse as moedertaal spreek – want soveel mense wil Engels leer. Ons moet besluit watter taal die beste is – okei Afrikaans, natuurlik! Wat ek bedoel is, wat sal ons kies – die tradisionele Europese tale – Frans, Duits, Spaans, Italiaans – die “nuwe” tale – soos Arabies, Sjinees taal, Hindi, Oerdoe, Russies – of net een ander, “uitheemse” taal – soos Nederlands, Tjeggies, Turks, Somali. Daarna is daar ook die probleem dat dikwels jy miskien baie min geleenthede het om die taal op ‘n daglikse basis te praat tensy jy in die taal se land bly. Jy kan tale leer, maar hoe goed wil jy die taal praat? Is dit net iets om te doen sodat jy iets op vakansie kan praat? Of wil jy vlot word?
Van kleins af moes ek Frans en Latyn op skool leer en daarna het ek Spaans en ‘n bietjie Oud-Grieks geleer. Ongelukkig het skole baie selde mense aangemoedig om tale te aanhou leer nadat dit nie meer verplig was nie. Ek wonder net hoeveel van die kinders in die berig sal daai uitdrukkings van die nuwe, vreemde tale onthou wanneer hulle ouer is. Ek onthou nou amper geen Frans, Latyn, Oud-Grieks, Spaans of Sweeds.
Die enigste ding wat ek weet is dat ek meer werk op my Afrikaans en Duits moet doen. Totsiens en auf Wiedersehen.